
Die Youtube Kanaal
So vier jaar terug begin ek ervaar dat Abba dit op my hart plaas om Sy kinders toe te rus vir ware konneksie met Sy hart. Deur my pad van intimiteit saam met Hom en die lesse asook wysheid wat Hy my geleer het tot hier. Vandaar het ek die aanbieding op ons bladsye stelselmatig begin aanpas om ook daarvoor plek te maak (Ekwipt met Letitia).
In 2020 gedurende die Covid-Lock-Down maak Abba dit vir my baie duidelik, dis tyd om video’s te begin vrystel op Facebook. Vandaar lei Hy my ook om weeklikse Toerus Sessies te begin waar ek elke week LIVE gegaan het op Facebook en gedeel het wat Hy op my hart plaas.
In 2021 wys Abba vir my dat dit tyd is vir ‘n Youtube Kanaal met die naam INTIEM MET GOD om gebore te word! Stelselmatig en seker groei ons aanlyn-biblioteek van hulpbronne want Abba gee vir my boodskappe om te deel, so duidelik aan die hand van ‘n praktiese prentjie. Ons het ook ‘n Engelse Kanaal LIFE IN VICTORY | KING OF KINGS begin vir die Engelse Blog en platforms.
Aan die begin van hierdie jaar lê Abba dit op my hart om VLOEI aande te begin. Tye wat ek saam met die Heilige Gees LIVE gaan op ons Youtube Kanaal en VLOEI met Sy Heilige Gees. As julle wil deel wees van die wonder waarmee Abba besig is in hierdie sessies moet julle seker maak om hulle by te woon. As julle nie kan nie sal die video’s na die tyd steeds beskikbaar wees om te kyk en te seën.
Toe Abba video boodskappe op my hart begin lê was dit ‘n nuwe area van leer en deur-druk maar ek kan so getuig, Hy is getrou!
Tans gebeur meeste van die bediening op Youtube. Saam met Hom maak ons ‘n verskil en ek weet, Abba het ‘n plan daarmee! Soos vele ander wil Hy hê ek moet deur Aanlyn Media Bediending hoop bring, die Evangelie deel en mense help groei in hulle verhouding met die Here.
Gaan sluit gerus aan by ons Kanaal! Wanneer enige van die video’s waarde tot julle lewens byvoeg wil ek vra dat julle asseblief die Like, Share en Subscribe knoppies sal gebruik. Onthou om die Notifications Bell op ALL te merk sodat jy laat weet word sodra ‘n nuwe video verskyn.
Dankie vir elkeen van julle wat ondersteun en my hande sterk maak in hierdie werk saam met God. Julle word so baie waardeer. Ek sou dit nie sonder julle en Abba kon doen! Kliek asseblief hier as julle ‘n bougenoot wil word. Dankie ook aan elkeen vir wie dit ‘n prioriteit is om God intiem van hart te ken. Daar’s niks soos intimiteit met Hom, dit is waarvoor ons gemaak is!
Terugvoer Van Kykers
Dankie vir ‘n awesome boodskap.
– bertus
Dankie julle. Ek is bly dat ek vanaand op hierdie afgekom het. Julle bless my hart.
– chantelle
Wow, dankie julle twee. So baie geleer. Seëninge.
– petro
Baie dankie julle dit gaan my baie help .
– annamarie
Amen. Baie dankie doen my hele menswees goed, ook die eerste keer wat ek die boodskappe luister.
– anoniem
Baie baie dankie vir vanaand, dit was voedsel vir my siel.
– christine
Amen. So wonderlik is ons Koning Jesus!
– karin
Wow, my eerste keer om na jul uitsending te kyk. Beslis nie die laaste nie. Baie dankie.
– elize