Rescue 1 Borgskappe

Desember 2018 lees ek die lewensverhaal van Lon, ‘n jong meisie gebore aan die buitewyke van Thailand wat basies geforseer is om die sekshandel-bedryf te betree. My hart het begin pyn soos ek besef het dit is die harde werlikheid vir sovele.

Kortom, meisies uit brandarm gesinne word sodra hulle graad 4 of 5 bereik enige verdere finansiële ondersteuning vir skoolopleiding van die regering geweier. Dieselfde geld nie vir seuns nie. Boonop vereis die kultuur van daai geweste dat die oudste dogter van die huisgesin merendeels verantwoordelik is vir die versorging van haar ouers/familie. Dus word vele geen ander keuse gelaat as om by sekswerk betrokke te raak nie.

Maar … daar is hoop! Ons kan hande vat met mense en organisasies wat kinders soos die onder hulle vlerk neem en dan geleentheid gee om wel skool klaar te maak. Sodoende is die kanse vir ‘n ander suksesvolle loopbaan so moontlik.

Hiermee wil ek julle dan graag voorstel aan ‘n organisasie waarvan ek bewus geraak het ‘n rukkie nadat die boek my pad gekruis het …

RESCUE 1

RESCUE 1 RED VERLATE KINDERS WAT IN SEKS MENSEHANDEL VASGEVANG IS VANUIT DIE DONKERSTE PLEKKE IN DIE WÊRELD. HULLE VOED NIE NET HONGER KINDERS NIE MAAR VERSKAF ‘N VOLSORG ONDERSTEUNINGSNETWERK VIR SLAGOFFERS WAT VERSKRIKLIKE TRAUMA OPGEDOEN HET AS GEVOLG VAN HULLE BETROKKENHEID BY DIE BEDRYF. RESCUE 1 IS IN ‘N PAAR LANDE AKTIEF EN EK NOOI JULLE GRAAG OM MEER OOR HULLE TE WETE TE KOM. DIS SO MOOI, DIT WAARVOOR HULLE HUL BEYWER. HIER IS HULLE WEBWERF ADRES: HTTPS://RESCUE1NOW.COM/.

Een van die maniere waarop ons ‘n verskil kan maak saam met Rescue1 is deur BORGSKAP teen 50$ per maand per kind. Nadat jy opgeteken het stuur hulle vir jou ‘n foto en naam van die kind wat jou borgskap red en versorg.

Liefde in Aksie droom daarvan om een en meer van hierdie pragkinders te begin borg. Wanneer jy die bediening ondersteun help jy my daarmee. Jy kan ook direk met hulle in verbinding tree. No problemo!

Mag ons altyd omgee om die wêreld in te kleur met God se deernis.

Waardeer julle!

Letitia

‘Wat sê julle? Hoeveel kinders kan ons borg? ♥ #LaatWeetMy

ANKER VAN HOOP | INTIMITEIT MET GOD

Hallo daar! 👋

Wil jy graag 'n gids met 10 sleutels wat jou gaan help om te blom in verhouding met God ontvang? Sluit dan vandag aan by ons E-pos Lys. Ons beloof e-posse wat jou inspireer en toerus!

Ons stuur nie rommelpos nie! Jy kan
enige tyd jou subskripsie kanselleer.

VOLG ONS VIR MEER

INSPIRERENDE BLOGS EN GROEI SAAM MET GOD

Ons stuur nie rommelpos nie, jy kan jou subskripsie enige tyd kanselleer.