My hart is verstom
Hierdie wêreld
Ken nie my Pappa nie
Julle het nie ‘n clue
Geen idee
Geen idee
Dit is al wat ek
Oor en oor vir julle wil sê
Ek wil julle amper uitdaag
Ek wil vra wie het die durf
En moed om te kom uitvind
Jy was so verkeerd
Want jy
Dit bly maklik om iemand
Te laster en sleg te sê
Tog het jy nie ‘n idee
Weet jy wat die waarheid is?
Nee
Jy dink net so
Maar jong jy is verkeerd
My God is liefde
Hy is hoop
Hy is waarheid
Hy is alles wat die beste god wens hy kan wees
My God is nie ‘n versinsel of sinnebeeld
Nee Hy is so eg soos ek en jy
Hoe lyk dit
Het jy die moed om te kom vind?
Soveel kere wat mense
So braaf is
Braaf oor wie hulle dink God is
Braaf oor wat hulle van Hom sê
Jong laat ek vir julle vertel
Julle kan maar net wens om te weet
Woorde is nie genoeg
Om my wonderlike God te beskryf
Julle glo so verkeerd
En al hoe julle ooit gaan vind
Is as julle daardie trots en hardheid in julle harte
Buig en sê ek glo soos ‘n kind
Ja sê Pappa
Selfs ‘n kind kan vir jou ore aansit liewe ateïs
Jy het soveel teorieë en redenasies waaraan jy vasklou
Tog sal nie een voor My waarheid standhou
Jy dink jy is dapper
Jy dink jy weet alles
Jy dink niemand kan jou niks vertel
Tog kan jy nie glo … net soos ‘n kind?
Laat Ek jou vertel
Ateïs-kind
Jou Pa weet van jou
Hy nooi jou om te kom vind
Die enigste manier
Hoe My waarheid OOIT
Vir jou oopgebreek sal kan word
Is wanneer jy die hoogmoedige knieë buig
Kom nou kind
Ek nooi jou, Ek daag jou uit
Wees dapper soos jy al te graag bely
Moenie dat jou blaf erger is as jou byt
Amen.