Mense sê soms baie maklik God is lief vir hulle. Ek het ook! Totdat ek hierdie pad sonder ‘n maandelikse salarisstrokie moes begin stap. Toe tref die besef hard en duidelik, hoe baie Letitia GLO jy regtig wat jy so VINNIG sê?!
Ek is baie dankbaar dat ek dit kon vind, Vader se liefde op ‘n dieper manier. As dit nie was vir baie moeilike en uitdagende tye wat hierdie waarheid kom skud het in my lewe nie weet ek nie of ek ooit dié nodige les sou leer nie. Hy IS lief vir my!
Genoeg om altyd vir my te sorg en die pad te bly baan. Dit het Hy vir my kom wys… Soos wat ek na HOM bly kyk (Matteus 6:33), gebruik Hy dikwels mense om dit te doen! Hy praat met harte, om vir Sy koninkryk en die wat Sy werk doen te gee.
Dit gesê, elke bygenoot wat in die bediening saai julle seën my so! Julle is Jesus-se-voorsiening in aksie vir my. Mag ek en julle Sy hart van liefde vir ons bly vertrou en Hom as Finansiër van ons finansies bly hou.
Jy kan gee op die volgende maniere:
- Kliek hier vir ‘n veilige en vinnige betalingsbladsy van Yoco.
- My bank besonderhede:
Bank: Capitec
Rekening Naam: Anker van Hoop
Rekening Tipe: Spaar
Rekening Nommer: 1507489631
Takkode: 470010
BAIE DANKIE aan elkeen wat ondersteun en my hande sterk maak in hierdie Koninkrykswerk. Abba, ek en julle … ons maak ‘n wonderlike span!
WEET DIT … Elke bydrae, klein of groot, maak ‘n verskil. Veral getroue, gereelde gee.
Soveel seën,
Letitia