Onthou
Wanneer die wêreld jou platslaan En jy dink jy kan nie meer Onthou dan JY KAN
Wanneer die wêreld jou platslaan En jy dink jy kan nie meer Onthou dan JY KAN
Ek weet van die stukkend-wees in jou hart Daarvoor het Ek gekom sê die Heer Om jou ‘n nuwe hart te gee Jou hart, gees en siel gesond te maak
Moet nooit opgee nie sê die Heer Asseblief liewe kind moenie Weet dit is Ek wat jou omring Wat altyd baie naby aan jou is
In U arms voel ek altyd veilig Ek weet dis U wie my omring In die dag, ook in nag Wanneer ek my kop neerlê
‘n Gebroke, seer hart Bring ek voor U troon Dikwels ontdek ek ‘n pyn Wat ek so gehoop het, het lank vergaan
Wanneer Vader na hierdie wêreld kyk Sien Hy gebroke harte Seer in elke vorm Daarvan is ek seker
Partykeer lê seer so diep Lankal het ek daarvan vergeet Toe kom herinner U my My kind dit is nog daar!
Vir jou Vir my Vir almal het U gekom Om aan ons die Lewe te gee
Eina! Ek sien soveel pyn, Ek sien soveel seer Het jy geweet? Ek het gekom vir jou Om vry te wees sê die Heer
Ek ken jou seer sê die Here Diep in jou Hoor Ek die geroep Here help!