Opstandingskrag

Vreugde-bly het ons Koning
Kom aansteek in my hart
Vure van Lof wat net wil aanhou sing
My Koning leef vir alle ewigheid!

Watter voorreg om ons Skepper
Koning en Verlosser te kan noem
Watter blydskap om te weet
Hy gee hope en hope om vir jou en my

So ‘n voorreg om te weet
Dat ons nie alleen op planeet aarde is
So ‘n voorreg om te weet
Dat Hy beloof het om tot die bitter-einde saam met ons te wees!

Liewe vriende ons Jesus is soveel meer
As mooi woorde
Hy is soveel meer as ‘n kaartjie uit-die-hel-se-tronk
Hy is Lewe, Hy is soveel Hoop!

Hoe hoop ek dat elke mens sal besef
Dat die opwinding om Jesus te ken
En in verhouding met ons Hemelse Vader te loop
Eers by die kruis van Golgota begin

Want dis waar mense stop
By die kruis
Hulle het Jesus ingenooi
Nou wag hulle maar vir die dood om oor hulle lewe te loop

Liewe vriende dit is net die begin
Jesus het gekom vir jou en my
Om elke dag met vure van ewige lof
In ons harte rond te loop

Sien julle liewe kinders
Hoe julle partykeer na die kruis
Die pad goed byster raak
Julle nooi Jesus in om net weer daarna presies soos voorheen te loop

Liefste kind dit is ‘n dag
Wat veronderstel is
Om groot verandering daarna
In julle lewe tegemoet te bring

Dis dan wat julle hierdie begeerte
In julle harte moet kry…
Wat in hierdie wêreld is van Jesus?
Wat maak Hom bly en wat breek Sy hart?

Sien liewe kinders
Wat help dit julle ken My Naam
Wat help dit julle het My aangeroep
Maar julle weet nie wat op hierdie huidige oomblik in My hart aangaan

Liefste kinders My hoop vir julle
Is om te groei in liefde vir My
Om rerig te weet wat verbly My hart
Wat maak My eintlik seer

Julle moet weet My hart vir julle bly mooi
Julle moet besef as Ek iets vra
Is dit eintlik by verre meer
Vir julle eie gewin

Dis op hierdie pad saam met My
Na die kruis
Dat jy sal leer liewe kind
My hart vir jou is en bly mooi

Julle word so bedrieg deur die vyand
Omdat julle hierdie woorde nie waarlik glo
Omdat julle altyd dink
Ek is soos al die ander mense rondom jul

Liefste kinders dit is nie so nie
Hoe wens Ek, Ek kon dit vir julle part glo
Maar Ek kan nie sê Vader, Ek kan nie
Net julle kan dit doen

Kan Ek vra dat jy begin kyk
Na die goedheid van My hande rondom jou?
Die berge, die see en alles daarin
Kan Ek vra dat julle begin luister na die mense se getuienisse rondom jul?

In hulle verhale van My sê Vader
Die pad wat hulle elkeen saam My gestap het
Sal julle sien, ervaar en leer Ek is ‘n getroue God
Een wie julle in en met alles waarlik kan liefhê en dien

Ek is konstant besig om in die harte van My kinders te werk sê Vader
Konstant
Geen mens sal ooit werklik kan sê
Hulle het nie geweet

My waarheid het Ek aan elke mens geopenbaar
My hart vir hulle gewys
Die onus om te glo
Wel dit berus by hul alleen

Liefste kinders Ek vra julle om te glo
Waarlik te glo in die bloed van My Seun
Sal julle sê Vader
Sal julle begin deur verhouding met My te bou?

Elke dag vra Vader
Nie net nou en dan
Die vlammetjie brand al flouer
As jy nie gereeld by My uitkom

Ek wil hê die VLAM moet brand sê Vader
Helder en hoog, Blink en mooi
Dat elke mens met wie jy in aanraking kom kan sien
Aan wie behoort jou hart

Partykeer is julle so slim sê Vader
Julle kies waar en vir wie julle My wil wys
By sekere geselskap pas Ek in
By ander weier jy volstrek om na My te verwys

Dit maak seer liewe kind
Dit maak rerig-erig seer
Dis nie lekker vir My om te weet
Jy wil My altyd net op jou terme dien

Nee dit werk nie so nie sê Vader
Tot vandag toe hou Ek nie ‘n enkele ding in ons verhouding terug
Ek gee jou My alles, wys jou wie Ek is
Tog speel jy daarmee net soos wat dit jou pas

Liefste kinders asseblief
Hou op om julle geselskappe van My te skei
Een dag is Ek baie in
Ander dae weet niemand wie Ek rerig is

Maar dit moet jy weet sê Vader
As jy wil hê Ek moet die begeerte om My
In Gees en Waarheid te dien in jou hart plaas
Kan jy dit doen sê Vader

Jy kan vir My vra
Om die diepte in My Woord met jou te deel
Jy kan My vra om jou Wysheid te leer
Jy kan My ook vra om die skaamheid vir My in jou hart weg te neem

Weet jy hoe Ek dit doen vra Vader
Ek vul jou met My Gees
My kosbare Heilige Gees
Die Een wat veraltyd by jou sal wees

Die Krag van God vandag
Is My Gees in die harte van My kinders
Sonder Hom liefste kinders
Sonder Hom kan julle My nie voluit dien

Vra My dus sê Vader
Vra My om jou met My Heilige Gees te vul
Ek sal liewe kind
Die Krag van God sal Ek binne jou hart plaas

Dis Sy krag wat gemaak het
Dat My Seun uit die dode opstaan sê Vader
Opstandingskrag
Wat al die doodsheid in jou weer kan laat opstaan!

Liefste kinders Ek wil nie hê
Julle moet My met doodsheid dien nie sê Vader
Ek wil nie hê daar moet geen krag en getuienisse wees nie
Hoekom nie vra Vader, want dit is nie wie Ek is nie

Ek is nie ‘n dooie God nie sê Vader
Ek is nou betrokke by die lewens van elkeen van My kinders
Liefste kinders hou vas en hou aan glo
Die antwoord is oppad!

Ek wil nie hê julle moet moed verloor nie sê Vader
Ek wil hê julle moet altyd en altyd aanhou vertrou
Ek sal dit voleindig sê ons liefste Vader
Ek sal dit voleindig vir elkeen van My kinders

Daarvoor bid Ek sê Vader
Dat My kinders sal bly vashou
Dat hulle NOOIT sal moed opgee nie
Dat hulle My ALTYD en ALTYD sal bly vertrou

Want dis Ek sê ons liefste Vader-God
Wat ‘n pad maak in die droë woestyn
Dis Ek wat fonteine skep waar daar nooit eniges was nie
Dis Ek sê Vader, dit is Ek

Liefste kinders asseblief moenie ooit glo
Dat Ek net ‘n god is wat niks omgee
Dat Ek ‘n god is wat jy moet bly dien omdat daar geen ander keuse is
Of ‘n god wat jy moet bly beindruk sê Vader

Dit is nie wie Ek is nie sê Vader
Ek is die een wat agter iemand wat sukkel staan en sê
Liewe kind jy kan, jy kan, moenie moed opgee
Plaas net jou vertroue op My

Ek is nie Een wat mense afbreek nie sê Vader
Ek is die Een wat mense ophou
So nou weet julle liewe kinders wie julle dien en eer
Met die woorde wat julle kwytraak

Oor elke woord gaan julle rekenskap gee sê Vader
So kies hulle versigtig liewe kinders
Kies hulle baie versigtig
Laat toe dat Ek die een is wat julle tonge lei

Ek wil julle na waarheid lei sê Vader
Soveel, soveel waarheid
Het julle geweet liewe kinders
Die bodem van alle wysheid is nog nie gevind?

Ek eer U Abba Vader
Vir wie U is
Die diepte in U hart
Die liefde wat U gee

U maak my hart so bly
Hoe meer ek hoor hoe meer wil ek myself in U verloor
Pappa-Vader ek bid mag elke mens U vind vir wie U is
Mag hulle sien U is altyd van kop tot tone, hart inkluis, BEELDSKOON.

ANKER VAN HOOP | INTIMITEIT MET GOD

Hallo daar! 👋

Wil jy graag 'n gids met 10 sleutels wat jou gaan help om te blom in verhouding met God ontvang? Sluit dan vandag aan by ons E-pos Lys. Ons beloof e-posse wat jou inspireer en toerus!

Ons stuur nie rommelpos nie! Jy kan
enige tyd jou subskripsie kanselleer.

VOLG ONS VIR MEER

INSPIRERENDE BLOGS EN GROEI SAAM MET GOD

Ons stuur nie rommelpos nie, jy kan jou subskripsie enige tyd kanselleer.

0 thoughts on “Opstandingskrag”

Leave a comment