Vyands-oë

By my hart se deur
Staan U en klop
Jaar na jaar
Nooit word U na binne genooi

Liewe kind so jy weet hoe dit voel?
So baie kere, so baie kere staan Ek en roep
Wag dan vir jou
Altyd is die antwoord nee

Ek weet ook nie sê die Heer
Ek weet nie wat om te doen
Wat gaan werk?
Jy is verblind met die vyand se oë

Hy keer julle
Weerhou julle daarvan
Om die Ewige Lewe te sien
En die waarheid wat in My woon

Hoe kan enige iemand
Die wêreld kies bo U?
Vader ek verstaan nie
Hoe kan ons hulle help om te sien?

Vir baie jare was dit ook ek
Ek weet hoe dit voel om vêr van U te wees
My hart gevang in vrees oor die dag wat Ek voor U troon gaan staan
En dan aan U rekenskap sal moet gee

Wat sou ek dan sê?
Wat sou my woorde wees?
Vol ongeloof en skaamte
En ‘n hart vol verwyt oor dit wat kon wees

Liewe kind asseblief
Hou op om bang te wees
Met My volheid wil Ek in jou woon
So graag wil Ek vir altyd saam met jou wees

Deur My Seun en Sy bloed aan die kruis
Is dit moontlik sê Hy
As jy net wou kom
Jou hart wou oopmaak

Liewe kind die kere wat jy kla
Die kere wat jy ‘moun’
Asseblief moenie
Jy is beter af as soveel ander

‘n Dak oor jou kop
‘n Kam om deur jou hare te trek
Weet jy hoeveel ander is daar wat na dit verlang?
Lewe en oorvloed wil Ek ook aan hulle gee

Deur jou wil Ek uitdeel
Alles wat is van My
‘n Gebroke, stukkende wêreld waarin jy woon
Het jy geweet Ek weet als daarvan?

Liewe kind, liewe kind
Moet nie versuim
Die tyd is nou
Om My vir ewig in jou hart te laat woon

Die tyd is nou!
Die tyd is nou!
Moenie versuim
Die geskikte tyd is NOU

In jou sal Ek ook woon
Alles in en om jou nuut maak
Deur My Gees en Woord My wyshede aan jou oorvertel
Tot die dag wat Ek en jy vir ewig saam kan wees

Bou vir jou ‘n huis in die hemel
Vra die Heer
Waar geen mot of roes ooit kan verniel
Daar waar Ek alreeds vir jou wag

Liewe kinders Ek verlang
Een ding wil Ek hê julle moet weet
Eendag gaan julle vir altyd saam met My wees
As julle net volstrek weier om ooit boedel oor te gee.

Leave a comment