Liewe kinders
Weet julle hoe dikwels
Slip My beloftes deur julle vingers
Alles net omdat julle nie aanhou glo?
Liefste kinders kan Ek vra
Dat julle aanhou glo
Selfs wanneer dit donker en duister is rondom julle
Selfs wanneer dit voel asof dit nooit ooit gaan gebeur
Kan Ek vra liewe kinders
Dat julle sal aanhou glo
Dat julle sal aanhou vertrou
Selfs al sê die wêreld daar is geen ander kans
By My is daar altyd kanse sê Vader
Altyd, soveel
As julle net kon sien die hoeveelheid kere wat Ek staan en wag
En hoop dat julle My Woord en My beloftes met alles in julle sal omvou
Liewe kinders besef julle dat My Woord
Bittermin krag dra
My beloftes ook
As julle nie aanhou om hulle te glo?
Liefste kinders Ek wil vra
Ek wil rerig-erig vra
Dat julle sal aanhou vashou
Dat julle altyd sal aanhou bely
My God is die Belofte-Waarmaker
Dit is wie Ek is sê Vader
‘n Belofte-Waarmaker van elke liewe woord en belofte
Wat julle in My Woord en hart van waarheid sal vind
Liewe kinders Ek wil hê
Dat julle sal aanhou vasstaan
Ek wil hê dat niks en niemand
Julle ooit van julle geloof in My sal beweeg
Sal julle liewe kinders?
Sal julle aanhou vashou?
Sal julle aanhou glo?
Sal julle My tot die einde bly vertrou?
Liewe kinders julle moet verstaan
Julle moet aanhou en altyd bely Ek is ‘n Belofte-Waarmaker
In elke sin van die woord
Altyd en in alles dit is wat ons Vader vra
Liewe kinders asseblief
Asseblief hou aan om My te vertrou
Dit is wat Ek vra liewe kinders
Selfs al tuimel die wêreld en alles rondom jou ineen
Want sê Vader
Liewe kinders My beloftes dra net waarde
Solank as wat julle hulle aanhou glo
Solank as wat julle hulle bly vashou
My beloftes sal nie tot stand kom nie
Sê Vader
Hulle sal nie tot stand kom in julle lewens nie
Want julle wil nie vashou aan hul
Liewe kinders besef julle, weet julle rerig
Hoeveel waarde elke belofte in My Woord bly dra
Soveel oneindige waarde sê Vader
Maar dan moet julle aanhou glo
Liewe kinders dit is wat Ek van julle vra
Standvastige geloof
Geloof wat nie kan wankel nie
Maak nie saak wat die stem van twyfel in jou hart van geloof wil kom saai
Dis wanneer dit donker is rondom julle liewe kinders
Wanneer alles vir julle sê dit gaan nie gebeur
Dis dan wat Ek julle vra, dis dan wat Ek wil hê
Dat julle vas sal bly staan
Onwrikbaar sê Vader
Onwrikbaar in julle geloof van My
Gee vir die duiwel geen voetkans nie sê Vader
Vat liewe kind, vat My op elke liewe woord en sal jy vas bly staan?
Onwrikbaar liewe kinders
Omdat julle weet wie julle bly dra
Onwrikbaar in en tydens elke aanval
Omdat julle weet hierdie God van julle Hy sal julle nooit ooit in die steek laat.
Halleluja! Amen!
Pragtig amen
Sent via my BlackBerry from Vodacom – let your email find you!