Sommer naby my is ‘n versorgingshuis van kindertjies met spesiale behoeftes (onder andere Fetale Alkoholsindroom, blindheid en doofheid) besoek. Ek het gaan inloer!
Na gesels met die huismamma Heleen het ek van die kleintjies ontmoet. Was hulle verskriklik blymoedig en vol liefde.
Danksy donateurs van Anker van Hoop kon Liefde in Aksie (ons omgee-been by die blog) hulle seën met ‘n finansiële bydrae van R 250.00. Sien hulle dankie-sê briefie hieronder.
Hulle Facebook blad sal jy vind as jy die skakel volg.
Ek het hierna weer gaan inloer, om drukkies uit te deel en ‘n rukkie saam met hulle te speel. Storieboeke is ook saam geneem en het ons lekker deur hulle geblaai … prentjies is gelees!
Dankie aan almal wat by hierdie huis en in hierdie kinders se lewens ‘n verskil maak. Julle is wonderlik!