Ek is God
Ek is Koning
Ek is die Ewige EK IS
Ek vra liefste kinders dat julle julle oë op My sal bly hou
Al raak dit hoe donker
In hierdie wêreld
Al raak dit hoe moeilik
Weet asseblief dat Ek julle nooit sal verlaat
Ek gee om oor julle
Sê Vader-God
Soos die beste pa op aarde
Vir Sy kinders omgee
Hoekom so min dit wil glo
Weet Ek nie sê Abba-God
Want julle waarheid
Verander niks aan wie Ek is
Ek was
En Ek sal altyd wees
Die Een wat My kinders liefhet
Die Een wat altyd naby hulle is
Ek weet dis moeilik
Om hierdie waarheid aan te hou glo
Veral wanneer dinge moeilik gaan
Veral wanneer net donkerte julle omring
My liefste kinders
Ek wil hê julle moet weet
Daar gaan ‘n dag kom
Wat Ek al die trane van julle oë gaan afvee
Moeilike swaar tye
Gaan daar nie meer wees
Liefste kinders weet asseblief
Ek is altyd naby jul
Wanneer die vyand
Julle met mooi en ydele woorde
Als leuens wil kom verlei
Hou asseblief aan kyk na My
Liefste kinders
Ek is lief vir julle
So lief
En nooit sal Ek julle alleen los
Al voel dit partykeer so
Al gaan dit dalk nog baie vir julle so voel
Wil Ek hê dat julle
Op die waarheid van My Woord sal bly vasstaan
My Woord kan nie lieg nie sê Abba-God
Daarom liefste kinders
Begin Hom lees
Hou aan
Daarin sal julle sien
En vind
Dat Ek nooit die regverdiges verlaat
Dat Ek altyd by hulle is
Sien sê Abba-Vader
Julle sal vind dat Ek self
Altyd vir die wie in My glo
Die wie My liefhet baklei
Julle hoef nooit oor te gee
As julle aan My kant is nie
Sê Abba
Ek is die Een wat vir My kinders stry
En al raak dit ook hoe moeilik
My liefste kind
Wil Ek vra dat jy My sal aanhou vertrou
Jou oë op My sal bly hou
Ek is lief vir julle
Liefste kinders
Asseblief laat dit julle behoud
Wees en bly
Ek sal altyd-altyd
By julle wees
Ek het julle nie verlaat
Ek is NABY
Amen.