Hart tot hart met God

Hy is eindelose prag. Ontdek Hom.

📨 Sluit aan by ander intekenare

en ontvang 'n gratis gids met 10 sleutels om jou Intimiteit met God te help blom.

Wie Ek Is

Ek is ‘n doodgewone mens wat die wonder van hartsintimiteit met God ontdek het en ander graag help om dit ook te vind. Daar was ‘n honger in my hart na meer van Jesus en toe vra ek Hom vir meer. So is die blogs Anker van Hoop en King of Kings gebore. Ek het begin om gedigte van God neer te skryf en dis nou al veel meer. Dis ‘n voorreg om my pad saam met Here met julle te deel.

‘n Gebed is dat my en jou bewondering vir God altyd nuut en vars sal bly. Verder is ek lief vir die lewe en so dankbaar vir genade en hoop, waarsonder ek nie kan nie.

Wat Ek Doen

”’…om die gelowiges toe te rus vir hulle diens en vir die opbou van die liggaam van Christus…”

Ek Mentor.

As jy graag ‘n pad met my wil stap wat jou gaan toerus om intimiteit met God te geniet volg asseblief Ekwipt met Letitia en vra vrae!

Ek Praat.

Ek deel graag uit my reis saam met God. Intimiteit met Hom is vir almal wat sal vra na meer. Nooi my gerus, ek kom soos Abba lei!

Ek Skryf.

Die blog is volop inspirasie-stukkies wat vertel van die ongelooflike prag in God se hart. Leer Hom ken, Hy is die mooiste mooi!

Soos verskyn op die blogwerf van:

Gewilde Blogs

Die pad saam met God is ‘n pragtige reis van liefde, deur elke vallei en heuwel van die lewe ‘n proses van meer een word.

Dit is die eer van God om ‘n saak te verberg, maar die eer van konings om ‘n saak na te speur.

Spreuke 25:2

Kies ‘n kategorie:

Potgooi Reeks

Hoe behou ons hoop in donker dae? Vyf-minuut potgooie met raad en stories uit my pad saam met Abba.

Intiem met God

Intiem met God is ons Afrikaanse Youtube kanaal! Life in Victory / King of Kings Blog ons Engelse een. Dis op die twee waar ons tans in 2023 die aktiefste is.

Ja Abba het toe nie net blogs instoor gehad nie maar ook video produksie. Dit kan ek julle verseker was hope werk en leer, oorskiet ook soms maar hier is ons nou. So trots en dankbaar om te kan sê, daar was kwaliteit groei en dis wat tel né!

Aan die begin toe ek ervaar Abba begin die wiel draai in daai rigting het ek redelik gebid en gewonder … was dit rerig die pad? 😉 Vandag kan ek getuig, ook hierin het Hy my gedra. Hy is so getrou met die uitvoer van Sy plan. Soveel van wat Hy my geleer het in die jare se skryf is die boustene van vandag!

Gaan kyk die videos alreeds gelaai! As dit jou aanmoedig in jou groei saam met God vra ek dat jy die like, share en subsribe knoppies gebruik sodat ook andere bemoedig kan word. Die notifications bell sal jou laat weet sodra daar iets nuuts gelaai word, merk hom net!

Bougenote

SAL JY MY ASSEBLIEF HELP OM DIE VOLLE PLAN WAT GOD VIR DIE BEDIENING HET UIT TE VOER?

Die bediening van Anker van Hoop en King of Kings is nie moontlik sonder die ondersteuning van ongelooflike donateurs nie.
Saam is ons sterker! Ek waardeer julle elkeen so baie. Wat ‘n span … ek, julle en God. Dankie Abba! Lees hier meer.

Ekwipt met Letitia

Gedurende 2021 het die Here my gelei om weeklikse Toerus Sessies te doen in die vorm van Facebook Lives. Al daai sessies was oorspronklik gedoen op ons publieke Facebook bladsy maar is later oorgeskuif na ons privaat Facebook groep Ekwipt met Letitia toe waar ek merendeels gefokus het op groep coaching. Julle kan by die geslote groep aansluit om daardie Toerus Sessies te besigtig. Toekomstige groep coaching sal heel waarskynlik weer daarop gebeur, soos Abba my lei en die pad wys deel ek dit met julle daar! Volg vir nou ons publieke Facebook bladsy en veral ook ons Youtube Kanaal waar daar gereeld EKWIPT boodskappe gedeel word. FLOW Aande is ook onlangs begin waar ons LIVE gaan en VLOEI met God se GEES, wees deel daarvan. Dis regtig waar ek ervaar Abba ons nou wil hê … Youtube! Dit is altyd vir my lekker om saam nader aan God en Sy pragtige hart te groei. Hy het gesê … “My kind, equip the saints for intimacy with Me.” Dis wat ek doen, dis die passie en doel van ons platform.

Liefde In Aksie

Waar ons die wêreld prakties, sigbaar en eenvoudig inkleur met die warmte van God se omgee.

Deur die jare het ons al ‘n paar organisasies en projekte ondersteun.

Hoekom hou ons aan daarmee? Want dit is God se hart.

Hy is in die restourasie besigheid van als wat stukkend en vervalle is in hierdie wêreld. Saam met Hom kan ons dieselfde doen.

Weet dit vandag!

Terugvoer Van Lesers


Dankie, ek lees graag weer as jy skryf.

– dr christa

 Jou blog herinner my gedurig aan dinge wat ek misgekyk het…. ek waardeer die ander perspektief oneindig baie.

– aspaai

Baie dankie vir hierdie gedig, dit het my werklik gebless.

– chantal

Dis vir my lekker om te sien hoe jou bediening gegroei het. Hou aan met die goeie werk.

– spokie sny spoor

Wow, baie dankie.

– yolanie

Pragtig, en so waar!

– spokie sny spoor

Baie mooi dankie.

– babsie

AMAZING liewe Letitia! Dis Vader se hart!

– louise

Dankie dat jy jou lekker kry saam met God deel… Dit is mooi en lekker om te sien dat daar nog mense is wat bereid is om dit te deel.

– thomas

Skatkis van Hoop, delf diep.