Pure Plesier
Glorie Halleluja Sing die engele voor ons Abba se troon U is so heilig U is so mooi ons Grote Koning
Glorie Halleluja Sing die engele voor ons Abba se troon U is so heilig U is so mooi ons Grote Koning
Vader U maak my hart so bly So bly Abba Vader Daar is tye wat my hart net wil oorloop Van U genade en liefde vir my
U is my begin My einde En alles tussenin Ek is so bly dat U in my hart woon
U is my Begin My einde En alles tussenin Wat my hart bewoon
Geen niemand Is daar ooit soos U En ons wil net Dankie sê
U genade is so groot Dankie Koning Jesus daarvoor Alle lof en eer wil ons bly bring Vir die Een wat in die hemel woon
My hart loop oor van Dankbaarheid teenoor U Abba-God U genade is so groot U liefde is als wat ons nodig het
U vul my hart Met vreugde ongehoord Ek is so bly Ek het U na binne genooi
Ek kan net nie genoeg van U kry My hart wil aanhou sing Meer Vader-God Gee my asseblief meer!
Die lofliedere In my hart Hulle sing en dans Hulle is baie bly
Soveel vrede, vreugde En blydskap in my hart Want ek het die Koning Van konings gevind
U is die Een Wat waarheid is U is die Een Waarin net Lig woon