
Die Potgooie
Potgooi-reeks opgeneem in die lockdown seisoen
Vyf-minuut-geloofslesse uit my pad met die Here rondom die tema “Hoe behou ons hoop in donker dae?” … Dis God se hart vir ons om te weet, geen Korona-virus-krisis of die uitdagings wat dit meebring kan Hom van Sy ewige troon afstoot nie. Mag jy Sy vrede vind bo elke ander stem wat in die seisoen vir jou skree … “Daar is nie hoop”, “God is nie te vertrou” of “Ek gaan/kan dit nie maak nie”. Boetie, sussie … moeilike tye is gulde geleenthede om dieper verhouding met God te ontdek. Sy liefde en trou op dieper maniere te smaak. #HoopLeef