Oorvloed-Lewe

Moenie probeer om jou seer weg te steek
Dit bring skeiding
Tussen jou en my
En Ek wat wil werk

Bring dit veel eerder na My
Ek wil jou genees
Oorwinning aan jou skenk
Lewe lê in My

Kom na My
Moet My nooit ooit vergeet
Omdat Ek leef kan jy
Kom liewe kind bring als na My

Die seerkry van die verlede
Al die hoop wat jy verloor het
Jou toekoms lyk blink en mooi
As jy net wou kom na My

Kom na My liewe kind
Jou gesig sal straal van vreugde-olie bly
Die dag wanneer jy My innooi
En sê Heer kom leef in My!

Nie vir my eer nie, vir U s’n
My alles wil ek gee
My wil neerlê
Sodat U waarlik kan leef in My

Groot is My drome vir jou liewe kind
Groter as wat jy ooit kon droom
Ek het nie van jou vergeet
Jou hand steek dit uit na My

Na ‘n land van soveel oorvloed wil Ek jou lei
Hoop
Toekoms
Soveel genade sê Hy

Liewe kind kom na My
Asseblief
Hou op met uitstel
Jy hou net aan met afstel

Liewe kind dit gaan nie werk
Kom na My
Ek wil jou leer, Ek wil jou wys
Die oorvloed wat leef in My

Dit wat jy geniet in hierdie wêreld
My kind dit is niks
Niks in vergelyking met wat Ek gee
Niks in vergelyking met wat Ek bring

Kind …
Lewe en oorvloed
Dit is Als
In My

In My lê jou toekoms opgesluit
Als wat was kan beter wees
As jy net wou kom
En alles oorgee in My hand

Liewe kind hoor My Woord
Hoor My hart
Ek het gekom vir jou
Sodat jy lewe in oorvloed kon ervaar

Kom na My
Kom na My
Liewe kind met alles in My
Roep Ek na jou

Wanneer gaan jy hoor?
My hart hou aan roep
Hoe hoop Ek
My kinders wil tog hoor

Ek verlang
Ek verlang
Na jou sê die Heer
Asseblief liewe kind kom na My

As jy net kon sien alles wat Ek aan jou wil skenk
As jy net kon sien
Kind asseblief begin Glo
Ek is wie Ek vir jou sê

My Kind, my enigste Seun
Het Ek vir jou gegee
As jy net wou kom, as jy net wou kom
Asseblief kom!

Ek verlang
Ek verlang sooo na jou
As jy net jou hart wou oopmaak
Sou jy sien Ek is als en soveel meer!  Soveel meer!

Liewe kind, asseblief kom
Asseblief
Wat meer kan Ek doen om julle te wys?
Wat meer?

Oorvloed lê nie in geld nie, geluk lê als in My
Als waarna jy smag
Als waarna jy verlang
Dit is in My

Soveel oorvloed wil Ek aan jou gee
Liewe kind wanneer laas het jy uit pure pret ‘n kind in jou arms getel en rondomtalie gedraai?
Wanneer laas het jy kosteloos onder ‘n boom gesit
En gehoor hoe die voëltjies sing en fluit?

Liewe kind julle luister na die leuens van die vyand
Als wat hy julle voorhou
Liewe kinders dis nie waar!
Die lewe bestaan nie uit ryk word, gemak en hoeveel huise ‘n mens kan bou

Alles gaan oor My
As jy net kon sien
As jy net wou sien
Ek is in als om jou

Maak oop jul oë
Laat Ek julle help om waarlik te sien
Die lewe gaan oor My
En jy wat jou vreugde daarin vind.

Leave a comment