Etiket: Inspirasie

  • Hoop vir jou dag! 🍁

    Hoop vir jou dag! 🍁

    Partykeer as die lewensstorms woed en ons kry net nie gewen in hierdie aardse stryd wat mens DIE LEWE noem nie is dit menslik, so menslik om te begin twyfel aan God se daar-wees. Want. ‘n Mens kry Hom en Sy nabyheid net nie gevoel nie. En ons wil so graag daai sekerheid hĂȘ in die Hy-voel-so-vĂȘr en asof-Hy-glad-nie-omgee-nie.

    Ek het al so gevoel. Alleen en heeltemal verlate. Ja God-verlate. Maar dan … saggies … hoor ek hoe Sy Gees kom herinner … Het jy jou Woord gelees? Sal jy onthou … dit sĂȘ … Al gaan jy deur dale van doodskaduwees, Ek sal by jou wees. Al wil die waters jou boot binnestroom en oorstroom, al wedywer die oondvure om warmer as mekaar te wees … hulle sal nie die oorhand kry.

    Die Woord sĂȘ ook … God Sjamma … God Altyd daar. Dis een van Sy kosbare name. Weet dit vandag liewe kind van die Almagtige. Jy mag hoe alleen VOEL maar dis net nie waar nie want GOD se WOORD kan nie jok nie en dit beloof … Ek sal jou NOOIT begewe of verlaat nie (HebreĂ«rs 13:5).

    Ek dink dis waar geloof inkom. Ons moet glo. Dit wat ons nie kan sien of noodwendig ervaar nie (Hebreërs 11:1). Dis hoe ons geloof sterker spiere bou. Weet dit vandag liewe boetie en sussie, jou glo, dit is die moeite werd.

    🍁 GeseĂ«nd is jy!

    Die woorde van die Here is rein woorde, silwer wat gelouter is in ‘n smeltkroes in die aarde, gesuiwer sewe maal.

    – Psalms 12 vers 7. #onskangodmaarglo #godismeerasonsemosies
    Ek nooi jou graag om ons ook op Facebook te volg as jy sou belangstel.
    Partymaal deel ek prentjies, ens. daar wat ek nie alles hier op die blog plaas nie.
    En ook andersom. Hulle werk maar so hand aan hand! ♄
  • Swaar word soet

    Swaar word soet

    Dis so swaar
    Om aardse laste te dra
    Dis dikwels so moeilik
    Net om kop bo water te hou

    Tog hoor ek so so gereeld
    Die woorde van ons Abba-Vader
    Wat sĂȘ
    Kind vertrou My

    Oe kind van Pappa
    Ek weet
    Ek weet dis dikwels so swaar
    As dit voel asof jy dit net nie regkry

    Oe kind van God
    Ek weet, Ek weet
    Dis swaar om na My te bly kyk
    As daar soveel disruptions is wat jou aandag aftrek

    Oe kinders sĂȘ Daddy-God
    Julle moet na My bly kyk
    Deur die sukkel en swaar
    Deur die moeilik regkry

    Ek wil vandag net vir julle sĂȘ
    Kind van Abba-God
    Julle moet aanhou na Bo kyk
    Julle moet vertrou dat Ek van beter weet

    Daddy se kinders
    Kinders van My hart
    Asseblief kom luister vir My
    Daar is iets gouds wat Ek met julle wil deel

    Kinders sĂȘ Daddy
    Asseblief
    Julle moet My bly vertrou
    Selfs as dit baie donker om jou is

    Sien sĂȘ Daddy-God
    Veral dan
    Veral dan liefste kinders
    Veral dan

    Moet nooit opgee nie
    SĂȘ Daddy-God
    Op die moedeloses onder julle
    Nee liefste kinders, moenie

    Hulle het nog nie geleer liefste kinders
    Dit wat Ek vir julle kon leer
    Daarom moet julle altyd bly sĂȘ
    Daar is hoop

    Ja liefste kinders
    SĂȘ Abba-God
    Laat toe dat Ek julle wys en leer
    Daar is altyd hoop

    Die wat moedeloos is van hart
    Kinders
    Kyk op
    Asseblief kyk op

    Ek weet dis dikwels swaar
    Kinders Ek weet
    Julle wil dikwels nie eers julle kop oplig
    Maar kinders probeer

    Ja liefste kinders
    Daddy is groter
    Dis hoe julle dit regkry
    As julle dit glo

    Julle moet asseblief
    Nooit opgee op My
    Nee kinders asseblief
    Dit hoort nie so

    Solank as wat Ek
    Julle hoop is in die lewe
    Kinders sal daar
    Altyd hoop wees vir julle

    Julle sal nooit kinders
    Hoop-verlore wees
    As julle vir My bly kyk
    As julle bly glo dat Ek in beheer is

    Hou julle oë op die regte plekke
    Liefste kinders
    Hou dit op die regte plek
    Ek en Ek wat deurkom vir julle

    Ek weet en Ek besef
    SĂȘ Daddy-God
    Dis dikwels vir julle moeilik om te bly doen
    Maar dis wat julle moet doen

    My liefde en genade kind
    Dit is wat jou
    Deur die moeilikste omstandighede van jou lewe
    Sal bly dra

    Kyk net altyd op
    Liefste kinders
    Na My
    En kyk hoe daardie hoop nuwe lewe kry

    Kinders sĂȘ Daddy-God
    Saam met My
    Sal geen-geen situasie ooit
    Sonder hoop kan wees

    Nee liefste kinders
    Dis omdat Ek saam met My altyd hoop saambring
    Altyd, altyd sĂȘ Daddy-God
    Dis net wie Ek is

    Party mense sal sĂȘ
    Ek is van hoop aanmekaargesit
    Kinders dit is nogals so
    SĂȘ Daddy-God met ‘n glimlag

    Oe kinders sĂȘ Daddy-God
    Oe kinders
    Ek wens julle kon sien
    Wat Ek alles kan vermag

    Oe kinders
    SĂȘ Daddy-God
    Die grootste wonderlikste goed
    Ek wens julle wou glo

    Kinders dis wanneer
    SĂȘ Daddy
    Daai hoop in julle harte begin groei
    Dat julle My waarlik vir groot goeters begin vertrou

    O ja kinders
    SĂȘ Daddy-God
    Ek wens julle kon sien
    Wat Ek met julle wildste verwagtinge kan doen

    Kinders
    SĂȘ Daddy-God
    Ek kan julle wildste verwagtinge oortref
    By vĂȘr

    Oe ja kinders
    SĂȘ Pappa-God
    Ek love dit om groot te droom
    Dis van die goeters wat Ek die heelbeste doen

    Ja-nee kinders
    Ek hou baie daarvan
    Om dinge in die oortreffende trap te doen
    Veral wanneer dit kom by vertroue in My

    Oe kinders
    SĂȘ Daddy-God
    Ek’s in baie van die kosbare klein oomblikkies op aarde
    Maar ook in daardie oomblikke wat julle asems totaal wegslaan

    Ja liefste kinders
    Daai tye wat julle te oorstelp is om iets te sĂȘ
    En net een ding kan uitkry
    Wat, wat, w-a-t?

    Oe kinders
    SĂȘ Pappa-God
    Ek is in die groot goeters ook
    Daardie goeters wat dikwels aan julle lewensdeure kom klop

    Kom ons sĂȘ maar net
    SĂȘ Daddy-God
    Ek is die God van wonderwerke
    Die kleintjies en grotes ook

    Oe kinders
    SĂȘ Pappa-God
    Dis dikwels wat My verrassings
    Mense totaal verstom

    Ja hulle sien dit nie altyd kom
    My mensekinders hier op aarde
    Hulle sien nie altyd kom
    Hoe baie lief Ek hulle het

    Want ja sĂȘ Daddy-God
    Dis dikwels
    Hoe Ek My kinders verras
    Met liefde-geskenkies wat aan hulle deur kom klop

    Pappa se kinders
    Asseblief luister vir My
    Ek is by julle
    Nie om julle ooit te verlaat

    Julle liefde vir My was diep sĂȘ Daddy
    Deur die jare het julle dit so bewys
    Die kere wat Ek gevra het, het julle gedoen
    Die kere wat Ek gesĂȘ het wag, gewag

    Oe Pappa-God se kinders
    My liefste-liefste kinders
    Die beloning is groot
    Wat op julle wag

    Moenie moed-verloor
    Seun, dogter van Pappa-God
    Ek is by julle
    Julle sterk Rots

    Bly op My staan
    Kind van God
    Moenie dat iets jou laat wegbeweeg
    Wag op My

    My tyd sĂȘ Daddy
    Is perfek
    Kinders Ek wil hĂȘ julle moet dit glo
    My waarlik vertrou

    Oe kinders sĂȘ Pappa-God
    Nog net ‘n entjie
    Sterk-wees
    Amper is ons daar

    Kinders
    SĂȘ Daddy-God
    My geskenk aan julle gaan julle verstom
    Julle kan maar nou alreeds dankie sĂȘ

    Oe Pappa-God se kinders
    My kinders
    Hou net vas
    Vaster aan My

    Ek’s besig kinders
    Ek’s so besig
    Vertrou My net
    Wag op My

    My liefde is genoeg
    Liefste kinders
    Julle kan op My bly staatmaak
    Ek sal julle nie in die steek laat

    Dis omdat Ek altyd getrou is
    Kinders
    Dat julle kan aanhou
    Om My te vertrou

    Kinders sĂȘ Pappa
    Kyk net op
    Kyk net op
    En hou aan … dankie sĂȘ

    Die oorwinning is oppad
    Dis so te sĂȘ hier
    Kinders moenie opgee op My
    Asseblief … Daddy vra mooi

    Vertrou My
    Dis Daddy se vra
    Nog net ‘n klein entjie kinders
    Amper-amper is ons daar

    Amen.

  • Horisonne

    Horisonne

    Daar’s ‘n skat
    Diep in my hart
    So kosbaar is dit vir my
    Die plekkie waar my God woon

    (meer…)

  • Vlamme van hoop

    Lang jare
    Vriend en vriendin
    Was ek ook verlore
    Toe bring Jesus my in

    (meer…)

  • Een groot avontuur!

    Die mooiste lesse
    Kon ek al leer
    Dat Jesus getrou is
    Selfs al is Sy tyd nie myne

    (meer…)

  • Geanker

    Geanker

    Wie is die een
    Wat ons in die donkerste nag kan bly vertrou?
    Kind van God ek wonder
    Weet jy wie dit is?

    (meer…)

  • Dankie Daddy

    Dankie Daddy

    Genade-groot
    Is altyd so bereid
    Om ons elkeen te kom haal
    Om ons lief te hĂȘ

    (meer…)

  • Beloofde land

    Liefste mooiste Pappa
    Dankie vir U wonderlikste liefde
    Wat nooit, nie eers vir ‘n oomblik
    Sal opgee op my

    (meer…)

  • Laat die skanse val

    Ek wag vir jou kind
    Ek wag altyd vir jou
    Dankie dat jy opdaag liefste kind
    Dat jy altyd kom hoor

    (meer…)

  • Liedjies se oorgee

    Ek gee oor
    Aan ‘n goue hart
    Dankie Pappa dat dit is
    Wie U is, goud

    (meer…)

  • ReĂ«nboĂ« van hoop

    Bring My ‘n hart wat glo
    SĂȘ Abba
    Rerig glo
    En kyk wat Ek daarmee kan doen

    (meer…)

  • Altyd-altyd

    Ons God kan ons altyd
    Vertrou
    Altyd-altyd
    Al sĂȘ die wĂȘreld wat

    (meer…)