Jy’s meer as jou foute

Vergifnis teenoor self
Jong dis ‘n moeilike ding
Dis iets wat ek nie aldag
Self regkry

Oe want ons is vinnig
En dis so maklik
Om vir ander te preek
Maar wat daarvan as jy self daarmee sukkel

Oe ja want ook ek val gereeld
Ook ek het tye waar ek vir myself sê
Rerig?
Hoe kon jy?

Kinders van Abba-God
Ek ken daai gevoel
Ek was al ‘n paar keer daar
Ek dog ek moet dit dalk net vir julle sê

Want kyk sê Daddy-God se kind
Dis so maklik
Dis so maklik om vir ander te sê
As dit darem lyk asof jy self alles regkry

Ek wens ons wou besef
Sê Daddy-God se kind
Dat liefde teenoor self
Eintlik ‘n wonderlike ding is

Ja-nee liefste kind van Abba-God
Boetie, sussie
Weet dit gerus
Daddy wil hê jy moet jouself kan vergeef

Ja daar kom tye in ‘n kind van die Here se lewe
Dat jy gaan moet erken
Ek het ‘n fout gemaak
Ek is nie al een wat perfek is

Oe kinders
Sê Daddy-God
Dis eintlik ‘n pragtige plek
‘n Plek waar jy kan erken ek mag maar foute maak

Oe kinders
Sê Daddy-God
Daar’s te veel van julle My kinders
Wat dink julle moet foutloos deur die lewe gaan

Besef julle die enorme druk
Sê Daddy-God
Wat julle
Op julle eie twee skouers plaas?

(more…)

Continue Reading Jy’s meer as jou foute

Mooiste Mosaïek

Soos gebreekte glas by 'n mens se voete op die vloer bly lê, so lyk baie mense se toekomsdrome vir hulle ... geen hoop, moedeloos, op die randjie van opgee ... boetie, sussie is dit jy? Lees hier ... x

Continue Reading Mooiste Mosaïek