Mooiste God

Ewige God
Dit is U Naam
Mooier as die mooiste mooi
Die Ewige Ek Is

Dit is wie U is
Mooier as al die mooi
Van die wêreld te saam
Mooier as al die mooi wat ooit kan bestaan

Dankie liefste God
Dat U so baie mooi is
Nie almal in die wêreld glo dit nie
Maar ek vra en bid dat hulle oë oopgaan

Ja want daar is niemand soos U
Die Mooiste Een
Die Een wat vir alle tyd
Waardig is

Grote God
Pappa-God
Ons bemin U Naam
En ons wil net dankie sê

Dankie dat daar niemand
So mooi soos U is
Dankie dat daar nooit
Iemand so mooi soos U sal wees

U is die grote God
Die Ewige Een
Die Een sonder wie ek nie kan
Of ooit op aarde wil wees

Amen.

ANKER VAN HOOP | INTIMITEIT MET GOD

Hallo daar! 👋

Wil jy graag 'n gids met 10 sleutels wat jou gaan help om te blom in verhouding met God ontvang? Sluit dan vandag aan by ons E-pos Lys. Ons beloof e-posse wat jou inspireer en toerus!

Ons stuur nie rommelpos nie! Jy kan
enige tyd jou subskripsie kanselleer.

Leave a comment