Harde Koejawel

Liewe kind
Laat My toe om Myself voor te stel sê die Heer
Ek is Liefde, Ek is Genade
Ek is God

Vir die wie wil weet
Vir die wie nog belangstel om te weet
Ek is God
Ek is die Heer

Vir hoeveel jare bly jy al met weghardloop sê die Heer
Nooit wil jy kom nie
Nooit
Liewe kind dalk verstaan jy nie jy hardloop van Een wie Liefde is

Liefde in al Sy volheid
Liefde in al Sy mooiheid sê Hy
Liewe kind Ek weet daar is baie van julle wie sê Ek is God
Wie glo maar sê My liewe kind weet jy wie Ek rerig is?

Weet jy rerig?
Rerig-erig?
Weet jy wat in die dieptes van My hart lê?
Weet jy? Gee jy om?

Liewe kind hierdie is ‘n uitnoding
‘n Uitnodiging om jou beter te leer ken
‘n Uitnodiging om te hoor
Wil jy jou Koning beter ken?

Ek weet liewe kind
Dat daar vir baie jare nou al
Goeters is wat ons aanhou skei
Van diepte, van omgee oor My kosbare Woord

Liewe kind Ek weet nie of jy besef
Daar is SOVEEL waarheid in My Woord
Jy weet daardie stukkies wat jy dikwels lees
Waarvan jy nie ‘n enkele liewe ding verstaan

Liewe kind dis tyd dat ons die sluier afhaal van jou oë
Dis tyd dat jy kom
Dis tyd dat jy kom, stil raak
Tyd maak en wag om te hoor

Liewe kind, liewe kind
Julle MOET vir My tyd maak
Julle moet stil raak
Julle moet sê Heilige Gees ek nooi U teenwoordigheid in

Liewe kind dalk weet jy nie
My Woord sê dit
My oë is op die regverdiges
Die wie My in alle opregtheid soek

Liewe kind, liewe kind
Kom sê My Woord
Asseblief Kom
Ek wil jou leer, Ek wil jou so graag vertel

Meer van Wie Ek is
Meer van wat Ek van jou verlang
Liewe kind jy moet kom
Jy moet omgee om te hoor

Vir jare het jy jouself in baie donker dieptes bevind sê die Heer
Baie diep, donker waters
Waters en situasies wat jou laat glo het Ek is nie daar
Ek gee nie rerig om

Liewe kind Ek gee om
Ek gee soveel, soveel om
Het jy ‘n idee hoe graag Ek die situasie
Die pad van pyn en lyding wat jy geloop het beter wil maak?

Liewe kind Ek wil, Ek wil sê die Heer
Liewe kinders as julle net wou kom om te hoor
As My manier van lewe ook net julle s’n wou word
Liewe kinders asseblief kom en kom hoor

Hoekom hou jy aan sê Ek is kosbaar vir jou
Hoekom stuur jy soveel boodskappies aan
Wat sê God is lief vir jou en my
Maar jy gee nie eintlik om om van My te hoor?

Liewe kinders al is daai woorde hoe waar
Wat beteken hulle rerig vir die wie hulle hoor?
Ja liewe kind hulle gee lewe en ja Ek weet
Hulle gee soveel Hoop!

Ek weet liewe kind Ek weet
Ek weet want Ek is HOOP
Hoop in al SY VOLHEID
Hoop in al SY GENADE

Liewe kind dis net in en deur My
Wat julle op die einde sal deurtrek
Dis al sê die Here
Dis al

Geen goeie werk
Geen goeie verhouding
Geen beste transaksie
Dis net Ek sê die Heer

Liewe kind daarom sit Ek hier
Deel in hierdie oomblik met jou My hart
Ek vra jou liewe kind
Gee jy om om te hoor?

Gee jy om om rerig te luister na die Een wat jy sê in jou woon?
Sien liewe kind dis hoe jy rerig weet wat jy glo is waar en dat jy lief is vir My
Dis as jy bereid is om te luister wanneer Ek vra
Dis wanneer jy bereid is om lief te wees vir My

Dis wanneer jy bereid is om te doen soos My Woord van jou vra
Liewe kinders daar is soveel, soveel waarhede in My Woord
Heel moontlik is die GROOTSTE
Dat Ek lief is vir jou en na jou verlang

Ek wil hê die woorde in My hart
Ek wil hê die verlange om Een te word met My
Moet ook in al Sy volheid in jou heers
Liewe kind hoe kan dit ooit wees as jy konstant aanhou om ander dinge bo My Woord en My Wil te plaas?

Ek vra van jou om jou naaste lief te hê
Jy hou aan afbreek met wat jy sê
Elke liewe verhouding wat Ek wil gebruik om jou te laat groei
Dit verwoes jy sê die Heer

Liewe kind, liewe kinders kan Ek julle vra
Om iets soos die volgende te begin bid
Vra My Vader kom in en neem oor my hele lewe
Neem my hele hart, neem my hele lewe, Neem dit alles vir U

Vader breek die hoogmoed in my hart
Breek en vat weg al die goed wat nie van U is
Vader ek wil groei in U
Ek wil meer soos U wees

Liewe Heer ek wil nie net sê ek is ‘n Christen nie
Ek wil dit elke liewe dag leef!
Vader ek wil vra asseblief kom wandel in en deur My
Dat hierdie wêreld U rerig sal kan sien

Sien liewe kind die saak staan so
So baie kere vra Ek, so baie kere
Liewe kind lê die vlees neer
Lê die begeertes daarvan neer

Liewe kind MOENIE doen wat jou vlees van jou vra nie
Konstant, konstant hou jy aan daarmee
Liewe kind dalk besef jy nie dit maak die ‘gap’ tussen ons net groter en groter
Groter en groter

Liewe kind Ek skryf hierdie briefie
En Ek vra
Wil jy nie ook die groot gat tussen ons brug?
Wil jy nie ook hê die volheid van wie Ek is moet in jou hart woon?

Ja liewe Heer, Ja liewe Heer
Ek wil U VOLHEID hê
Laat niks my terughou nie
Laat dit net U en U genade en krag is wat in My hart woon

Vader ons smag na wonderwerke
Soos in die dae van ouds
Ek weet U doen dit nou nog dikwels op baie plekke
Tog Suid-Afrika is maar baie droog daarvan

Vader doen dit deur my!
Doen dit deur my en elke hart wat wil hoor!
Elke hart wat wil toelaat dat U in VOLHEID
Krag, liefde, vergifnis en genade in ons leef!

Sien Vader ons as U kinders se GROOTSTE BEGEERTE is dit
VADER DOEN IETS AMAZING
Doen iets wat hierdie wêreld
Suid-Afrika se oë vir altyd oop sal maak

Vader ons seën ons land Suid-Afrika met die bloed en die beskerming van Jesus Christus
Vader ons nooi U om in volheid in ons land te kom heers
Vader daar is so baie mense wat daarna verlang, wat daarvoor bid
Vader sien ons harte, antwoord ons gebede

Liewe kinders dit begin by julle
Julle wat altyd so hoog en hardkoppig is om te begin bely met julle woorde
Ek praat nie van die wie altyd positief is en glo nie
Ek praat met die wie weet hul breek hierdie land met die woorde wat hulle sê

Liewe kind dis nie nodig om die regering om elke hoek en draai te verwyt nie
Dis nie nodig om die vinger na hulle toe te wys nie
Wat nodig is, is dat julle julle oë op julle God hou
En DOEN wat Hy van julle vra

Vriend, liewe kind hoe kan jy hierdie wêreld en hierdie land
Aanhou afbreek met jou woorde en nogsteeds sê jy is lief vir My?
Liewe kind dalk besef jy nie jy staan net so skuldig
Breek of bou jy hierdie land met wat jy sê?

Liewe kind Ek weet in julle harte glo julle
Julle reg is om te kla
Ja liewe kind maar die manier waarop julle dit doen
Is dit waarlik reg?

Julle kies hierdie wêreld en Sy manier van baklei
Julle kies dit
My manier waar staan dit?
Hoekom wil jy dit nie probeer?

Liewe kind wanneer laas het jy gevas en gebid
Vir julle land Suid-Afrika … Wanneer laas?
Wanneer laas het julle my aangesig gesoek?
Wanneer laas het julle bely?

Liewe kinders Ek praat nie met My kinders
Die wie hoor wanneer Ek vra nie
Dis genade dat hulle My toelaat om deur hulle te werk
Dis genade dat hulle hoor wanneer Ek vra

Liewe kind Ek praat met JOU … Die hardekwas wat hierdie woorde hoor
En aanhou, aanhou om My ‘n dowe oor te gooi
Liewe kind moenie laat trots jou hart hoogmoedig hou nie
Jy is niks beter nie as die man daar op die straat

Jy het baie verskonings sê die Heer
Altyd … Baie
Nooit wil jy My Woord glo
Nooit wil jy My Woord hoor

Sien liewe kind dis omdat jy glo JY altyd beter weet
Nooit sal jy in geselskap hardop bely ek weet nie alles
Dit is eintlik net God wat in alle wysheid en kennis in my hart woon
Liewe kind hoe seker is jy dat dit waarvan jy oortuig is, dat dit rerig van My is?

Ek is ‘n God van Liefde
Ek is ‘n God van Hoop
As jou woorde dit nie bewys nie
Waarvoor loof en prys jy my as jou God?

Sien liewe kind
Ek wil hê My barmhartigheid moet in jou woon
Jy weet hoe gereeld Ek en jy rerig praat
Jy weet sê die Heer

Wat help dit ons het hoe lank terug ‘n heart-to-heart gehad
Maar nogsteeds weier jy om jou knie te buig en te bely
Liewe Heer eintlik weet Ek niks
My slimheid is by U eintlik groot domheid liewe Heer

Sien liewe kind dis met JOU wat Ek praat
Die hardekwas, die een wie alles in en om jou lewe beheer
Jy weet wie jy is
Jy weet hoe goed jy My in alle eerlikheid waarlik ken

Liewe kind wat help dit jy staan op ‘n podium
Dalk elke Sondag en preek
Maar My hart en woorde
Is baie vêr van die huis waarin jy woon?

Liewe kind wat help dit jy lyk slim
So slim in die wêreld se oë
Maar wanneer pyn en lyding van ‘n ander aan jou deur kom klop
Weier jy om jou hart oop te maak?

Wanneer laas vra die Here
Wanneer laas? het jy My toegelaat om jou opvattings
Jou oortuigings te evalueer
Wanneer laas?

Hoe seker is jy dat dit wat jy glo die waarheid is?
Hoe seker?
Dit help nie net jy gebruik die Woord om JOU oortuigings te staaf nie sê die Heer
Dit help nie, dit dra absoluut geen waarde

Kind Ek wil hê ons moet op daardie plek kom en wees
Waar JY deurskynend is in Gees
Waar jy in skoonheid, reinheid voor My staan
Onbesmet van die wêreld en die vlees

Ek gee nie om as daar dinge is wat jy glo so moet wees
Ek gee nie om nie sê die Heer
Wat saak maak is MY WOORD sê die Heer
My Woord en My Gees

Sê my liewe kind jy wat so groot-mond is en glo jy weet alles
Jy wat so baie te sê het oor soveel dinge
Maar so stil is wanneer jy voor My Troon kom om met My te gesels
Wanneer laas het jy jou Bybel opgetel met die gebed ‘Vader besny vandag My hart’?

Vader vat weg my opinies
Vul my met U Gees
Vul my met U Liefde
Vul my met U Waarheid

Liewe kind sien Ek praat vandag met jou
Afrikaner-man
Afrikaner-vrou
Wanneer, wanneer gaan jy kom en in alle opregtheid bely?

Wanneer gaan jy terugkom?
Wanneer gaan jy in volheid terugkeer?
My Genade is daar sê die Heer
Maar dan moet jy kom

Liewe kind moenie My Woorde wegwys nie
As My Gees nou aan jou hartsdeur klop
Asseblief liewe kind … Bely
Gaan op jou knieë, sê ‘Vader se VOLHEID asseblief kom woon in my’

Sien liewe kind Ek weet wat is die beste vir julle
Ek WEET
Dit is hoekom Ek hierdie briefie skryf
Dit is hoekom Ek vra want Ek weet julle vrede en rustigheid lê in My

Moenie die vingers vandag na ‘n ander wys nie sê die Heer
Stop dit
Stop dit asseblief
Ek vra vandag … Liewe kind kan ons aan JOU hart werk?

Jy en nie jou maatjie s’n nie
Hom sal Ek self bereik
Hou op om in groot trotsheid en hoogmoed altyd na ‘n ander te wys
Liewe kind asseblief wees stil, laat ons toe om vandag net aan JOU te werk

Moenie worry oor ander mense nie vra die Heer
Worry oor My
Worry oor JOU verhouding met My
Dis al vra die Here, dis al

Liewe kind moenie terughou nie
Asseblief moenie
Ek is lief vir jou, so baie
Dit is hoekom Ek hierdie brief aan jou skryf

Ek weet in baie opsigte is liefde vir jou iets wat jy nie rerig ken
Jou waarheid daarvan is verwronge
Ek weet liewe kind, Ek weet
Ek kan dit sien

Dit wat stukkend is in jou
Dit wat maak dat jy so maklik die fout by ‘n ander soek
Liewe kind Ek kan dit wegvat
Ek kan dit beter maak

Liewe kind daarom nooi Ek jou
Kom ons fokus vandag en die dag daarna
Kom ons fokus net op jou
Kom ons fokus op My wat so graag in jou wil werk

Moenie, asseblief moenie
Die wêreld en jou land afbreek met jou woorde nie
Bid vir jou land, seën en wys liefde vir die leiers van jou land
Van hulle sal Ek rekenskap vorder sê Vader moenie jy daaroor bekommer

Sien liewe kind jou werk is om te bid
Jou werk is om te kom
As My Woord sê Ek het My vyande geseën
Liewe kind hoeveel te meer nie jy?

Liewe kind die dienskneg is nie meer as die Meester nie
Daarom vra Ek met alles in My
Hou op om jou land af te breek
Hou op om dit alles af te maak as sleg

Ja liewe kind daar is dalk baie verkeerd in julle land
Daar is baie seer, baie mense wat vrees
Maar liewe kind GLO jy
Glo jy Ek kan dit alles beter maak?

Liewe kind dan moet jy My vertrou
Jy moet doen wat Ek vra
Asseblief liewe kind
Is dit nog nie genoeg?

Wanneer gaan julle baklei soos Ek van julle vra?
Wanneer gaan julle die duiwel en die donker magte bind met julle gebede?
Kinders julle besef nie met dit wat julle elke dag sommer net so kwytraak
Julle gee hom volmag, julle laat hom toe om te steel, te slag en te verwoes

As julle net woorde van opbouing sou begin spreek
As julle net woorde van lewe wou toelaat in julle monde
As julle net na My wou luister
Liewe kinders asseblief, asseblief luister na My

Hoeveel lewens wil julle hê moet hierdie land nog verloor?
Onskuldige mense, bloed wat na My roep
Liewe kinders, asseblief
Asseblief luister na My

Onthou asseblief Ek wil LEWE aan julle gee
Ek vra nie omdat Ek iets hieruit kry nie
– Wel behalwe jy wat ‘n baie beter lewe leef –
Ek vra vir JOU liewe kind, ek vra vir jou

Ondersoek jou hart sê die Here, ondersoek dit saam met My
Wat gaan ons daarbinne vind
Hoogmoed, Rassisme, Haat?
Liewe kind jy moet weet daardie goed is nie van My

Dink jy jy is beter as ander?
Baie meer spesiaal as hulle?
Liewe kind jy kan vir jouself watter verskoning ookal vertel
Sê My maak dit dit enigsins waar?

Sien liewe kind dis net My waarheid wat vir altyd bly
Geen leuen of verskoning gaan eendag voor My Troon bly staan
Wat help dit jy glo hier net wat jy wil
Maar eendag gaan jy voor My moet staan en bely?

Liewe kind kom ons doen dit eerder nou
Lê hier en nou jou slim-wees af
Lê dit neer
Kom en tel My wysheid op, kom en leer van My

HOU OP om hierdie wêreld
Hou op om hierdie land sleg te sê vra die Heer
Asseblief liewe kinders
Asseblief

Bid vir jou land
Bid vir jou naaste
Bid, bid, bid
Eerder as om te praat, praat, praat

Praat, afbreek en skinder maak niks reg nie sê die Heer
Net Ek, net Ek kan bou wat gebreek is sê die Heer
Sien liewe kind Ek begeer ‘n land waar VREDE woon
Dit is hoekom Ek skryf en vra

Is jy?
Is jy liewe kind bereid?
Om die strydbyl te begrawe?
Is jy bereid om net soos Ek hierdie land nog ‘n kans te gee?

Is jy? Liewe kind? Dis al wat Ek vra
Bêre rassisme … kom ontdek My hart
Kom ontdek hoe Ek oor dinge voel
Nie hoe jou aardse pa jou geleer het of hoe JY voel oor ‘n ding

Net My waarheid sal vir EWIG staan
Kom leer van jou Hemelse Vader dis wat Ek vra
Liewe kind asseblief is jy bereid? Is jy bereid?
Dis al, dis al wat Ek vra

Amen.

Sal jy hierdie boodskap asseblief aanstuur vir jou familie & vriende? Ek glo dat Vader hierdie boodskap by elke Suid-Afrikaner hart wil uitbring. Baie dankie. Seën & liefde vir jou!

Leave a comment