Tyd van perfeksie

Kind van Abba-God
Moet nooit opgee
Dit is goue raad
Nie altyd maklik om reg te kry

Ja kind van God
Sê Abba se kind
Ek weet hoe dit is
As swaar aan jou deur kom klop

Ek weet sê Pappa-God se kind
Hoe dit is en hoe dit voel
Om met ‘n belofte van God
In jou hart rond te loop

‘n Hartsbelofte
Waarvan die vleeslike realiteit sê
Nee wat gee maar op
Dit gaan nooit gebeur

Ek weet hoe dit is
Liefste kind van Abba-God
Om te voel
Asof jy net in ongeloof vas kyk

Ek weet kinders van Abba-God
Hoe dit is sê Abba se kind
As moed-verloor so naby lê
As jy rerig begin voel dalk moet ek dit oorweeg

Tog weet ek ook
Liefste kind van Abba
Boetie en sussie van my
Hoe dit voel as God self die stuurman van Sy belofte in jou hart is

Ek weet kind van Abba-God
Hoe dit voel
As die Here sê
Nee liefste kind jy kan, jy moenie opgee

Jy weet liefste kind van Abba
Daai fluisterstem
Wat vir jou sê
Kom ons probeer net weer

Liefste kind van Abba-God
Sê Daddy se kind
Ek weet hoe dit voel
As God self Sy belofte in jou hart bewaar

Ja liefste kinders van Abba
Sê God se kind
Ek weet hoe dit is
Want ek ervaar dit al vir soveel jare

Die kere wat ek sê
Nee nie meer
Die kere wat ek uiter
Daddy hoeveel meer?

Ek ken die swaar
Ek ken die seer
Van uitstel
Daai wonder van gaan dit ooit gebeur?

Ek wonder maar net
Sê Abba se kind
Ken jy dit dalk ook?
Het jy raad daarvoor?

‘n Goddelike geduld
Het in my hart begin groei
‘n Geduld wat begin sê het
Kind wag net op God se tyd

Sy tyd is so perfek
So perfek vir elkeen van Sy kinders
Sy hart en karakter so suiwer
Ons kan Hom waarlik vertrou

Sien sê Daddy se kind
Ek weet nie van jou
Maar vir my was dit nie
Die maklikste om te leer

Oe nee, oe nee
In die begin het ek so geskop en gestoei
Daddy ek wil dit nie so hê
Hoekom moes dit so wees?

Oe deur die baie jare van wag
Vir my belofte om waar te raak
Het ek dit al soveel kere gevra
Het ek rerig al baie daaroor gewonder

Maar kind van God sê Daddy se kind
Ek wil net vir jou sê
Skop en boks help niks
Nie as jy bo alles in God se wil wil bly

Want sien sê Pappa se kind
So deur die jare
Het ‘n diep aanvaarding
In my hart begin wortel skiet

God weet wat Hy doen
Ek moet net vertrou
Sien Daddy-God se kinders
Vandag wag ek steeds vir Daddy-God se volle plan om te ontvou

So deur die jare sê Pappa se kind
Het ek al flitse ontvang
‘n Ietsie hier en ‘n ietsie daar
Oor wat die toekoms inhou

Ek dink Pappa-God het dit gedoen
Om my te help nie moed-opgee
Ek dink Hy het daarmee
Hoop in my hart kom inbou

Vir baie jare sê Daddy-God se kind
Wag ek al
Vir my belofte van God
Om sy vervulling te ontvang

Wanneer vra ek baie
Wanneer Pappa
Wanneer?
Dis nou as ek nie vir Abba-God bly kyk

Soveel kere het ek al fokus verloor
God se kind gebeur dit dalk ook met jou?
Dat die belofte groter raak as jou God
En dan al is wat jy raaksien

Oe ja ek weet sê Abba-God se kind
Hoe dit is
Hoe dit voel
Ek was al baie daar

Die kere wat ons so ‘n hoop en verwagting bou
Op ons belofte wat moet waar raak
Dat ons vergeet
Om ons oë op God te hou

En sien Daddy se kinders
Dit kon ek al vind
Dit is waar ons moed-verloor met ons belofte
Dis waar ons begin dink aan opgee

Pappa se kinders
Ons moet dit nie meer doen
Ons moet versigtig wees
Dat ons nie vir twyfel en vrees so ‘n deur oopmaak

Oe Pappa se kinders
Ek wou maar net vir julle sê
Kom ons wees en bly sterk in God
Veral in daai tyd van wag vir dit om te gebeur

God se beloftes
Kan nooit ooit groter wees vir ons
As God self
Nee Hy is die mooiste een

So kind van Abba-God
Kan ek jou net vandag bemoedig
Vat dit van ‘n sussie in Jesus
God is vir ons

Ja veral in die tye
Wat dit so moeilik is om te glo
Veral in die kere
Wat die realiteit van ons situasie iets anders van ons vra

Kinders van Abba-God
Dit is wat geloof behaag
Ja kinders van Abba-God
Wat Sy Woord glo

Oe dit bly
Die mooiste mooi vir geloof
As ons glo
Dit wat ons nie met die oog kan sien

Tog bly dit die swaarste swaar
Vir geloof
As ons nie glo
Dit wat ons nog nie kan sien

Sien Abba-God se kinders
Daddy vra een ding van ons
Bly vertrou My Woord is waar
Selfs as soveel ander iets anders van jou vra

Deur die jare
Kinders van Abba
Moes ek dit op die harde manier leer
Die manier wat maak dat mens dit nie kan vergeet

Ek wil jou dus maar net aanmoedig
Liefste boetie en sussie
Bly vertrou
God weet wat Hy doen

Sy tyd is gewoonlik nie ons s’n nie
Maar dit is die beste tyd
Dis een van die dinge wat ek moes leer
Dat Daddy ALTYD van beter weet

So deur die jare
Het die besef ook al gegroei
God is by my en Hy gee altyd om
Maak nie saak of die wêreld se dinge ook so sê

So dankbaar is ek tog
Sê Abba-God se kind
Vir elke goue les
Wat ek al saam met Daddy kon leer

Al was dit beslis nie maklik
Weet Ek nou
God is by my
Om My nooit ooit te verlaat

Sy liefde is so groot
En deur die jare
Het ek dit beslis
Op dieper en mooier maniere gesmaak

En sien kind van Abba-God
Dit maak die wag die moeite werd
Nie omdat ek noodwendig daarvan hou of dit verkies
Maar omdat ek al kon sien waarvoor God dit draai

Die mooiste lesse
Sê Abba-God se kind
Is in die wag-periodes van die lewe te leer
Dit het ek al gevind

Dis hoekom baie kere
As ek voel ek wil begin boks en skop vra
Daddy help my asseblief hierdeur
Help my om op U tyd te wag

Want sien Abba se tyd is altyd
‘n Tyd van perfeksie
‘n Tyd waar jy niks
Hoef by te voeg of weg te laat

En sien
Dis vir daai tyd wat ek wag
Ek wou jou maar net aanmoedig
Kom wag saam met my

Daar’s baie kinders van Abba-God
Met beloftes van Bo in hulle harte
Moenie opgee op hulle nie kinders van Abba
Hou vas aan hulle elkeen

Dis hoe hulle gebeur
Dis hoe hulle vervulling ontvang
Ons wat aanhou glo
Ons wat nie een keer op hulle opgee

Kinders van Abba
Sê Daddy se kind
Ek vra julle dus
Glo julle dis die moeite werd?

Hou dan aan boetie, sussies
Om vir jou belofte
Te bly intree
Ja baklei vir hom met die wapens wat Jesus gee

Staan op hom kind van God
Bely dit is waar, dit is so en dit gaan gebeur
Spreek lewe en nie dood
En voor jy weet het jou perfekte tyd aangebreek

Nooit ooit sal ek sê sê Abba-God se kind
Dat dit maklik is
Tog glo ek met elke stukkie in my
Dit is die moeite werd

Oor en oor en oor en oor
Dit is wat ek glo
Ek gaan sê
Die dag wanneer God se dag van vervulling vir my aanbreek

Tot dan
Kinders van Abba
Kom ons hou aan
Kom ons hou aan om te glo

Geloof eer God altyd
En ons gaan so die vrugte smaak wat glo-God inhou
Ja so selfs al kom die werklikheid se leuens
Sal ek steeds in geloof vashou

Want ek weet en ek glo
Met alles in my
Van dag een af
Het God aan my belofte gebou

Ja van dag een af
Toe ek nog nie lekker geweet het
Is dit God
Of verbeel ek my?

Nee Daddy se kinders
Nee jy sal weet
‘n Belofte wat God plant
Hy sit baie diep

Geen mens kan hom daaruit help
Geen mens kan hom wegvat
Nee net ons wat ons rug
Op God en Sy wil vir ons draai

Moet dit dan asseblief nie doen nie
Kinders van Abba
Dis die moeite werd
Om op ‘n belofte van God te wag

My hart gaan dit nog proe
My lewe gaan dit nog smaak
Ek profeteer en spreek dit oor my lewe
Die dag as God se tyd-van-belofte vir my aanbreek

Tot dan
Liefste kinders van Abba
Moet ons aanhou om die pad van geloof
Saam met God te loop

Ons moenie ophou vertrou
Ons moet aanhou glo
Die kere wat dit moeilik raak
Bly bid en kyk na Bo

Dis hoe ons deurtrek
Kinders van Abba-God
Dis hoe ons sterk word in geloof
Dis hoe geloof die mooiste vrugte in ons lewens voortbring

Hou aan glo
Kind van God
Hou net aan glo
Die donker dae kom, maar die mooies ook weer

Elke seisoen is nodig
Kind van God
Om die mooiste eienskappe in ons lewens in te bou
Kom ons sê nie nee dankie daarvoor

As ons kon sien
As ons net wou begin glo
God kan selfs die verkeerd gebruik
Om mooi in ons lewens te bou

Dis hoekom kinders van Abba
Daar altyd vir die uitgeworpenes
Verkeerdes en die sonder hoop
Hoop sal wees

Ja-nee
Niemand is te vêr van God
Niemand, niemand
Nooit nie

Altyd-altyd is daar hoop
Vir ‘n nuwe begin
Vir nuwe glo
Vir die wat nie opgee

Kinders van Abba-God
Kom
Kom glo asseblief
Dat God vir jou is

Deur die donkerste nagte
Sal hierdie woorde hoop aan jou hart gee
Veral as jy dit glo
Veral as jy vashou aan hulle

Kom kind van Abba
Kom
Jy wat vashou aan ‘n belofte van God
Kom ons druk deur

Deur saam met God
Tot ons die oorwinning smaak
Is dit nou ‘n belofte van God uit Sy Woord
Of een wat Hy kom bêre het in die dieptes van jou hart

Hou aan glo
Hou aan glo
Moenie kind van God
Asseblief, ooit op een opgee

Amen.

ANKER VAN HOOP | INTIMITEIT MET GOD

Hallo daar! 👋

Wil jy graag 'n gids met 10 sleutels wat jou gaan help om te blom in verhouding met God ontvang? Sluit dan vandag aan by ons E-pos Lys. Ons beloof e-posse wat jou inspireer en toerus!

Ons stuur nie rommelpos nie! Jy kan
enige tyd jou subskripsie kanselleer.

VOLG ONS VIR MEER

INSPIRERENDE BLOGS EN GROEI SAAM MET GOD

Ons stuur nie rommelpos nie, jy kan jou subskripsie enige tyd kanselleer.

2 thoughts on “Tyd van perfeksie”

Leave a comment