Louis Botha Kinderhuis


Hi vriende,

Nie seker of julle weet van hierdie kinderhuis nie maar dit was vir Liefde in Aksie – ons praktiese omgee been – so lekker om hulle in April 2019 te kon ondersteun met ‘n finansiële bydrae van R 500.00.

As een van die oudste kinderhuise in ons land doen hulle al vir baie jare wonderlike werk. Hulle maak grootliks staat op donasies van die publiek om hulle werk te kan voortsit. Donateurs wat hulself verbind om al is dit net R100 elke maand te gee verseker dat hulle ‘n vloei van betroubare inkomste het om die kinders te versorg. Hoe wonderlik sal dit wees as ons maandeliks ‘n vaste betaling maak. Ons doelwit!

Gaan kuier asseblief vir hulle webwerf en leer hulle beter ken. 

Dankie vir julle wat in hierdie bediening saai. Dis wat gee-aan-hulle moontlik maak.

Saam hoop ek gaan ons nog baie verfhale van God se liefde en omgee oor die canvas van hierdie wêreld verf.

Waardeer julle!

Liefde,

Letitia

Opwindende nuwe nuus! Ons het sedertien en kon tot op hede elke maand ‘n betaling aan hulle maak. Dankie aan elkeen wat gee vir God se Koninkrykswerk!

ANKER VAN HOOP | INTIMITEIT MET GOD

Hallo daar! 👋

Wil jy graag 'n gids met 10 sleutels wat jou gaan help om te blom in verhouding met God ontvang? Sluit dan vandag aan by ons E-pos Lys. Ons beloof e-posse wat jou inspireer en toerus!

Ons stuur nie rommelpos nie! Jy kan
enige tyd jou subskripsie kanselleer.

VOLG ONS VIR MEER

INSPIRERENDE BLOGS EN GROEI SAAM MET GOD

Ons stuur nie rommelpos nie, jy kan jou subskripsie enige tyd kanselleer.