Altyd
Dankie Vader-God dat U my Nog elke keer kom haal het Nêrens was te vêr vir U Als wat U vra is baie goed vir my
Dankie Vader-God dat U my Nog elke keer kom haal het Nêrens was te vêr vir U Als wat U vra is baie goed vir my
Ek weet baie mense Hulle verstaan of glo nie Dit wat ons het Wil Ek gee aan elke liewe kind
Ek vertrou U met my lewe Ek vertrou U met my hart Vir my was dit ‘n nagmerrie Om te dink U is sonder my
Dankie dat U my kom haal het Vader-God Dankie dat U my kom haal het En weer gebring het tot hier
In U arms Wil ek altyd bly Daar is geen Veiliger plek vir my
Ek loof U God Ek prys U Naam U het my kom haal Met ‘n diep prys betaal aan Golgota
Met my hart smag ek na U Na U my God My Heer My als
Ek sal U loof en prys Maak nie saak wat die wêreld sê nie My God sal ek vertrou Sy hart sal my nooit los
Klop! Klop! Maak jou hart oop Ek wil inkom
My liefde vir jou Dit is so oneindig groot Ek wonder raak dit afgesaag Jy hoor dit oor en oor