Die Bron & Instrument


Hy antwoord toe:  “Ja liefste kind dit is so.  Abba het ‘n spesifieke plan en doel met jou lewe maar Ek wil jou vra om die goeie nuus ook met jou boeties en sussies in My te deel.  Vertel vir hulle kind dat ook hulle kan hê wat Ek en jy het.  Ek wil graag hê dat hulle ook op My skoot sal kom sit.” Ek het Sy diep verlange, Sy warm uitnodiging aan alle mense op aarde so ervaar.  Hy het my ook gevra om vir julle te sê dat dit vir almal is, nie net ‘n gekose paar.  Almal wat sal vra vir meer.

Baie welkom by Anker van Hoop!

Ek is Letitia Pienewald en gebore en getoë in Gauteng. Vanaf kinderdae is ek verskriklik lief vir skryf.  Na matriek, toe die groot-mens-lewe begin en die kreatiwiteit nie wil vloei met die inskrywing aan ‘n skryfkompetisie nie het ek gedink dis neusie verby en besluit om te fokus op dit wat rerig saak maak.  Werk, eet en slaap.  Goed, met ‘n hele paar wonderlike dinge tussenin! 😉

Aan die einde van 2012 het ons Hemelse Vader met ‘n belofte Sy Woorde in my hart kom oopsluit.  Ek deel hulle op die blog met julle want ek glo dat dit Sy wil is.  (Johannes 16:13-15).  Jesus wil so graag hê julle moet weet … Hy is die enigste ware bron van Hoop.  Sy goedheid sal nooit wankel nie, Sy genade en liefde is sonder end.  Mag die woorde ook julle harte seën.

Dit is my hart om die Here te verheerlik en die liggaam van Christus te dien met my gawe.  Julle is welkom om die blog se woorde te toets aan God se Woord en deur Sy Heilige Gees (1 Johannes 4:1).  My grootste gebed is dat dit altyd die opregste eerlikste Gees-woorde sal wees maar wees tog bewus ek is mens.

Hierdie blog is nie die alfa en omega nie, Jesus is.  Sy verhouding met jou en jou verhouding met Hom, dit is prioriteit. 

Daar is ‘n padjie gestap om uit te kom by die blog en die storie wat Abba deur hom wil skryf.  Ek is so dankbaar dat ek hierdie reis saam met julle kan onderneem.  Graag wil ek julle aanmoedig om self ook Pappa-God se hart na te spoor.

Een oggend, so paar jaar terug gesels ek een oggend met Abba en ek vra vir Hom:  “Daddy hoe is dit moontlik, hoe het U hierdie al so lank terug instoor vir my gehad?  Rerig?” het ek stom-verbaas gevra.

Hy antwoord toe:  “Ja liefste kind dit is so.  Abba het ‘n spesifieke plan en doel met jou lewe maar Ek wil jou vra om die goeie nuus ook met jou boeties en sussies in My te deel.  Vertel vir hulle kind dat ook hulle kan hê wat Ek en jy het.  Ek wil graag hê dat hulle ook op My skoot sal kom sit.”

Ek het Sy diep verlange, Sy warm uitnodiging aan alle mense op aarde so ervaar.  Hy het my ook gevra om vir julle te sê dat dit vir almal is, nie net ‘n gekose paar.  Almal wat sal vra vir meer.

Sien dis die verskil.  Dis al wat ek gedoen het, ek het gevra vir meer van Hom.  Sal julle asseblief ook dieselfde doen in die tye wat julle met Abba spandeer?  Vriend, vriendin as jy dit sal doen en standvastig bly in geloof gaan jy so sien! 

Dankie vir die voorreg om my hart te deel.  My gebed is dat jy wat nou hier lees die wonder van hartsintimiteit met jou Hemelse Pappa elke dag meer sal ontdek.  Dis so moontlik deur Jesus Christus ons Koning wat seker gemaak het dat die voorhangsel skeur.  Dit was die skeiding tussen ons en God.

Jy is so spesiaal vir Pappa.  Onthou dit altyd.  Hy is lief vir jou en Hy aanvaar jou.  Heeltemal.  Net soos wat jy is.  Moenie eers probeer om jouself te verbeter totdat jy goed genoeg voel.  Nee jy is besig om die wonder onnodig uit te stel.  Begin sommer nou.  Deur Jesus kan ons vrylik, met oorgawe en volle vertroue Sy troon nader.

Baie dankie Hemelse Vader vir elke geskenk van genade uit U hand. Ek bid dat U koninkryk op aarde sal kom net soos in die hemel.  Aan U al die lof, eer en aanbidding.  Sonder U is ek niks.  Amen.

Hope liefde in Jesus ons Koning!

Nuut: As jy graag ‘n video insetsel wou kyk oor die begin en hart van die bediening kan julle gerus hierdie Youtube skakel volg waar ek tydens die lockdown met Izelle van Beeldskoon gesels het. 

ANKER VAN HOOP | INTIMITEIT MET GOD

Hallo daar! 👋

Wil jy graag 'n gids met 10 sleutels wat jou gaan help om te blom in verhouding met God ontvang? Sluit dan vandag aan by ons E-pos Lys. Ons beloof e-posse wat jou inspireer en toerus!

Ons stuur nie rommelpos nie! Jy kan
enige tyd jou subskripsie kanselleer.