Raad vir reuse

Pappa-sag
Dit is U Naam
Dis omdat U elke dag
So sag met ons harte omgaan

Ons verstaan nie aldag
Hoe U met alles te werk gaan
Tog kan ons vertrou
U weet wat en hoe om dit te doen

Dikwels wat ons bly wonder
Sien ons Pappa dit
Sien Hy dat
Weet Hy wat om ons aangaan

Dikwels wat ons groot reuse
Tegemoet moet stap
Geloof en vyf klippies in sy hand
So het ook Dawid dieselfde gedoen

Ons weet nie aldag
Hoekom ons sekere Goliatte in die oë moet staar
Ons weet nie hoekom dit nodig is
Vir ons om hulle te oorwin

Kinders van Abba-God
Het julle ook al reuse in die gesig gestaar
Gewonder
Hoe gaan ek dit maak

Dis so maklik sê Pappa-God
Wat My kinders dit uit oog verloor
Abba se kinders julle moet onthou
Dat Ek groter as enige reus op aarde is

Kinders sê Pappa
Julle moet verstaan
Dat Ek saam met julle in hierdie stryd teen die reuse is
En dat julle hulle nie alleen hoef te baklei

Pappa se kinders
Saam-saam sê Pappa
Sal ons hierdie pad
Na julle beloofde land aanvat

Pappa se kinders
My kinders
Julle moet weet, julle moet vertrou
Dat Ek julle nooit in die steek sal laat

Kinders Pappa verstaan
Dis dikwels moeilik
Moeilik om My in oog te hou
As alles om jou skreeu maar ek vergaan!

Dis dikwels wat julle voel
Dis klei wat ek trap
Ek gaan dan nêrens nie
Dis op dieselfde plek wat ek bly

Dis dikwels wat julle voel
Asof julle nêrens heen beweeg
Asof julle net op dieselfde plek bly
En niks gebeur

Pappa se kinders
Ek wil julle vra om altyd te onthou
Doen julle beste
God is groter

Ja liefste kinders
Sê Pappa
Al is dit dikwels al wat julle uitkry
Hou aan om dit te bely

Ek weet die reuse lyk groot
Kinders die probleme wat julle in die oë staar
Net te groot
Net te veel

Pappa se kinders, My kinders
Kan Ek julle vertel
Net soos wat Ek die volk Israel na hulle beloofde land gelei het
Net so wil Pappa dit ook nog vandag vir julle doen

Pappa se kinders
Glo My asseblief
Moenie maak soos die volk Israel gedoen het nie
Nee moet asseblief nie murmureer en kla

Pappa se kinders, My kinders
Daar is nie veel wat Ek
Met woorde van negatiwiteit en ongeloof
Kan verrig

Pappa se kinders
Sal julle My asseblief veel eerder glo
Die kere wat Ek sê My kinders ons kan hieroor
Moet asseblief nie anderste glo

Ja asseblief My liefste kinders
Vra Pappa
Hou veel eerder julle oë op My
Hou veel eerder aan om My te vertrou

Pappa se kinders
Daar is bittermin wat Ek nie kan doen
Met situasies en mense wat My bly glo
As alles anders lyk

Ja My liefste kinders
Dis dikwels wat Ek die meeste geloof wil bou
Wanneer dinge die onmoontlikste lyk
En als sê dit gaan nie gebeur

Pappa se kinders
Julle moet onthou
Dat Ek waarlik groter is
En dat daar niks is wat Ek nie op aarde kan doen

Ek is groter sê Pappa
Ek is dikwels groter
Ek is altyd groter
Laat toe dat jou geloof in My dit bely

Pappa se kinders
Asseblief, glo vir My
Dis dikwels Ek wat aanhou vra
Sal jy My vertrou?

Sal julle My bly vertrou
Al lyk die situasies waarin julle julle bevind onmoontlik
Al lyk dit nie asof iets goeds gebeur
Sal julle bly glo?

Pappa se kinders, My kinders
Dis wat Ek van julle nodig het
Kinders wat glo
Ek kan

Ja liefste kinders
Want wat help dit
Wat help dit julle staan voor julle beloofde land
Maar julle kan nie ingaan?

Pappa se kinders, Abba se kinders
Ek wil julle vra om te onthou
Die kinders van Israel wat voor Kanaän staan
Maar dan moes terugdraai

Ja liefste kinders
Kan julle sien
Sal julle glo
Dat Ek dieselfde van julle vra

Dis dikwels sê Pappa-God
Wat My kinders
Op die oewer staan van hulle beloofde land
Maar dan moet terugdraai weens ongeloof

Kinders asseblief sê Pappa
Ek wil julle nie om en om die berg bly vat nie
Ek wil hê julle moet vir eens en altyd
Die reuse wat in julle pad staan saam met My oorwin

Ja sê Pappa-God
My kinders
Dis dikwels wat hulle vreesaanjaend vertoon
Maar dan is hulle ware krag eintlik min

Kinders saam met My
Omdat Ek by julle is
Hoef niks ooit te intimiderend voor te kom
Omdat Ek … altyd groter is

Onthou dit liefste kinders
Asseblief
Pappa se kinders soos wat Ek julle vra
Om saam met My die beloofde land in te neem

Liefste kinders
Pappa vra julle
Wees asseblief altyd sag
Vir waarheen Ek julle wil lei

Liefste-liefste kinders
Sag sê Pappa
Binne-in
Daar waar Ek altyd met julle praat

Dit beteken vir My altyd so baie
Sê Pappa
Mense wat My vertrou
Om hulle die beloofde land in te neem

Ek het gepraat en gevra sê Pappa-God
In die Ou Testament
Tog het net twee van die spioene
Teruggekom met ‘n positiewe verslag

Dis so dikwels sê Abba
Dat Ek julle vra om te vertrou
Ons kan die land inneem
Selfs al is daar andere wat dit nou beset

Kinders Ek sal julle wys
Ek sal julle leer
Hoe om die vyand voor ons uit te drywe
Totdat net oorwinning vir ons oorbly

Pappa se kinders
Glo My asseblief gerus
Moet nie die situasies van moontlikhede
Self opneem of bepaal

Nee sê Pappa, nee
Vra My altyd eers
Pappa is dit moontlik?
Wil U hê ons moet hierdie nuwe land inneem?

Kinders sê Pappa
Ek sal vir julle wys
Altyd-altyd
Waarheen Ek julle lei

Julle moet nooit bang wees
Sê Pappa
Om saam met My nuwe onbewone terrein
Te betree en in te neem

Kinders My hart is
Om die beste vir julle te gee
Die heel-heel beste
‘n Land wat oorloop van melk en heuning soos die Bybel sê

‘n Besondere goeie land
Sê Abba
Dis waarheen Ek julle wil lei
Sal julle bly glo?

Ja asseblief liefste kinders
Asseblief
As die aanslae teen julle kom en verwoed baklei
Moet julle sê nee ons sal nie skuif

Staan julle man
Sê Pappa
Kinders in geloof
Moet niks julle kan wegbeweeg

Ek glo in julle sê Pappa-God
Ek glo in julle
Sal julle asseblief ook dieselfde doen
Glo wat Ek hier vir julle sê

Kinders julle moet asseblief bly glo
Ek en jy, saam
Kan ons die reuse in jou beloofde land verslaan
En jou beloofde land inneem

Kinders dis wat Ek vra
Asseblief moenie bly bang wees
Moenie aanhou sê dat dit onmoontlik lyk
Bely eerder dat alles saam met My moontlik is

Ja liefste kinders, ja
Julle moet dit bly glo
Met julle woorde kan julle alreeds soveel vermag
Hou aan met positief bely

Julle woorde dra soveel krag
In die Gees
In die storm
Hou aan daarmee

Liefste kinders
Partymaal raak dit moeilik
Partykeer is dit swaar
Maar saam kan Ek en jy dit maak

Julle moet bly glo sê Abba-Vader
Dat Ek die onmoontlike kan vermag
En dat Ek doen wat Ek beloof
Maak nie saak hoe donker dinge lyk

Kinders die reuse is altyd daar
Om julle moed te laat verloor
Maar kinders hulle kan julle ook
Wonderlike lesse van aanmoediging leer

Ja sê Pappa, ja
Moenie dat hulle julle in die stof laat byt
Sê veel eerder
Saam met God kan ons hieroor

Die storms van die lewens kinders
Die reuse
Hulle kan julle dikwels die mooiste lesse
Van geloof en sterk-staan-in-My leer

Kinders, kinders sê Pappa
Moenie die geloofsreuse wegwens
Hulle kan julle soveel sterker maak in My
As julle sal glo

Ja sê Abba
Ek is die Een wat die grootste reuse verslaan
Ek is sê Abba-Vader
Die Een wat altyd is

Glo My liefste kinders
Asseblief glo My altyd
Weet dat Ek vir julle is
En moenie halfpad omdraai

Ja sê Abba-Vader
Die kinders van Israel
Hulle wat nie wou glo
Hulle moes gaan leer Ek is te vertrou

In donker tye ook kinders
In woestyn-tye ook
Ja asseblief onthou
Hoe het Ek vir My volk Israel voorsien

In die dag ‘n wolk-kolom
Om hulle te bedek
In die aand ‘n vuur-kolom
Om hulle te lei

Kinders dit is hoe groot Ek is
Dit is wat Ek kan doen
Niks, niks is te wonderlik vir My
Onthou dit volgende keer as jy moed wil verloor

Ek is so-so naby aan My kinders
Veral in woestyn-tye
Veral in tye wat vrae vra
Asseblief hou aan om julle oë op My te hou

In donker moeilike tye
Sê Abba
In tye van valleie
Wil Ek julle net leer om My liefde dieper te vertrou

Ek stuur julle dikwels
Sê Abba
In storms in sodat julle My liefde en sorg
Op mooier maniere kan ondervind

Kinders, kinders
Dit is so mooi
Julle wat My in die woestyn bly dankie sê
En vertrou dat Ek die sluise van die hemel vir julle gaan oopmaak

Dankie kinders
So baie dankie vir die vertroue
Wat julle in My stel
En dat ons dit saam gaan maak

Ek kan die onmoontlike doen
Sê Abba-God
Deur mense wat hulle oë op My bly hou
Die onmoontlike

Net soos met Josua en Kaleb
Sê Abba-Vader
In hulle was ‘n ander gees
Om eerder na My te bly kyk

Ja hulle fokus was op My
Sê Abba-God
Selfs al het hulle ook die reuse in die beloofde land raakgesien
Het hulle bly glo dat Ek groter is

Ja sê Abba-Vader
Hulle het onthou
Wie Ek is
Wat Ek kan doen

Kinders julle moet nooit vergeet
Die Rooi See het Ek gekloof
My Volk op droë grond laat deurloop
Hulle in die woestyn soos ‘n seun op My skouers gedra

Kinders onthou
Onthou asseblief
Dat Ek goed is, dat Ek waardig is
Om alle prys te ontvang

Die dae wat julle sukkel
Om dit te onthou
Onthou dan asseblief
Die tye van deurdra

Die tye wat Ek julle vertroos het
Die dag wat Ek julle pyn op My skouers geneem het
Die dae toe Ek julle liefgehad het
En julle My nie wou ken

Kinders ja asseblief
Onthou die goeie en wonderlike tye
Wat ons saam kon hê
En dat Ek jou altyd sal bly deurdra

‘n Getroue God
Is Ek My kinders
Een wat nooit Sy kinders
In die steek kan laat

Onthou dit kinders
In die donker dae
In woestyn-tye
Op plekke waar niks vir jou sê dat jy dit gaan maak

Jy sal kind
Want Ek is groter
Onthou dit dan
Onthou om dit vir die reus te sê wat voor jou staan

Kinders dis hoe ons hulle verslaan
Die woorde van geloof
En beloftes
Wat in My Woord staan

Hou vas daaraan kinders
Hou vas daaraan
Dit is wat Abba julle wil leer
Ek is getrou

Amen.

ANKER VAN HOOP | INTIMITEIT MET GOD

Hallo daar! 👋

Wil jy graag 'n gids met 10 sleutels wat jou gaan help om te blom in verhouding met God ontvang? Sluit dan vandag aan by ons E-pos Lys. Ons beloof e-posse wat jou inspireer en toerus!

Ons stuur nie rommelpos nie! Jy kan
enige tyd jou subskripsie kanselleer.

Leave a comment