Verborge Skatte

Ek wil soek na die verborge skatte
Wat in my Vader se hart woon
Nooit wil ek opgee nie
Altyd wil ek aanhou

Sy wil te soek
Sy hart
Met alles in my
Na te spoor

Wil jy nie ook hê dieselfde begeerte
Moet in jou hart woon?
As jy sou vra
Sou Hy jou ‘n antwoord gee

Al wat Hy vra
Is dat ons sal aanhou soek
En nooit
Sal opgee nie

Hy wil hê ons moet
By Sy hart uitkom liewe vriend
Hy wil nie hê
Dat ons by die kruis sal stop

Hy vra diepte
Hy vra rykdom
Is jy bereid
Om te kom soek na die skatte?

Ja liewe Vader ek wil, ek wil
Ek wil nie ophou by die kruis nie
Ek wil aanhou, sonder stop
Want Ek weet

U Woord sê
Die wat soek
Hulle sal voorwaar
Vind

Hoe kan julle by die kruis
Ophou om te glo?
Hoekom glo julle nie
Dat dit is waar alles eintlik begin?

Liewe kind My lewe, My hart
My alles wil Ek aan jou gee
Maar dan moet jy daarna kom vra
Jy moet omgee om te kom uitvind

Moenie stop by die kruis nie
Gaan verder liewe kind
Gaan verder en dieper
Daar is soveel meer rykdom en liefde wat op jou wag

Gee My jou hart en lewe
Gee My jou alles en glo
Glo met jou hele hart
Glo met jou hele wese!

Gee My jou alles
Liewe kind
En jy sal vind Ek antwoord
Ek luister wanneer My kinders vra

En Ek wag
Ek wag vir jou
Om die dieptes in jou Vader se hart
Te kom ontdek.

Leave a comment