Ewige Rots

Wie is bereid om te kom?
Sê my wie wil hoor?
Liewe wêreld Jesus is julle enigste antwoord
Hoe wens ek julle het dit geweet

As julle net vir ‘n slag
Die klappe van julle oë wou afhaal
As julle net vir ‘n slag
Julle oë rerig wou oopmaak

Sien die antwoord
Lê voor jou deur
Omdat jy weier om te glo
Omdat jy eers wil sien

Dalk besef jy nie
Liewe kind by My werk dit anders
Eers glo en dan
Sal jy sien

Maar dan moet jy kom
Jy moet bely jy het verkeerd gegaan
Jy moet erken jy ken nie al die antwoorde
Jy moet bereid wees om die knieë te buig

Die skatte wat jou inwag
So ongelooflik-wonderlik groot is hul
Hulle wag vir jou
Om hul te ontdek

Van ‘n nederige hart en gees
Tot gehoorsaamheid wanneer Ek vra
Van ‘n groot liefde vir My
Tot ‘n hemelse paradys wat lê en wag

Is jy bereid liewe kind?
Het jy nog nie geag
Ek wag om met jou die antwoord te deel
Maar dan liewe kind, dan moet jy glo

Dis waar als begin liewe kind
By My en JY wat glo
Aan jou wil Ek lewe gee
Lewe ongehoord

Soveel vrede, blydskap en Hoop
Dit is Ek liewe kind, dit is Ek
Nie sienbaar met die blote oog
Tog in Sy hele wese die Anker van alle fondasie

Jesus, Jesus
Die ongelooflike Sterk Anker
Bou jou huis op Hom die ROTS
Nooit as te nimmer sal jou voete dieper sink as ek-het-gegly

Ons het gekom Vader
Ons het gekom en ons het bely
U is die Ewige God
U is die EEN wat altyd-altyd so baie omgee.

Leave a comment