Beste Maatjie

Dankie Abba Vader
Dat ek altyd my hart met U kan deel
Dat ek nooit hoef terug te hou
Of bang te wees

Dis so ‘n groot vreugde
En dankbaarheid in my hart
Dat my diepste wese ontbloot voor U
Altyd baie veilig is

Pappa-Vader
Dankie dat U
Genesing in grootheid
En volle liefde is

Dankie dat ek wie ek is
En wat ek deurgaan
Altyd
Met U kan deel

Dankie Abba Vader
Dat U hart
Soveel sagter en vol omgee is
As wat baie mense en die wêreld dink

U is liefde in volheid
Beeldskoon in U mooiheid
Woorde is nie genoeg
Om ooit U wonderlik-wees te kan beskryf

Liefste Abba
Liefste Abba
Dankie net vir wie U is
En dat U altyd meer as bereid is om My aan te hoor

My diepste wese
Wie ek is
Wil ek dan nie vir U weghou
Ek wil U altyd deel maak van wie ek binne is

Dankie Abba
Vir die voorreg
Vir U warm liefde
Vir wie U eintlik is

Amen.

ANKER VAN HOOP | INTIMITEIT MET GOD

Hallo daar! 👋

Wil jy graag 'n gids met 10 sleutels wat jou gaan help om te blom in verhouding met God ontvang? Sluit dan vandag aan by ons E-pos Lys. Ons beloof e-posse wat jou inspireer en toerus!

Ons stuur nie rommelpos nie! Jy kan
enige tyd jou subskripsie kanselleer.

Leave a comment