Ons gebed

Pappa Vader, ons liefste liefste God
U is so spesiaal vir ons
U is ons hele lewe Pappa God
U is ons alles

U is ons rede vir opstaan
U is ons rede vir aangaan
U is vir ons so vêr by spesiaal verby
Woorde sal nooit rerig kan sê

U is alles vir ons
U is ons Anker Heer
Soveel, soveel hoop in ons harte
Alles net omdat ons weet U leef

Omdat U leef
Hoef ons nie vir môre bang te wees
U is alreeds daar
Ons weet U wag vir ons

Die beste Vriend het U aan ons gegee
Om ons te lei
Om ons te leer
Heilige Gees, elke dag is Hy baie naby

Wat sou ons ooit sonder U in ons lewens doen?
Pappa-Vader dit is U wat alles die moeite werd maak
U gee aan die lewe nuwe sin
Maak dat ‘n mens wil opstaan en weer probeer

Vader kom leer ons asseblief
Meer van U waarheid
Help ons om te glo soos U glo
Help ons om te sien wat U sien

Help ons om sterk te staan
Teen die aanslae van die vyand
Help ons om ‘n verskil te maak
Waar ons ookal beweeg

Vader ons wil hê U moet rerig
In ons leef
Ons wil nie hê dat die ‘eie ek’ in ons harte
Ooit moet koning kraai

Vader asseblief vat alles in ons vir U
Vat ons hoogmoed en gee aan ons U nederigheid
Vat ons trots en vervang dit met U liefde Heer
Vader ons vra wees asseblief altyd die Koning oor alles in ons

Ons wil nie weghardloop nie Vader
Ons wil in U liefde en waarheid bly
Ons wil hê U lig moet in ons leef
Ons wil hê U alles moet ons s’n wees

Vader neem ons begeertes
Smagtinge en liefde
Vir hierdie wêreld
Neem dit alles vir U

Ons wil nie hê dat enige iets
Ooit tussen ons en U moet kom nie
Vader ons wil hê dat U in alles
Altyd nommer 1 sal bly

Asseblief Hemel-Vader
Moenie toelaat dat dit ooit gebeur
Dit sal ons harte breek
Niemand – nie eers ons – verdien U plek van eer

Daarom Vader kom buig ons laag
Voor U Troon
Vader ons vra … dit is ons grootste, grootste gebed
Hou ons asseblief trou tot op die end

Doen altyd alles Vader
Om seker te maak
Ons en U bly waarlik EEN
Nooit maar nooit wil ons U net met ons lippe dien

Ons wil hê ons harte moet altyd buig
Ons wil hê ons harte moet altyd bly getuig
U is God
En gee in liefde en soveel genade vir ons om

Omdat U leef
Bestaan ons
Nooit ooit wil ons in ons eie harte
Hoër as U en U wil en planne vir ons wees

Vader ons vra
Laat U planne en wil deur ons geskied
Vat ons werke en koninkryke baie vêr van ons af weg
Al wat tel U s’n want dit is al een wat tot in ewigheid sal standhou

Ons gee U ons alles Vader-God
Niks wil ons meer terughou
Van vandag af tot U ons kom haal of ons, ons koppe neerlê
Vra ons dat hierdie gebed ons behoud sal bly

In Jesus se wonderlike Naam
Vra ons dit Vader
En ons sê baie dankie
Daarby

Halleluja, tot in alle ewigheid
Jesus is die enigste, ware Koning
Vir altyd en altyd
En weer daarna

Amen.

Leave a comment