Bougenote


Daar is geen manier op aarde dat ek die werk kan doen wat Abba wil hê ek moet doen by Anker van Hoop sonder die getroue en gereelde gee van mense wat omgee om te gee nie. Ja van hulleself, hulle gebede en ook hulle finansies. Mense wat die bediening help om hier te wees. Mense wat my hande sterk maak in hierdie werk. Mense wat saam met my glo in groei en uitkom by God se visie. Daarom sê ek DANKIE, so ‘n gesonde en volronde BAIE BAIE DANKIE vir elkeen wat gee. 

As Anker van Hoop ‘n bron van seën is in jou lewe of as jy daarvan hou om te saai in die werk van God op aarde nooi ek jou, die is vir jou! …  

Vir jare vandat die bediening gebore is was dit partymaal taai, regtig moeilik vir my om hierdie pad van geloof te wandel, te verstaan. Vandag kan ek getuig, die lesse wat hy kom leer is GOUD! Nooit het ek finansieël ondersteuning gevra want aan die begin het Pappa-God vir my kom wys … Jy kyk vir My nie vir mense nie. Ja Ek gebruik mense maar kyk vir My, Ek sal in mense se harte werk. Mens voel amper soos ‘n boemelaar maar toe kom gee Hy so paar jaar terug toestemming … Jy mag nou maar die uitnodiging versprei … Vra mense om te ondersteun die visie wat Ek vir die bediening het. Vra hulle om saam met My te bou. Gee hulle die geleentheid om seën in hulle lewens in te bring want dit is wat gebeur wanneer hulle in My Koninkryk saai. 

Dis maar nog stap-vir-stap vir my, hoe hierdie presies werk maar ek wil vandag net kom kans gee vir enige een wat geseën word deur Anker van Hoop asook enige iemand wat ‘n hart het vir God se werk, om dit te ondersteun, om dit sterk te maak. Ek het nodig, elke maand, finansies om te doen wat ek doen. Geld groei toe rerig nie op bome nie 😉 aah julle verstaan my hart né. Ek gaan gereeld op video en sal graag ons toerusting, uitsaai produkte en stel wil verbeter, meer professioneel en van die beste gehalte wil maak. As iemand dit wil borg?

Dis basies my brood en botter julle, die werk wat ek vir en saam met Abba doen. Ek weet Hy is die bron van voorsiening, ek weet ook Hy werk deur mense daarom is hierdie nie ‘n manipulasie poging nie. Daar is geen verpligting of veroordeling nie, dis ‘n oop uitnodiging. As jy dit in jou hart het, as jy hierdie Koninkrykswerk van God saam met my wil verwesenlik wil ek net sê … Julle is so welkom en julle is so nodig. Ek kan hierdie werk nie alleen doen nie, dis soveel groter as waartoe net ek instaat is, ‘n ons is nodig.

Maandelikse vriende en vennote is die ideaal want dit stel my instaat om seker en sistematies te beplan en te bou daarom wil ek vra oorweeg dit asseblief. Enige en elke liefdesoffer maak ‘n verskil.  Dankie dat ek so ‘n eerlike rou stuk van my hart met julle kan deel. Ek het net Hemelse visie wat leef in my hart. Saam met Abba gaan ons beslis iewers heen. Sedert 2013 verryk ANKER VAN HOOP lewens, dit versprei die lewende mooi hoop van Jesus Christus, dit help mense geestelik groei, dit versprei die ongelooflike prag van God se hart, dit gee in aksie om. Hoe vêr kan hierdie boodskap strek? Daar is nog soveel potensiaal!

Ek seën elke donateur van hierdie bediening – gister s’n, vandag s’n en môre s’n – met Abba se beste.

Baie liefde, Letitia

Ons bank besonderhede is soos volg:
Rekening Naam: Anker van Hoop
Bank: Capitec
Rekening Nommer: 1507489631
Takkode: 470010 

Of maak gebruik van hierdie slim en vinnige betalingsbladsy van Yoco, donateurs van oorsee hierdie werk ook baie goed vir julle.

Watter voorreg het ons om in geloof saam met God aan Sy Koninkryk op aarde te bou! 🙌

 

ANKER VAN HOOP | INTIMITEIT MET GOD

Hallo daar! 👋

Wil jy graag 'n gids met 10 sleutels wat jou gaan help om te blom in verhouding met God ontvang? Sluit dan vandag aan by ons E-pos Lys. Ons beloof e-posse wat jou inspireer en toerus!

Ons stuur nie rommelpos nie! Jy kan
enige tyd jou subskripsie kanselleer.