Geregtigheid en trou
Is die fondasie van ons God se Troon
Heilig en trou is Hy in al Sy weë
Geen ander God kan ooit met Hom vergelyk
Hoekom glo julle al die ander gode altyd bo-oor My?
Ek verstaan dit nie sê Vader
Ek is die enigste een van al die gode
Wat baie meer as net ‘n flenter vir jou omgee
Liefste kinders asseblief kan Ek julle vra
Om julle opinies oor My vir eens en altyd neer te lê
Julle ken My nie sê Vader
Alles wat julle van My glo is hoorsê
Dit is sommer nonsens liewe kind
Rerig-waar
‘n Mens kom net so vêr
Deur leuens van iemand anders te bly glo
Daar kom ‘n tyd sê Vader
Waar hierdie hele wêreld voor My aangesig sal moet buig
Waar elke hart en tong gaan bely
Voorwaar Hy was die enige, ware God o ja!
Liefste kinders Ek wil nie hê
Dat dit dan eers die 1ste keer sal wees
Liewe kinders Ek is Ewige Waarheid
Laat My toe om julle te leer
Hou op om skaam te wees vir My sê Vader
Rerig dit raak nou bietjie afgesaag
Jy wat My party kere wil ken
En ander kere niks van My wil weet
Dink julle liewe kinders dit bly vir My lekker
Om altyd by die agterdeur van julle huise te bly staan?
Dit is nie vir My lekker nie liewe kinders
Net soos julle wil Ek ook graag verwelkom word by die voordeur
Dit is sommer nonsens hierdie sê Vader
Dat julle altyd bereid is om soveel ander dinge bo My te glo
Dit maak My hart seer sê Vader
Dit is net nooit baie lekker vir My om al die leuens aan te hoor
Liefste kinders daar is een boodskap
Deur al die eeue heen
Bly hy Tydloos
My Seun het Ek gestuur sodat ons twee weer verhouding kon bou
Julle het sulke soete waarhede
Teorieë, slimhede vir julle self gebou
Soveel ander dinge
Sodat julle net nie hierdie eenvoudige boodskap hoef te glo
Liefste kinders aansien en hoogmoed
Luister vir My dit kom tot ‘n val
Jy sê jy is te goed om hierdie waarheid te glo
Kyk liewe kind na My Seun in ‘n krip is Hy neergelê
My Seun was nie te goed vir nederigheid nie
Hoeveel te meer nie jy?
My Seun was die minste van alle mense
Sodat Hy andere na My kon lei
Liefste kinders Ek wil vra
Dat julle nooit van die krip sal vergeet
Dat julle altyd sal onthou
My Seun het tot op die einde ‘n dienaar van almal gebly
Sien jy sê Vader dat Ek jou niks vra
Wat My Seun nie self gedoen het nie
Ek het Hom gevra Liefste Seun
Asseblief gaan wys vir hulle wie Ek rerig is
Ek het Hom beloof Ek sal Hom bly dra
Tot die einde by Hom wees
Hy het geweet Hy kan bly vertrou
Hy het geweet Ek sal Hom nooit in die steek laat
Sien julle liefste kinders
Hoe julle altyd alles wat sleg is van My glo
Tot vandag toe glo julle dat Ek soos alles en almal rondom julle is
Bedrieglik in al My weë
Ek is nie soos dit nie sê Vader
Ek is ewig volmaak
Ewig skoon en rein
Geen stukkie duisternis sal ooit in My hart woon
Ewige Lig, Ewige Waarheid dit is wie Ek is
Liewe kind Ek wil hê jy moet weet
Dit is presies hoe jy My sal vind
As jy waarlik wou kom uitvind
Soveel leuens oor My
Soveel leuens bo My
Julle is omring met soveel leuens
Julle sukkel om die waarheid in julle midde te vind
Liefste kinders Ek wil hê julle moet laat gaan
Van alles wat sê Ek is nie die Ewige God
Julle opinies, julle oortuigings
Alles wat julle soveel kere geniet
Liewe kind daar is nie meer tyd
Vir lou lewens leef
My Seun gaan terugkom
Sê My is julle gereed?
Liewe magtie liewe kinders
Julle kan mos nie aanhou
Om alles anders bo My Wil
En My plan vir jul lewens te plaas
Wat help dit liewe kinders
Julle word elke naweek dronk
Wat help dit julle wil konstant van julle sorge vergeet
Liefste kinders kom volg My manier en sien hoe hulle soos mis voor die son verdwyn
Besef jy hoe lig jou laste raak
Wanneer jy bereid is om hulle
Met die Koning van die Heelal te deel?
As jy Hom vra om jou te help om daaraan te dra?
Maar dan liewe kind
Dan moet jy asseblief nie enige selfsug in jou hart ronddra
Want hoeveel kere liewe kinders
Hoeveel kere vra julle net vir julle eie gewin
O Here help my gou hier
O Here help my gou daar
Ek is soos ‘n kind wat jy hiet en gebied
Hier is U nodig o Heer maar o nee net nie daar
Liefste kinders dit is nie waarvoor Ek gekom het nie
Ek het gekom om jou ‘n nuwe manier te leer
Jou ‘n beter mens te maak
As wie jy binne is
Liefste kinders asseblief
Ek verwag nie ‘performance’ nie
Ek verwag ‘n hart wat wil groei
In die liefde wat Jesus vir my het
Besef jy dat die liefde
Wat Ek in My hart vir jou koester
Besef jy dat dit die geneesmiddel is vir jou siek beendere
Van dit wat stukkend en gebroke is binne jou?
Liefste kind besef jy
Dat Ek jou hart wil genees?
Ja liewe kind van die seer wat jy nou ondervind
En ook die van destyds
Julle glo so gereeld
Ek moet vir myself baklei
Ek moet self my laste dra
Hoe verkeerd het die wêreld julle geleer
Liewe kinders besef asseblief
Hoor My woorde
Dit is nie nodig dat julle so negatief en swartgallig
Deur die lewe gaan
Daar is ‘n beter manier, die beste manier was nog altyd
Om My ten volle deel van jou lewe te maak
Nie voorgee nie liewe kind
Maar totale oorgee
Ja liefste kinders Ek wil julle alles wees
Hoop en uitsien vir elke dag aan julle gee
Hoekom liefste kinders is dit altyd so moeilik
Om die goed van My te glo?
Hoe kan julle aanhou glo
Dat die God wat Sy Seun gegee het
Iewerste Sy mes in het vir julle
Dat Ek gereed staan om julle oor My skoot te trek?
Ek wil hê dat julle eerste en altyd sal onthou
Dat Ek die God
Van Ewige Liefde is
Was en sal altyd wees
Julle moet altyd vanuit hierdie oogpunt
Na alles rondom julle kyk
As God straf
Dan is dit verseker verdien
Liefste kinders Ek wil hê julle moet glo
Dat My barmhartigheid groter is as My straf
Ek wil hê julle moet altyd weet Ek kyk nie neer op jul
My hart is altyd om julle konstant op te bou
Ja as daar lesse is wat julle moet leer
Glo My sal julle dit beslis leer
Maar Ek wil hê liewe kind jy moet altyd weet
Ek is baie naby aan jou
Ek is nie vêr wanneer julle lesse leer nie
Ek is baie naby sê Vader
Ja liewe kind Ek is die een wat seker maak
‘n Geknakte riet word nie afgebreek
Liefste kinders die vlammetjie
Wat baie flou in julle harte vir My brand
Gaan die duiwel uitblus
As julle nie begin om My Woord daadwerklik te glo
Hoe stewig dink jy
Gaan jou voete bly staan
As hierdie wêreld nog meer verswak
As hierdie wêreld deur nog dieper storms gaan?
Nee sê My liewe kind
Jy moet weet
Jy moet weet wie jou anker is
En waar jou vertroue rerig lê
Lê dit in jou stewige bank balans vra Vader
Lê dit in jou werk of waar is dit belê?
Want liewe kind Ek wil hê jy moet weet
Jy kan dit in een oomblik verloor en wat dan?
Liefste kinders fondasies wat op ander dinge gebou is en nie Ek
Hulle gaan verseker val
Ek wil hê liefste kinders julle moet weet
Is julle huise op die Ewige Rots Jesus gebou?
Liefste kinders net My huis gaan vir altyd bly staan
My Koninkryk
Alle ander koninkryke gaan val
Net Myne sê die Heer
Dis tyd dat jy jou vertroue op My begin bou
Ek wil hê jy moet weet Ek sal voorsien in jou behoeftes solank as wat jy jou oë op My bly hou
Ek het vir My kinders kwartels en manna voorsien in die woestyn
Sal enige iets onmoontlik wees vir My?
Nee sê Vader
Nee liewe kind
Julle kan My Woord bly glo
Ek is die Ewige EK IS
My kinders sal Ek bly dra
Tot die einde toe sê Vader
Daarom liewe kind, daarom wil Ek hê jy moet weet
Ek gee om vir jou
Dit is al hoe julle gaan bly glo
Dis al hoe julle gaan vasstaan
Sterker winde gaan teen julle aankom liewe kinders
Sal julle vas bly staan en hierdie waarheid met julle alles omvou?
Liefde so groot
Dit sal julle bly dra
Moenie wag totdat jy beter voel oor jouself nie
Liewe kind kom assblief nou, kom net soos wat jy is
Weet jy hoeveel waarde gaan jy ervaar
As jy net jou hart vir My wou oopmaak
Die duiwel hou jou opgesluit met leuens
Vertel konstant vir jou alles hang van jou af
Ja liefste kind dit is waar
Die besluit om My in te nooi berus alleen by jou
Maar liewe kind asseblief
Dit is nie nodig om daai onnodige laste te dra
Kom gee net al daai goed
Wat so swaar op jou skouers rus
Kom gee dit asseblief
Net alles vir My
Liefste kinders dink julle dit is
Vir My lekker om te sien hoe julle sukkel?
Om te sien hoe swaar julle kry?
Liefste kinders julle glo verkeerd
My hart is oorvloed van genade
Oorvloed van hoop
As jy ‘n tekort hieraan het
Moet jy asseblief by My Woord kom aanklop
My Woord wil jou My weë leer
Soveel kere soek julle My oorvloed sonder om in My weë te loop
Liefste kinders dit kan nie werk
Die duiwel hou net aan om My seën te steel
Liefste kinders asseblief
My Woorde is Wysheid
My Woorde is Waarheid
Sal julle asseblief begin om in My weë te loop?
Hou op lieg sê Vader
Hou op om mense met julle woorde te bedrieg
Ek wil hê julle woorde moet so suiwer wees soos Myne
Ek wil hê mense moet daarop kan staatmaak
As mense nie op julle woorde kan reken nie
Wat help dit liewe kind?
Dalk glo julle nie Myne nie
Omdat julle weet hoe min julle s’n beteken?
Ai liewe kinders asseblief
As jy jouself ‘n kind van God wil noem
Begin dan asseblief soos een loop
In jou woord en wandel, al jou weë
Weet julle hoe seer maak dit sê Vader
As daar mense is daarbuite
Wat sê hulle ken My
Maar hulle kan My nie eers in liefde loof en eer?
Julle het My so lank terug geloof en prys
So lank terug bely U is my God, My Hoop
My Anker, die Rots waarop ek bly staan
Die Een wat my vashou
Liefste kinders rerig hou op om julle vir My te skaam
Begin met skoon lippe
Wat ander nie belieg
En dan sê Ek weet wie is God
Ek wil hê die reinheid van My hart en hande
Moet julle deel wees
Ek wil hê julle moet rerig omgee
Om meer soos Jesus in julle alledaagse lewe te leef
Liefste kinders sal julle
Sal julle blydskap en vreugde in My weë kom vind?
Sal julle jul rûe op die wyshede van hierdie wêreld draai
Omdat julle weet julle het Ware Wysheid gevind?
Want sien liewe kind dis al wat Ek verlang
Dit is waarna Ek smag
Kinders wat Jesus liewer kry
En dan die skatte in My hart kom naspoor
Ek wag sê Vader
Soos altyd voor jou hartsdeur
Maak oop en nooi My assblief na binne
Heelhartig, volmondig, sonder selfsug en begin die pad saam met My loop
Saam sal ons Hom voltooi sê Vader
Tot die end is Ek by jou
Daarop kan jy reken
Altyd met jou alles op My bly vertrou.
Beautiful
Sent via my BlackBerry from Vodacom – let your email find you!