Hart tot hart met God

Hy is eindelose prag. Ontdek Hom.

📨 Sluit aan by ander intekenare

en ontvang 'n gratis gids met 10 sleutels om jou Intimiteit met God te help blom.

Wie Ek Is

Ek is ‘n doodgewone mens wat die wonder van hartsintimiteit met God ontdek het en ander graag help om dit ook te vind. Daar was ‘n honger in my hart na meer van Jesus en toe vra ek Hom vir meer. So is die blogs Anker van Hoop en King of Kings gebore. Ek het begin om gedigte van God neer te skryf en dis nou al veel meer. Dis ‘n voorreg om my pad saam met Here met julle te deel.

‘n Gebed is dat my en jou bewondering vir God altyd nuut en vars sal bly. Verder is ek lief vir die lewe en so dankbaar vir genade en hoop, waarsonder ek nie kan nie.

Wat Ek Doen

”’…om die gelowiges toe te rus vir hulle diens en vir die opbou van die liggaam van Christus…”

Ek Mentor.

As jy graag ‘n pad met my wil stap wat jou gaan toerus om intimiteit met God te geniet volg asseblief Ekwipt met Letitia en vra vrae!

Ek Praat.

Ek is beskikbaar om my storie van hoop en reis saam met God te deel. Ook om aan te moedig dat almal dit kan smaak! Kontak my as julle belangstel.

Ek Skryf.

Die blog is volop inspirasie-stukkies wat vertel van die ongelooflike prag in God se hart. Leer Hom ken, Hy is die mooiste mooi!

Soos verskyn op die blogwerf van:

Gewilde Blogs

Die pad saam met God is ‘n pragtige reis van liefde, deur elke vallei en heuwel van die lewe ‘n proses van meer een word.

Dit is die eer van God om ‘n saak te verberg, maar die eer van konings om ‘n saak na te speur.

Spreuke 25:2

Kies ‘n kategorie:

Potgooi Reeks

Hoe behou ons hoop in donker dae? Vyf-minuut potgooie met raad en stories uit my pad saam met Abba.

Intiem met God

Intiem met God, dit is die naam van Anker van Hoop se Youtube kanaal.

Iets wat Abba toe nog altyd instoor gehad het vir ons. Na baie bid en ‘n redelike redekawel het ek ingestem! 😉

Ek is so dankbaar, Abba is en bly getrou. Hy stel ons instaat en lei ons op Sy kragdadige wonderlike manier.

Gaan kyk gerus die videos wat alreeds gelaai is, hou daarvan en deel dit asseblief met jou wêreld as dit jou aanmoedig in jou pad saam met God.

Merk die ontvang notifikasies ikoon om ingelig te word van nuwe videos!

Bougenote

SAL JY MY ASSEBLIEF HELP OM DIE VOLLE PLAN WAT GOD VIR DIE BEDIENING HET UIT TE VOER?

Die bediening van Anker van Hoop en King of Kings is nie moontlik sonder die ondersteuning van ongelooflike donateurs nie. Dankie dat julle my hande sterk maak in hierdie werk saam met God. Ek waardeer julle elkeen so baie. Wat ‘n span … ek, julle en God. Dankie Abba! Lees hier meer. #SaamIsOnsSterker

Facebook Toerus Groep

Ek het middel 2021 weeklikse Toerus Sessies begin in die vorm van Facebook Lives. Hierdie sessies het eers op Anker van Hoop se Facebook Bladsy plaasgevind maar is intussentyd geskuif na die Geslote Groep Ekwipt met Letitia om meer selektiewe en intensiewe aandag te gee aan die Toerus Sy van die bediening. Sluit aan by hierdie groep om reeds by die 20 sessies te besigtig. Ek sien uit na ‘n jaar van nog meer saam-groei en Gees-groei in 2022. Moenie huiwer nie, tyd en moeite geinvesteer in jou liefdesverhouding met God bring die heelmooiste vrugte van LEWE en LIG voort!

Liefde In Aksie

Waar ons die wêreld prakties, sigbaar en eenvoudig inkleur met die warmte van God se omgee.

Deur die jare het ons al ‘n paar organisasies en projekte ondersteun.

Hoekom hou ons aan daarmee? Want dit is God se hart.

Hy is in die restourasie besigheid van als wat stukkend en vervalle is in hierdie wêreld. Saam met Hom kan ons dieselfde doen.

Weet dit vandag!

Terugvoer Van Lesers


Dankie, ek lees graag weer as jy skryf.

– dr christa

 Jou blog herinner my gedurig aan dinge wat ek misgekyk het…. ek waardeer die ander perspektief oneindig baie.

– aspaai

Baie dankie vir hierdie gedig, dit het my werklik gebless.

– chantal

Dis vir my lekker om te sien hoe jou bediening gegroei het. Hou aan met die goeie werk.

– spokie sny spoor

Wow, baie dankie.

– yolanie

Pragtig, en so waar!

– spokie sny spoor

Baie mooi dankie.

– babsie

AMAZING liewe Letitia! Dis Vader se hart!

– louise

Dankie dat jy jou lekker kry saam met God deel… Dit is mooi en lekker om te sien dat daar nog mense is wat bereid is om dit te deel.

– thomas

Skatkis van Hoop, delf diep.

close
ANKER VAN HOOP | INTIMITEIT MET GOD

Hallo daar! 👋

Wil jy graag 'n gids met 10 sleutels wat jou gaan help om te blom in verhouding met God ontvang? Sluit dan vandag aan by ons E-pos Lys. Ons beloof e-posse wat jou inspireer en toerus!

Ons stuur nie rommelpos nie! Jy kan
enige tyd jou subskripsie kanselleer.