Hemelse Vader
Koning Jesus
Maak my hart
Die mooiste deel van my
Mag geen onreg
Daar heers nie
Mag geen hoogmoed
‘n Plek van eer daar kry nie
Mag leuens
Nooit daar koning kraai nie
Mag verdriet teenoor ander
Nooit hul oorsprong daar hê nie
Mag net U daar woon
Mag dit ‘n plek wees waar net U regeer
Mag U lig skyn soos die son
Mag dit in my alle duisternis verdryf
My hart
Maak dit die mooiste deel van my
Mag my hart altyd voor U buig
In nederigheid, opregtheid en trou
My hart
Maak dit die mooiste deel in my
Maak my hart
Ook die trouste deel van my
Mag my hart
Nooit dink aan U in die rug steek nie
Mag my hart
U asseblief ook nooit verloën nie
Mag my hart
Aan U bly vashou
Al sê ander als het reeds vergaan
Al sê die wêreld daar is net nie meer hoop
Mag ek nooit bereken
Of dit nog die moeite werd is
Om aan te hou
Met vas hou
Mag opgee
Nooit ‘n opsie wees nie
Mag die duiwel
Nooit sy sin kry nie
Mag ek altyd vir U lief bly
Mag ek altyd onthou wat U gegee het
U opoffering was nooit te groot nie
Mag dit ook dieselfde wees vir my
Ek hou dan aan omdat ek weet
Wie eerste gegee het
Ek hou dan aan omdat ek weet
U gee U krag aan my
Ek sal U hand bly vashou
Met als wat ek het sal ek vertrou
Al sê ander dat ek nie kan
Totdat U my kom haal
Jesus U is my Koning
U is my Rots
My sterk Anker
My Hoop wat nooit nie sal vergaan.