Die Koning

Ek glo in God
Ek glo in Sy elke Woord
Ek glo Sy Woord is Waar
Ek glo My God bestaan

Nooit sal ‘n ander
My anders kan oortuig
Hy leef in my
Sy arms dra my

Deur die storms van die lewe
Was Hy nog altyd daar
Hy belowe in Sy Woord
Nooit sal Ek jou ooit verlaat

Wie kan nie in so God glo nie?
Hoe kan ‘n mens bly wegdraai?
My God is Koning
Heerser van die groot heelal

Voor Hom lê ek my lewe neer
My slim plannetjies
My toekoms-planne
Die aftree-oorde ook

Met alles is Hy te vertrou
Want ek weet in Hom
Word ek altyd beloon
Met ‘n vreugde wat in my hart bly woon

My God is groot
Ongelooflik is Sy Naam
Sterk staan Hy in Sy Ewige Oorwinning
Behaal aan die kruis van Golgota

Kom loof en prys Sy Naam
Vir hierdie Koning gee ek
Al die regte op my lewe
Sy heerskappy mag maar woon in my.

ANKER VAN HOOP | INTIMITEIT MET GOD

Hallo daar! 👋

Wil jy graag 'n gids met 10 sleutels wat jou gaan help om te blom in verhouding met God ontvang? Sluit dan vandag aan by ons E-pos Lys. Ons beloof e-posse wat jou inspireer en toerus!

Ons stuur nie rommelpos nie! Jy kan
enige tyd jou subskripsie kanselleer.

VOLG ONS VIR MEER

INSPIRERENDE BLOGS EN GROEI SAAM MET GOD

Ons stuur nie rommelpos nie, jy kan jou subskripsie enige tyd kanselleer.

Leave a comment