Hier kleur ons die wêreld prakties, sigbaar en eenvoudig met God se liefde en omgee. Kom kleur saam!

Elke donasie en liefdesoffer aan hierdie bediening maak 'n verskil.

Liefde in Aksie...

Waar liefde meer raak as net ‘n mooi woord.

Om ‘n verskil te maak … net soos jy is, met wat jy het, waar jy kan.

Kortom … om hierdie wêreld ‘n (baie) beter plek te maak.

Ons as kinders van God is geroep om die Lig van Christus te skyn, om hoop te bring waar hopeloosheid heers, om gesond te maak met wat ons sê en doen.

Ons is nie geroep om blote aanskouers te wees van alles wat verkeerd is en dan net te laat hoor … “O toggie, die wêreld vergaan” nie. 😉

Pappa-God wil hê ons moet hier en nou saam met Hom ‘n verskil maak.

Sal jy die Here vra: Waar en hoe kan ek hierdie wêreld met U omgee en liefde kleur?

Dis al wat ek jou wil vra met hierdie vragie.

Kom ons gee om oor die seer in hierdie lewe, kom ons ondersteun en help mense om weer te glimlag omdat hulle sien daar is nog goed in die lewe, daar is iemand wat omgee.

Ek laat julle met die kragtige lirieke van die volgende liedjie:

“Do Something”

I woke up this morning
Saw a world full of trouble now
Thought, how’d we ever get so far down
How’s it ever gonna turn around
So I turned my eyes to Heaven
I thought, “God, why don’t You do something?”

Well, I just couldn’t bear the thought of
People living in poverty
Children sold into slavery
The thought disgusted me
So, I shook my fist at Heaven
Said, “God, why don’t You do something?”
He said, “I did, I created you”

If not us, then who
If not me and you
Right now, it’s time for us to do something
If not now, then when
Will we see an end
To all this pain
It’s not enough to do nothing
It’s time for us to do something

I’m so tired of talking
About how we are God’s hands and feet
But it’s easier to say than to be
Live like angels of apathy who tell ourselves
It’s alright, “somebody else will do something”
Well, I don’t know about you
But I’m sick and tired of life with no desire
I don’t want a flame, I want a fire
I wanna be the one who stands up and says,
“I’m gonna do something”

Chorus

We are the salt of the earth
We are a city on a hill (shine shine, shine shine)
But we’re never gonna change the world
By standing still
No we won’t stand still
No we won’t stand still
No we won’t stand still

Chorus

(Matthew West)

So baie pragtige dinge wil ons Hemelse Pappa in en deur ons doen. Sal ons ja sê? Met genade van Bo doen ek.

Lig kan ons wees want die Lig self woon in ons.

Amen.

Projekte

Rescue1

Ek vertel julle graag van Rescue1, nog ‘n organisasie wat wonderlike werk doen!

Hulle hart is om na die donkerste plekke van die wêreld te gaan met die doel om kinders vasgevang in die gruwel van sekshandel en verlatenheid te red.

Hulle hardloop ‘n borgskap en uitreik program wat volsorg ondersteuning bied aan kinders gered uit die kloue van hierdie gevaarlike handeldryf, ontvoering, prostitusie en verwaarlosing.

Gaan kuier gerus vir hulle webwerf om meer inligting te ontvang.

Dankie vir al die donateurs van hierdie bediening. Met julle hulp kon ons aan die einde van 2019 Rescue1 se jaarlikse skoolfonds help aanvul.

Seën julle so baie ryklik vir julle omgee!

Royal Family Kids Kamp (2019)

Ek was hierdie jaar weereens ‘n vrywilliger by Kempton Park se kamp en was dit net so ‘n belewenis! Met die terugkeer is mens dalk fisies en emosioneel meer moeg as vroeër die week maar die harte is propvol.

Selfs die volwassenes groet met heimweë en prag-herinneringe. Ons sien dalk nie maklik weer die kinders nie maar in ons gedagtes en gebede bly hulle voortleef.

Hierdie kampe het nogals rerig kom nes skrop in my hart. Ek glo in hulle. Abba gebruik hulle om stukkende en seer kinderharte op te beur en hoop te kom plant. 

Vir meer informasie kontak my of die span sommer direk. Die webtuistes is: https://www.i-c-y.co.za of https://rfk.org/.

Baie dankie ook aan elkeen van julle wat deel was van die kamp, of dit nou met gebede of finansies was. Julle deel in die vrug wat voortkom! 

Elke kindjie wat op die kamp was is dankbaar. As julle hulle totsiens-briefies of -gesiggies kon lees sou julle saamstem.

 

Louis Botha Kinderhuis

Dit was vir Liefde in Aksie – ons praktiese omgee been – so lekker om hulle in April 2019 te ondersteun met ‘n finansiële bydrae van R 500.00.

As een van die oudste kinderhuise in ons land doen hulle al vir baie jare wonderlike werk. Hulle maak grootliks staat op die donasies van die publiek om hulle werk te kan voortsit. 

Donateurs wat hulself verbind om al is dit net R100 elke maand te gee verseker dat hulle ‘n vloei van betroubare inkomste het om die kinders te versorg. Hoe wonderlik sal dit wees as ons maandeliks ‘n vaste betaling maak. Ons doelwit!

Gaan kuier gerus vir hulle webwerf.

Dankie vir julle wat in hierdie bediening saai. Saam hoop ek gaan ons nog baie verfhale van God se liefde en omgee oor die canvas van hierdie wêreld verf.

Opwindende nuwe nuus! Ons het sedertien en kon tot op hede elke maand betalings aan hulle maak. Dankie aan elkeen wat gee vir God se Koninkrykswerk!

Villa LeThemba

Ek het onlangs ‘n versorgingshuis van kindertjies met spesiale behoeftes (onder andere Fetale Alkoholsindroom, blindheid en doofheid) besoek.

Na ‘n heerlike gesels met die huismamma Heleen het ek van die kleintjies ontmoet. Was hulle verskriklik blymoedig en vol liefde.

Liefde in Aksie kon hulle seën met ‘n finansiële bydrae van R 250.00. Sien hulle dankie-sê briefie hieronder!

Hulle Facebook blad sal jy vind as jy die groen skakel volg.

Ek beplan om weer te gaan inloer, om drukkies uit te deel en saam met hulle te speel. Dalk moet ek ‘n storieboek saamneem? Ook om vir hulle te bid. Ja dit is ‘n goeie idee!

Baie dankie vir julle omgee, saam maak ons ‘n verskil. ❤

Royal Family Kids Kamp (2018)

Kampe met soveel amazingness. Gaan kyk gerus na van hulle Youtube videos se stories.

Ek stel julle graag voor aan Royal Family Kids (https://rfk.org/). Hulle is ‘n wêreldwye nie-winsgewende organisasie gewy daaraan om die lewens van pleegsorg-kinders op te helder. Een van die maniere waarop hulle dit doen is deur jaarlikse kampe en mentorskap-programme aan te bied.

Kempton Park het in 2018 hulle eerste kamp aangebied en ek het dit bygewoon! Wat ‘n lewensveranderende ervaring was dit nie. Ek sê dankie aan ondersteunders van die bediening. Julle finansiële saad (R925.00) het dit vir my moontlik gemaak om by die kamp prakties te gaan omgee, die hart van Liefde in Aksie. Ek hoop om ook in die toekoms deel te wees van Royal Family Kids en hulle kampe. Sal julle op hoogte hou!

Micah7

In Desember 2017 het Liefde in Aksie hande gevat met Micah7 wat graag elke pasiënt van Weskoppies, ‘n psigiatriese hospitaal in Pretoria, wou seën met ‘n omgee Kersfees-pakkie.

Micah7 is ‘n nie-winsgewende organisasie gewy daaraan om bewusmaking te skep, hulp te verleen, stigma te verwyder en die publiek te onderrig ten opsigte van geestesongesteldheid.

Jy kan hier meer oor hulle uitvind:

Hulle webwerf en Facebook bladsy.

Vind ook aangeheg hulle dankie-sê briefie:

Dankie-WeskoppiesBydrae

#WantJesusGeeOm

Adopt an Ouma or Oupa

Dit was vir Liefde in Aksie ‘n groot voorreg en lekker om in November 2017 vir Adopt-an-Ouma-or-Oupa te kon ondersteun met hulle Kerspakkie-inisiatief. Hulle het gepoog om vir elke ouma en oupa by Herfsland ‘n geskenkpakkie te gee by hulle Kerspartytjie. Met die hulp van ons donateurs kon ons twee pakkies skenk!

‘n Mens se hart word voorwaar so lekker warm as jy die geskenk van liefde kan uitdeel! <3

Adopt an Ouma or Oupa se Facebook bladsy.

Herfsland se webwerf. 

Casa Caritas

Casa Caritas, ‘n huis wat verstandelik en liggaamlik gebreklikes versorg, is een van die organisasies wat Liefde in Aksie ondersteun.

Tot op hede kon ons danksy donateurs wat hierdie bediening ondersteun al ‘n bedrag van R4 045.00 aan hulle skenk.

Saam met Jesus kan ons hierdie wêreld met hoop kleur.

Dankie dat jy omgee!

Vind hier meer uit oor die wonderlike werk wat hulle doen:

Hulle webwerf & Facebook bladsy.

El-Shammah Home for Abandoned Babies

‘n Plek van veiligheid vir kwesbare babas. Waar weggooi-babas met liefde en warm omgee versorg word. Dis was vir Liefde in Aksie so lekker om hulle te ondersteun.

Met die hulp van ons donateurs kon ons R4 020.00 aan hulle skenk.

Dankbaar vir die verskil wat ons saam maak!

Vind hier meer uit oor hulle:

Hulle webwerf skakel.

Visiebord:
Droom saam met ons oor die verskil wat ons nog saam met Jesus hier op aarde kan maak!

Rescue 1 Borgskappe

Desember 2018 lees ek die lewensverhaal van Lon, ‘n jong meisie gebore aan die buitewyke van Thailand wat basies geforseer is om die sekshandel-bedryf te betree. My hart het begin pyn soos ek besef het dit is die harde werlikheid vir sovele.

Kortom, meisies uit brandarm gesinne word sodra hulle graad 4 of 5 bereik enige verdere finansiële ondersteuning vir skoolopleiding van die regering geweier. Dieselfde geld nie vir seuns nie. Boonop vereis die kultuur van daai geweste dat die oudste dogter van die huisgesin merendeels verantwoordelik is vir die versorging van haar ouers/familie. Dus word vele geen ander keuse gelaat as om by sekswerk betrokke te raak nie.

Maar … daar is hoop! Ons kan hande vat met mense en organisasies wat kinders soos die onder hulle vlerk neem en dan geleentheid gee om wel skool klaar te maak. Sodoende is die kanse vir ‘n ander suksesvolle loopbaan so moontlik.

Hiermee wil ek julle dan graag voorstel aan ‘n organisasie waarvan ek bewus geraak het ‘n rukkie nadat die boek my pad gekruis het … 

RESCUE 1

RESCUE 1 RED VERLATE KINDERS WAT IN SEKS MENSEHANDEL VASGEVANG IS VANUIT DIE DONKERSTE PLEKKE IN DIE WÊRELD. HULLE VOED NIE NET HONGER KINDERS NIE MAAR VERSKAF ‘N VOLSORG ONDERSTEUNINGSNETWERK VIR SLAGOFFERS WAT VERSKRIKLIKE TRAUMA OPGEDOEN HET AS GEVOLG VAN HULLE BETROKKENHEID BY DIE BEDRYF. RESCUE 1 IS IN ‘N PAAR LANDE AKTIEF EN EK NOOI JULLE GRAAG OM MEER OOR HULLE TE WETE TE KOM. DIS SO MOOI, DIT WAARVOOR HULLE HUL BEYWER. HIER IS HULLE WEBWERF ADRES: HTTPS://RESCUE1NOW.COM/

Een van die maniere waarop ons ‘n verskil kan maak saam met Rescue1 is deur BORGSKAP teen 50$ per maand per kind. Nadat jy opgeteken het stuur hulle vir jou ‘n foto en naam van die kind wat jou borgskap red en versorg.

Liefde in Aksie droom daarvan om een en meer van hierdie pragkinders te begin borg. Wanneer jy die bediening ondersteun help jy my daarmee. Jy kan ook direk met hulle in verbinding tree. No problemo!

Mag ons altyd omgee om die wêreld in te kleur met God se liefde en deernis.

Waardeer julle! ♥

Letitia