Etiket: God+gegewe+doel

  • Restorasie Proses

    Restorasie Proses

    Opgesluite potensiaal
    Soveel van God se kinders
    Hulle sit met opgesluite potensiaal
    Soveel waarde en krag wat in hulle lê

    Opgesluit lê hulle en wonder
    Wanneer, wanneer gaan die mens wat ons dra se oë oopgaan?
    Wanneer gaan hulle besef
    Ons sit in donker en wonder

    Here gebruik eerder ‘n ander een
    Nee My liefste kind
    Dogter, seun
    Dis jy, jy is die een wat Ek wil gebruik

    Waardeloosheid hou My kinders teë
    Hulle meet hulle waarde met hulle treë wat soms verkeerd stap
    Ek wonder
    Hoe lank gaan dit neem sê Abba

    Vir My kinders om te besef
    Die waarde wat hulle het is reeds bepaal
    Bepaal aan die Kruis van Golgota
    Die dag toe My Seun sê

    Pappa Ek sal gaan
    Ek sal hulle gaan haal
    U kinders terugbring
    Vir hulle gaan sê hulle het nie te vêr geval

    Ek sal hulle terugbring
    Herinner aan die woorde wat U gesê het
    Toe U hulle klaar gemaak het
    Dit is baie goed

    Pappa hulle is geskenke
    Geskenke aan hierdie wêreld gegee
    Hulle sien dit nog net nie Abba
    Want hulle hou aan om hulle ore vir die duiwel uit te leen

    Liefste Pappa
    Ek sal gaan
    Hulle terugbring
    Soms gaan dit moeilik wees My Kind

    Hulle gaan jou nie almal aanvaar
    Hulle gaan jou verwerp
    Met hulle tonge uitmekaar skeur
    Hulle gaan so ‘n omgedopte prentjie met hierdie wêreld deel

    Ek is nie goed
    Ek wil hulle net haat
    ‘n Bespotting van hulle maak
    En hulle Hel toe stuur

    So asof dit My die grootste bevrediging gee
    Hierdie wêreld My kind
    Hulle gaan nie vriendelik met jou wees
    Inteendeel jy gaan heelwat kere op jou tande moet kners van pyn en frustrasie, seer

    Hulle gaan nie sien soos Jy sien
    Hulle gaan nie weet wat Ons weet
    Jy sal hulle moet leer
    Ons gaan hulle ‘n Boek moet gee

    ‘n Boek vol van Ewige Waarhede
    ‘n Boek wat hulle sal help sien
    Want soos wat hulle hom gaan lees
    So gaan die skille begin afval

    Een vir een kind
    Een vir een gaan hulle begin val
    En My kinders meer en meer die Waarheid begin leer
    Soos in My hart

    Dis ‘n transformasie proses om soos Jesus te word
    Maar een vir een gaan hulle leer
    Meer en meer
    Ons Lig en Waarheid op aarde reflekteer

    Liefste Seun, liefste Een
    Sal jy gaan
    Sal jy vir hulle gaan vertel
    Ek wil hulle steeds hê?

    Ja selfs al het die wêreld hulle seergemaak
    Selfs al het sy dinge vir hulle kom vertel wat hulle rond-om geglo en van My verwyder het
    Sal jy Seun, steeds gaan
    Al gaan dit vir jou baie seer inhou?

    Seun hulle gaan vir jou seermaak
    Hulle gaan jou liggaam breek
    Fisies Seun gaan jy vermink wees
    Onherkenbaar vir die wat jou gaan ken op aarde

    Kind hulle gaan vir jou seermaak
    Die wraak en rebellie van hulle sondige geaardheid op jou uithaal
    Sal Ek dit kan doen Pappa?
    Sal Ek dit regkry?

    Sal dit nie te veel vir My wees?
    Pappa hoe, hoe gaan Ek dit regkry?
    Dit klink te groot vir My Pappa
    Vreesaanjaend

    Dit maak My skoon bang en benoud
    Hier diep binne
    Pappa hoe
    Hoe gaan Ek dit regkry?

    Dis ‘n groot eina
    Om so ‘n lydingspad deel te raak
    Maar Ek sal gaan Pappa
    Gaan as dit is wat U plan vra

    Ek weet, Ek weet … U sal met My wees
    My kind
    My liefste liefste Seun
    Eersgeborene van God

    Ek gaan die Heilige Gees saam met jou stuur
    Met Sy krag sal jy dit kan doen
    Hy gaan vir jou versterk die kere wat jy nie meer kan
    Of die pad wil loop

    Die Heilige Gees gaan vir jou herinner en help om te onthou
    Als wat ons hier en nou gesê en besluit het
    Jy gaan om My te verteenwoordig
    Okei My kind

    Doen jy net jou beste
    Ek sal die res doen
    Ek sal hulle terugbring
    Een vir een

    Aanhou tot Ek nie meer kan nie
    Jou bloed sal nie verniet vloei nie My kind
    Jou bloed gaan waarde dra
    Tot die bitter end

    Dit gaan seer gesond maak
    Dit gaan wonde heel
    Dit gaan bloed-wit-gewastes maak
    Van die wat swart was van die sondekleed wat hulle dra

    Ja My liefste Seun
    Ons gaan vir hulle nuwe klere vat
    Rein-Gewas, Wit-Soos-Sneeu
    Dis die name wat op hulle sal staan

    Jesus s’n
    Jesus s’n
    Wit gewas, skoon gewas
    Jesus s’n

    Hoekom kinders
    Hoekom sit julle nog met die donker klere van Verwerping en Nie-Goed-Genoeg?
    Trek uit liefstes
    Trek uit daai ou en dooie klere

    Hulle herinner julle net aan wie julle was sonder My
    Trek uit, trek uit
    Begin in julle nuwe identiteit wandel
    Begin ontdek wie julle in Christus is

    Begin vind als wat in en deur Hom moontlik gemaak is My kinders
    ‘n Lewe vol oorwinning
    My Lewe en Lig wat deur jou skyn
    Sodat ons meer mense kan vertel

    Die wonder, die wonder van wie Jesus is
    Wat Hy kom doen het, vir elkeen wat sal glo
    Hom aanneem as Verlosser
    Saligmaker van hulle harte

    Neem afskeid kinders van gister
    Julle hou aan klou
    Aan die vleispotte van Egipte
    Terwyl julle Beloofde Land wag om in besit geneem te word

    Liefstes seblief
    Wees dapper
    Soos Josua en Kaleb
    Hulle het gesê … Ja daar is reuse om te verslaan

    Maar God is groter as hulle
    Ja die verspieders was vol twyfel
    Twaalf het gegaan
    Tien het terug gekom met ‘n negatiewe rapport

    Ja liefstes
    Dis wat julle ook baie doen
    As Ek sê … Kind jy sal moet laat gaan van dit en dit
    Ja julle wonder reeds … nee ek sal nie, nee ek wil nie

    Kind kan Ek net sê
    Jy kan jou nie in Egipte en die Beloofde Land op dieselfde tyd bevind nie
    Dis een van hulle
    Nie albei

    Maak seblief die keuse
    My kind
    Om deur die Rooi See te trek
    Laat jou doop

    Maak daai doelbewuste besluit
    Vandag trek ek en ek kom nie weer terug
    Ek gaan daai nuwe pak klere waarvoor Jesus betaal het aantrek
    Ek gaan skitter en blink daarin!

    Ja liefstes
    Laat julle doop
    Laat julle gevul word met die krag van My Heilige Gees
    En julle sal sien hoeveel makliker die pad raak

    Nooit sonder stampe en stote
    Maar met ‘n aanhou wat julle sal verstom
    Kom kruip weg My kinders, kom kruip weg by My
    Ek is die Heilige van Israel

    Die Hoogste God, die Hoogste Een
    Verheerlik My dan asseblief met julle lewens kinders
    Verheerlik My met die teruggee van julle lewens
    Met die vertroue en hoop wat julle in My stel

    Julle is gemaak vir groter dinge kinders
    As waarby julle bly
    Soos hoenders bly julle pik tussen die aardse
    Terwyl hemelse vlugte op jou as arend wag

    Kom My kinders
    Kom lig daai kenne
    Begin besig raak met die dinge van die Gees
    Daar waar Lewe en Lig lê

    In verhouding met My
    Die gordyn is geskeur
    Alle skeiding verwyder
    Tussen My en jou

    Kom deur Jesus
    Sy wonde het betaal
    Geen ander het Sy las gedra
    Geen mens kan die eer daarvoor kry

    Ek is die Een
    Wat die sleutel van die Hemel hou
    Kom sluit oop die deur daarna
    Met jou oorgawe aan My

    Leer My ken liefste
    Die Een wat gekom het
    Sodat God se kinders
    Weer Syne genoem kon word

    Identiteit en Waarde is herstel
    Die restorasie-proses in plek gesit
    Die dag toe Jesus sê
    Dit is volbring

    Hou aan kinders
    Hou aan om Hom Heer en Meester te noem
    Hy is dit waardig
    Net Hy, net Hy

    Het met Sy bloed betaal
    Kosbare bloed
    Die bloed wat nooit sy krag sal verloor
    Vind jou identiteit daarin

    In Jesus se Naam, Amen.