Ons prys U

Halleluja Amen
Sal my hart bly sing
Halleluja Amen
God is groot en dit sal altyd so wees

Pappa
Dankie
Dankie vir wie U is
Vir ons elkeen

Pappa ons wil U aanhou
Loof en prys
Want U is die grote God
Die Een wat dit altyd verdien

Daar is niemand soos U
Die lieflike Een
Die mooi Een
Die Een wat ewig is

Pappa dankie
Dankie vir alles
Wie U is
Ons grote God

Pappa-God
Ons kan U nie genoeg besing
Vir wie U is
En dat U altyd so naby aan ons is

Pappa-God
Ewige Vader
Vredevors
Die Een wat in my hart woon

Pappa sonder U
Is die lewe nie die moeite werd
Ek wil dit net graag vir U sê
U is die Ewige God

God van groot
God van klein
God van die ewige
God van nou

Pappa dankie
Dankie vir alles
U mooie troue liefde
Wat altyd daar vir my is

U is die Grote God
Die Ewige Ek Is
Die Waardige Een
Die Een wie ons harte so baie bemin

U is die Waardige Een
Die Mooie
Die Lieflike
Soos wie daar nie nog een is

Liefdevolle Abba Vader
Ons gee U net al die lof en eer
Ons prys U Naam
Ons buig voor U neer

Amen.

ANKER VAN HOOP | INTIMITEIT MET GOD

Hallo daar! 👋

Wil jy graag 'n gids met 10 sleutels wat jou gaan help om te blom in verhouding met God ontvang? Sluit dan vandag aan by ons E-pos Lys. Ons beloof e-posse wat jou inspireer en toerus!

Ons stuur nie rommelpos nie! Jy kan
enige tyd jou subskripsie kanselleer.

Leave a comment