Die Bron En Die Instrument


Hy antwoord toe:  “Ja liefste kind dit is so.  Abba het ‘n spesifieke plan en doel met jou lewe maar Ek wil jou vra om die goeie nuus ook met jou boeties en sussies in My te deel.  Vertel vir hulle kind dat ook hulle kan hê wat Ek en jy het.  Ek wil graag hê dat hulle ook op My skoot sal kom sit.” Ek het Sy diep verlange, Sy warm uitnodiging aan alle mense op aarde so ervaar.  Hy het my ook gevra om vir julle te sê dat dit vir almal is, nie net ‘n gekose paar.  Almal wat sal vra vir meer.

Hierdie blog is gebore uit geloof, gehoorsaamheid en genade sê ek altyd. So sê ek want dis ons storie. Geloof en gehoorsaamheid van my kant, groot genade van Abba wat my tot en met vandag in 2024 – meer as elf jare later – steeds vashou en dra in Sy roeping vir my lewe.

Aan die einde van 2012 het Abba my gevra om uit te tree, te bedank waar ek in die besigheidsveld gewerk het, en om hierdie pad saam met Hom te begin stap. Jare van baie groei en leer het gevolg. Jare waarvoor ek baie dankbaar is al was hulle nie altyd maklik nie.

Met die uittree het Hy my beloof, Hy sal vir my gee wat om te skryf. Ek deel daai woorde graag met julle op hierdie webwerf want ek glo dat dit Sy wil is.

“Wanneer Hy ook al kom, die Gees van die waarheid, sal Hy julle begelei in die volle waarheid. Hy sal nie uit Homself praat nie, maar net sê wat Hy hoor. Hy sal die dinge wat gaan kom, aan julle meedeel. Hy sal My verheerlik omdat Hy dit wat Hy van My sal ontvang, aan julle sal meedeel. Alles waaroor die Vader beskik, behoort ook aan My; daarom dat Ek gesê het: ‘Wat Hy van My ontvang, sal Hy aan julle meedeel.’”

Johannes 16:13-15

Mag die woorde ook julle harte seën. Dit is my hart om die Here te gehoorsaam en die liggaam van Christus te dien met my gawe. 

Hierdie blog is nie die alfa en omega nie, Jesus is.  Sy verhouding met jou en jou verhouding met Hom, dit is prioriteit. 

Soveel Christene ken nog nie ware hart-konneksie met God nie of hulle weet nie eers dat dit die reis is waarop Abba elkeen van ons wil neem nadat ons ‘n ontmoeting met die Kruis van Golgota gehad het en ons tot bekering gekom het nie.

Dis hoekom ek hier is, om mense dit te help vind!

My gebed is dat die platforms waarmee Abba my vertrou sal strek tot die eer van Sy wonderlike Naam en dat dit mense waarlik sal toerus om self ook te wandel in intimiteit met God.

Als wat ek doen, doen ek met hierdie twee dinge in fokus.

Dankie vir julle ondersteuning en gebede.

Liefde in Jesus ons Koning!

Letitia
Dissipel van Jesus Christus | Dissipel-maker
Mattheus 28:19-20

Nuut: As jy graag ‘n video insetsel wou kyk oor die begin en hart van die bediening kan julle gerus hierdie Youtube skakel volg waar ek tydens die lockdown met Izelle van Beeldskoon gesels het. 

ANKER VAN HOOP | INTIMITEIT MET GOD

Hallo daar! 👋

Wil jy graag 'n gids met 10 sleutels wat jou gaan help om te blom in verhouding met God ontvang? Sluit dan vandag aan by ons E-pos Lys. Ons beloof e-posse wat jou inspireer en toerus!

Ons stuur nie rommelpos nie! Jy kan
enige tyd jou subskripsie kanselleer.

VOLG ONS VIR MEER

INSPIRERENDE BLOGS EN GROEI SAAM MET GOD

Ons stuur nie rommelpos nie, jy kan jou subskripsie enige tyd kanselleer.