Skuilplek

Al word ons harte partykeer bang
As ons sien
Al die lelike goed
Wat om ons bly gebeur

Wil ons aanhou glo
Dat U die Ewige Een is
Dat U in beheer bly
Maak nie saak wat die wêreld sê

Want Abba
U Woord bly sê
Daar is niemand soos U
En dat U altyd by ons sal wees

Dit sluit die pad in
Tot by die Ewigheid
Abba ons wil U deel maak
Van elke stukkie van ons menswees

Ons weet dat ons hierdie lewe
Net tot aan die einde sal kan doen
As U elke oomblik
By ons is

Abba daarom wil ons hierdie tye gebruik
Om nader aan U te groei
Ons wil hulle gebruik
Om sterk te word

U is die Een
Wat in ons woon
U is die Een
Wat groter as die wêreld is

Abba-God
Ons sal deur U genade-hand bly glo
Dat U altyd in beheer is
En bly

Niks sal U ooit onkant kan vang
U is en bly
Altyd in beheer
U weet nog voordat iets gebeur

In U wil ons aanhou
Om vrede te vind
Vrede wat nie hierdie wêreld
Of enige iemand vir ons kan gee

U is die Rots
Grote Koning
U is die Een wat ons
Nou en veraltyd sal vashou

Om eendag by U te kan wees
Bly die mooiste belofte
Dit bly vir ons iets
Om na uit te sien

Abba dankie vir wie U is
Dat U ons altyd-altyd sal bly vashou
Dat U in die donkerste storms by ons is
Dat U ons nooit sal verlaat

Dit gee ons harte hoop, soveel hoop
Om te weet dat U naby is
En dat ons nie nodig het
Om ooit alleen deur iets te gaan

Abba U is ons Skuilplek
Ons veilige vesting
Abba ons sê dankie daarvoor
U wat die Ewige Rots is en vir ons bly

Amen.

ANKER VAN HOOP | INTIMITEIT MET GOD

Hallo daar! 👋

Wil jy graag 'n gids met 10 sleutels wat jou gaan help om te blom in verhouding met God ontvang? Sluit dan vandag aan by ons E-pos Lys. Ons beloof e-posse wat jou inspireer en toerus!

Ons stuur nie rommelpos nie! Jy kan
enige tyd jou subskripsie kanselleer.

Leave a comment