Geloof wat sweef

Genade groot
Het my kom haal
En ek is tot vandag
So dankbaar daarvoor

Dankie Abba-God
Dat U nooit opgegee het op my
Dat U nog altyd daar was
Dat U vandag nog my Koning is

Dankie dat U my liefhet
Met U liefde wat nooit sal vergaan
Dankie Abba dat U verstaan
En omgee waardeur ek elke dag gaan

My hart wil ek vir U gee
Meer en meer U hart vertrou
Vader sal U my asseblief help
Om altyd my oë op U te hou

Vader ek wil nader
Aan U groei
Nie verder
Help my asseblief daarmee

Vader help my asseblief
Om in die donkertes van die lewe
U hand net nog stywer
Vas te hou

U is die Outeur van my lewe
Vader U is baie groot
U is goed
U is so genadig

Dankie dat daar nooit ooit
Iemand soos U sal wees
Abba ons wil U nie weg wys
Ons wil altyd sê kom groot asseblief meer in

Meer en meer van U Abba-God
U is ons lewe
U is die Een
Wat vir ons krag en nuwe moed gee

Harte wat opkyk na U
Harte wat U meer en meer wil vertrou
Harte wat U waarlik wil ken
Harte wat oorgee aan U

Vader help ons asseblief
Om meer en meer van U te hê
Dankie dat U in ons glo
Dankie dat U ons God is

U is die Ware Een
Daar is niemand soos U
Hou ons harte sag, opreg
Oop voor U al ons dae

Abba dankie dat U is
Wie U is
Dankie dat U ons help
Om alles te verstaan

Soveel dinge wat om ons aangaan
Soveel dinge wat nie altyd vir ons sin maak
Dankie dat U dit vir ons oopmaak
Ons help om te verstaan

U is sin en berusting
Abba ons sê dankie daarvoor
U is genesing
U is die Een wat Lewe gee

Abba genesing oor ons harte
Dit is wat ek bly bid
Gee ons asseblief ‘n visie
Vir U en U Koninkryk

Meer en meer Abba
Help ons asseblief om U meer te vertrou
Om ons harte vir U oop te maak
Om in U te glo

Ware glo Vader
Ware glo
Glo wat ons oor die storms vat
Glo wat ons soos ‘n arend laat sweef

Vader sonder U kan ek nie
‘n Verskil in hierdie wêreld maak
Vader help my asseblief
Om my oë op U te hou

Vergeef asseblief al my verkeerd
Hou my hart sag
Genees my seer
Sodat ek U in volheid kan hê

Aan U Vader alleen
Al die lof en eer
Van ewigheid tot ewigheid
Is U

Halleluja, Amen.

ANKER VAN HOOP | INTIMITEIT MET GOD

Hallo daar! 👋

Wil jy graag 'n gids met 10 sleutels wat jou gaan help om te blom in verhouding met God ontvang? Sluit dan vandag aan by ons E-pos Lys. Ons beloof e-posse wat jou inspireer en toerus!

Ons stuur nie rommelpos nie! Jy kan
enige tyd jou subskripsie kanselleer.

Leave a comment