Die beste

U is die grootste vreugde
In my hart
In my lewe
En ek sê dankie daarvoor

Mag my lewenslied
Altyd weerklink
Mag my hart altyd
Vir U en U Koninkryk bly sing

U is die mooiste
Grootste
Wonderlikste God
Wat daar ooit sal kan wees

Ons harte wil aanhou Abba-God
Om in U s’n
Die grootste vreugde te bly vind
Daar is net niemand soos U

Abba-God dankie dat U
Groter as die wêreld is
Dankie dat ons harte
Altyd kan bly sing

U is so goed
U is so mooi
U is wonderskoon
Om U te aanbid bly altyd so lekker

Om U te ken
Is louter vreugde
Om te weet
Dat U in my hart woon!

Abba-God dankie
Dankie vir wie U is
Dankie dat U
Lewe en Oorvloed is

Dankie dat U alles is
Wat mooi is
Dankie dat niemand
Meer lof en eer as U verdien

U is ‘n wonderlike God
Abba
U planne vir ons
Is en bly mooi

Abba al raak dit dikwels donker om ons
Wil ons vra
Dat U ons altyd sal help
Om te bly glo

Om aan te hou vashou
Want U alleen
Is die ewige
En wonderbaarlike Lig!

Meer en meer
Wil ons van U hart ontdek
Ons wil uitkom by al die waarheid
Van wie U rerig is

Dankie liefste God
Dat U altyd naby is
Deur die grootste storms
Ook die paaie wat ons nie altyd wil loop

Nooit sal U ons sommer net verlaat
Sê U gee nie meer om
U is die Een wat tot aan die einde by ons bly
Die Een waarvoor ons vandag en altyd wil sing

Dankie dat U die antwoord is
Abba-God
Op elke probleem
Met elke struikelblok

Abba Vader
Ons wil nog meer van U hê
Ons wil by U totale volheid uitkom
Ons wil weet presies wie U is

Meer en meer Abba-God
Wil ons vra dat U in ons sal woon
Dat U manier van leef
Ons eie sal word

Besny ons harte
Asseblief met U waarheid
Abba-God
Besny dit met alles wat is van U

Ons wil ons harte
Voor U oopstel
Ons wil U
Meer en meer bly vind

U is so goed Abba
U is ons God
En Abba ons sê dankie
Ons sê dankie vanuit die hart

Om te weet dat U
Nie soos ander gode is nie
Om te weet dat U anders is
Om te weet dat U ewig leef

Abba-God
Dit gee ons harte soveel hoop
Om te weet dat hierdie lewe
Nie als is wat daar is

Daar is meer
Daar is ‘n ewigheid saam met U
En Abba ons sê
Baie, baie dankie daarvoor

Aan U al die lof en eer
Vir ewig en altyd o Heer
U alleen
Is die Waardige Een

Amen.

ANKER VAN HOOP | INTIMITEIT MET GOD

Hallo daar! 👋

Wil jy graag 'n gids met 10 sleutels wat jou gaan help om te blom in verhouding met God ontvang? Sluit dan vandag aan by ons E-pos Lys. Ons beloof e-posse wat jou inspireer en toerus!

Ons stuur nie rommelpos nie! Jy kan
enige tyd jou subskripsie kanselleer.

Leave a comment