Elke stukkie

Dit is my diepste hartsverlange
Dat U meer en meer
In my sal woon
Vader ek wil U beter ken!

Ek wil hê dat U volheid
Wie ek is
Sal kom oorneem
Ek wil hê my alles moet U glo

Elke stukkie van my
Wil ek hê moet altyd
Voor U Troon buig
Ek wil nooit vir U nee sê

Vader U is die Een
Wat in my hart woon
Geen beter een
Sal ek ooit bo U vind

U is die Een
Wat my hart bewoon
En dit is iets
Waarvoor ek so dankbaar is

Liefste Pappa-God ek wil nie hê
Dat dit ooit anders moet wees
Sal U my asseblief
Nader aan U hart bly trek

Ek wil uitkom by wie U is
In soveel rykdom en diepte
Weet ek
Dat U op my wag

U is die Antwoord Abba
U was nog altyd
Ek is so bly
Ek kon vir U ja sê

Om U te ken
Is vrede
Om U te ken
Is vreugde

Abba
Dankie vir wie U is
Dankie dat U groter
As die wêreld is

U Seun
Het reeds oorwin
Alles wat ons nodig het
Is in Hom te vind

Liefste Vader-God
U wil ons bo alles plaas
Ons wil U die hoogste prioriteit
In ons lewens maak

Vader ons wil vra
Dat dit altyd so sal wees
Dat U altyd die Een sal wees
Wat ons harte verbly

Koning Jesus, Pappa-God
Om U te dien
U te ken
Daar is geen beter ooit

Omdat U leef
Het ek soveel hoop vir môre
Omdat ek weet dat ek ook
Vir altyd saam met U sal leef

Ja want Jesus het
Uit die dood opgestaan
Die sonde, graf en hel
Is vir ewig oorwin!

Ons loof U Vader-God
Vir U groot genade
Ons loof U vir wie U is
Vir wat U vir ons beteken

Daar is geen beter een
As U
U is die Antwoord
U is die Een wat ons bemin

Elke dag wil ons
In verhouding met U bly groei
Elke dag wil ons
U ‘n stukkie liewer kry

Want U is so waardig
Abba-God
U alleen is en bly
Die Waardige Een

Dankie dat U
Ons U Seun gestuur het
Dankie dat U
Ons so baie liefhet

Om U te ken
Is louter vreugde
Om U te ken
Is meer as hierdie lewe

Dankie Abba-God
Pappa-God
Vir U lewe hier in my hart
Dat ek U lief kan hê

In U het ek myself gevind, wie ek is
Baie dankie Abba daarvoor
Baie dankie
U alleen is die Een wat ewig is

Amen.

ANKER VAN HOOP | INTIMITEIT MET GOD

Hallo daar! 👋

Wil jy graag 'n gids met 10 sleutels wat jou gaan help om te blom in verhouding met God ontvang? Sluit dan vandag aan by ons E-pos Lys. Ons beloof e-posse wat jou inspireer en toerus!

Ons stuur nie rommelpos nie! Jy kan
enige tyd jou subskripsie kanselleer.

Leave a comment