Ek vertel julle graag van Rescue1, ‘n organisasie wat wonderlike werk doen!
Hulle hart is om na die donkerste plekke van die wêreld te gaan met die doel om kinders vasgevang in die gruwel van sekshandel en verlatenheid te red. Hulle hardloop ‘n borgskap en uitreik program wat volsorg ondersteuning bied aan kinders gered uit die kloue van hierdie gevaarlike handeldryf, ontvoering, prostitusie en verwaarlosing.
Gaan kuier gerus vir hulle webwerf om meer inligting te ontvang en ook om betrokke te raak by die borgskap van ‘n kind.
Dankie vir al die ondersteuners van hierdie bediening. Met julle hulp kon ons aan die einde van 2019 Rescue1 se jaarlikse skoolfonds finansieël help aanvul.
Seën julle so baie ryklik vir julle omgee!