Ek was hierdie jaar weereens ‘n vrywilliger by Kempton Park se kamp en was dit net so ‘n belewenis! Met die terugkeer is mens dalk fisies en emosioneel meer moeg as vroeër die week maar die harte is propvol.
Selfs die volwassenes groet met heimweë en prag-herinneringe. Ons sien dalk nie maklik weer die kinders nie maar in ons gedagtes en gebede bly hulle voortleef.
Hierdie kampe het nogals rerig kom nes skrop in my hart. Ek glo in hulle. Abba gebruik hulle om stukkende en seer kinderharte op te beur en hoop te kom plant.
Vir meer informasie kan julle die organisasies sommer direk kontak. Dit is Royal Family Kids en ICY | Influencing Children and Youth.
Baie dankie ook aan elkeen van julle wat deel was van die kamp, of dit nou met gebede of finansies was. Julle deel in die verskil wat gemaak is en die vrug wat voortkom!
Elke kindjie wat op die kamp was is dankbaar. As julle hulle totsiens-briefies of -gesiggies kon lees sou julle saamstem.