Ek kan net nie genoeg van U kry
My hart wil aanhou sing
Meer Vader-God
Gee my asseblief meer!
Vader ek wil bid
Dat dit altyd my gebed sal bly
In die storms, in die goeie tye
Vader gee my asseblief altyd meer
Gee my meer van die mooi in U hart
Gee my meer van U omgee
Dat ek rerig sal sien
U is lief vir my
Vader ek weet
En dit is wat my nog altyd dra
U guns is groot
U genade meer as genoeg
Dankie liefdevolle Abba
Vir wie U is
Wat U beteken vir ons
U het U Seun gegee vir jou en my
Ons wil juig en bly wees daarin
Watter ander god het al ooit
Sy liefde so bewys
U gee meer om as wat moontlik is om te weet
Dankie liefdevolle Abba
Vir wie U is
Wat U beteken vir ons
En dat U voorwaar die LEWE is
Amen!