Glo soos ‘n kind

Bly aan glo
Bly aan vertrou
Moenie opgee nie
Hou vas is wat Ek vra

Liewe kind Ek kan sien
Jy verstaan nie die pad wat jy loop
Hou vas, hou vas
Moenie opgee nie

Ek dra jou met My hand
Na ‘n land waar oorvloed lewe
Na ‘n plek waar wat Ek vra
Beloon word met ‘n jy wat glo

Vertrou My
Vertrou My soos ‘n kind
Hoe Vader? Dit is so moeilik
Vir ‘n kind is niks ooit te veel gevra

Hoe dink ‘n mens aan los
As al wat jy wil doen vashou is
Hoe laat gaan ek
As ek bang is vir die pad byster raak?

Glo, vertrou My soos ‘n kind
Vader-God ek kan nie
In myself bly ek faal
Asseblief kom haal my en lei my by die hand.

Leave a comment