Draadjie-van-Hoop

Ken jy God se hartklop Het jy Sy stem Al vir jouself gehoor? Ons Pappa-God Wil so graag kinders hê Wat nie net aan tradisie Se rokspante vashou Ons Pappa…

Continue Reading Draadjie-van-Hoop

Golgota se oë

U is liefde sag Pappa so baie dankie daarvoor Dat U nie ooit veroordeel nie Dat U bly nader nooi U gee nooit op nie Dit gee my soveel krag…

Continue Reading Golgota se oë

Kaf of koring

Mooi is U So baie mooi Pappa U is so mooi My hart is so, so baie dankbaar daarvoor Pappa Dankie Liefste Pappa Dankie, dankie, dankie Oe U is so…

Continue Reading Kaf of koring

Opwindende reis

Vrede-sag Vou my toe in sy liefdevolle arms Ek's so dankbaar Pappa Ek's so dankbaar ek kan altyd na U toe hardloop Daddy U is die vrede Wat altyd rustigheid…

Continue Reading Opwindende reis

Troontjie van die hart

U is die lewe wat binne my leef
My asem
My hartklop
Ek gee U alleen grote Koning al die eer

Soveel kere Pappa
Sing ons hierdie woorde vir geliefdes
En dis mooi Pappa
Maar hoort dit so?

Ek dink nogals
Gereeld daaraan Pappa
Wat sê U daarvan?
Wat dink U daaroor?

Is dit ‘n goeie ding
Pappa
As ons hartklop en asem
Afhang van ‘n mens?

Pappa dit ontstel my partykeer
Maak my baie bang
Want dan dink ek
Besef die wêreld watter toestemming hulle die duiwel daarmee gee?

Oe Pappa se kinders
Nooit ooit is dit ‘n goeie idee
Om Satan soveel mag te gee
Met die woorde wat jy sing

Julle sing dit vir mekaar
Liewe wêreld
Oor en oor
Keer op keer

Julle moet dit asseblief nie doen
Asseblief
Julle moet begin besef
Dit is so verkeerd

Daai woorde
Liefste kinders van die wêreld
Pappa se kinders
Behoort aan die enigste een wat waarlik waardig is

Ons Pappa in die hemel
Jesus Christus
Dit is hulle alleen
Wat die hoogste bewondering verdien

Ons maak dikwels verkeerd
Liewe vriende
Ons besef nie
God is groot en Hy is ware lewe

Ons sing dikwels
Oor en oor
Vir mense die verkeerde woorde
Woorde wat nie eg of waar kan wees

En ek besef liewe wêreld
Ek besef sê Pappa se kind
Julle sê daar is niks met dit verkeerd
Dit is maar hoe ons liefde wys

Pappa se kinders
Myne, Myne, liefstes
Hoor asseblief wat Pappa sê
Dis verkeerd

Myne
Asseblief sê Pappa-God
Wanneer gaan julle verstaan
Wanneer gaan julle sien God is groot?

Kinders sê Pappa
Dit gebeur net te dikwels
Dat julle mense plaas op die troontjie
Wat eintlik aan My behoort

Julle gee julle geliefdes
Dikwels die eerste plekke in julle harte
Met die woorde wat julle sing
En julle besef nie eers dit is so

Kinders sê Pappa-God
Liefste liefste kinders
Asseblief julle moenie meer so maak
Kom leer van My

Julle harte My liefste kinders
Wil Ek so graag hê
Moet heel eerste aan My behoort
Ek heelbo aan jou prioriteitslysie

Daddy sê dit gebeur gereeld
My liefste kinders
Dat julle tyd saam met My opgee
Om konstant saam met julle geliefdes te wees

Is dit so
My liefste kinders
Is dit so
Pappa wil net vra

Julle weet diep binne
My liefste kinders
Wat die waarheid is
Julle weet of die eerste plekkie in julle hart aan My of ‘n ander behoort

Ek wil graag hê sê Pappa-God
Dat julle sal begin besin
Dat julle sal begin wys raak en julleself vra
Is God rerig heelbo vir My?

Kinders sê Pappa
Vra My
Ek sal julle sê
As dit waarlik so was sou julle moeilik daai woorde kon sing

Ja My liefste kinders
Dit sou onmoontlik wees
Want julle sou diep binne besef
Dis afgodery, dis nie reg

Oe dis so die probleem
Sê Pappa
Daar is soveel-soveel mense
Wat verkeerd doen as dit hierby kom

Oe Pappa se kinders
Myne
Liefstes
Ek vra julle, raak slim

Raak wys dogter, seun
Raak wys met wat julle doen
Wat julle doen
Pappa vra weer

Dit gebeur net te gereeld
Sê Pappa-God
Dit gebeur net te gereeld
En Ek wil dit graag nie meer so hê

Oe Pappa se kinders
Luister asseblief vir My
Niemand kan ooit die hoër plek as Ek
In jou hart besit

Pappa se kinders
Myne, liefstes
Dit kan nie gebeur
Dit mag nie gebeur

Julle kan dit nie toelaat
Liefstes
Dis so gevaarlik
Dis hoe julle ‘n oop deur vir die vyand gee

Om love-songs liefste kind
Vir jou man of vrou te sing
Dit bly mooi, Ek stem
Wees net versigtig met die woorde en die mag wat julle Satan daardeur gee

Sien kinders
Sê Pappa-God
Julle is besig om glaskastele te bou
Hoop wat kan vergaan as die verhoudings nie standvastig bly

En sien
Sê Pappa
Dit is waar die probleem lê
Met die tipe liedjies wat julle sing

Oe Daddy-God se kinders
Dit is die probleem
Julle wat moed-verloor met die lewe en nie meer wil aangaan daarmee
Wanneer die verhoudings skipbreuk ly

Lees meer hier…

(more…)

Continue Reading Troontjie van die hart

Prag van gebed

Diep, diep, diep mooi is God se hart Wow! Het jy dit al ontdek Boetie, sussie in God Ek weet nie of ek ooit Genoeg daarvan sal kan kry Dis…

Continue Reading Prag van gebed

Donkies & Wortels

Saggies So saggies Nooi U my nader Kom kind daar is soveel meer Soveel meer stories Wat wag om geskryf te word Soveel meer stories Om te vertel Kinders daar…

Continue Reading Donkies & Wortels

Lewende konneksie

Die begin en einde van alles Jesus is Sy Naam Ken jy Hom liewe vriend Oe Hy is so mooi Wonderskoon is nie die woord Oe nee Vêr by dit…

Continue Reading Lewende konneksie

Skaamte se dood

Die groot voorreg Wat ek het Om als met Pappa te deel Die goed maar ook die sleg Liefste wêreld Besef julle die wonder Die wonder om na Pappa te…

Continue Reading Skaamte se dood

Totsiens 2017, hallo 2018!

Liewe familie, My hart is vol. Vol dankbaarheid oor 'n mooi, tough-met-tye maar God-is-groter jaar. 2017 wuif ons amper koebaai en 2018 wink blink. Ek wil uit my hart uit…

Continue Reading Totsiens 2017, hallo 2018!

Selfhaat help niks

Vergewe jouself gou Dit is wat Ek vra Aan al My kinders wat op aarde woon En so sukkel daarmee Julle bly kwaad Sê Abba Oor en oor Weer en…

Continue Reading Selfhaat help niks

Tapisserie van liefde

Saggies, so saggies Gesels U met my hart Daddy ek is so lief daarvoor Waardeer dit baie diep Dankie liefste liefste Pappa Vir U hart so sag Dit seën my…

Continue Reading Tapisserie van liefde