Etiket: absolute+waarheid

  • Die wonder van als-deel

    Die wonder van als-deel

    Die vreugde van
    Als-met-U-deel
    Dit bly vir my so mooi
    Ek’s baie dankbaar daarvoor

    Dankie Abba-Vader
    Dat ek nooit skaam-hoef-te-kry
    Dankie dat dit ware vryheid is
    Om U in al my weë te bly ken

    Ek wens ek kon die wêreld laat voel Abba
    Wat ek voel
    Wanneer ek my hart voor U oopmaak
    U na binne nooi

    Ja daar’s soveel kere Abba
    Wat ons nie besef
    Wat ons nie dink
    Maar ons kan met U deel

    Ja elke stukkie bekommernis
    Elke stukkie seer
    Ons kan dit vir U bring
    Ons kan U vra help my asseblief hierdeur

    Daddy die wêreld se mense
    Is so gewoond
    Aan vir hulleself baklei
    Aan dit op hulle eie maak

    Daddy hulle weet nie
    Hulle besef nie
    Daar is ‘n God daarbo
    Wat waarlik omgee

    Ja Daddy
    U geniet dit om van ons te hoor
    En U wil so graag help
    Om ons laste ligter te maak

    Daddy ons wil nie kom kla nie
    Ons wil nie murmureer nie
    Ons wil kom sê Daddy ons verstaan nie als
    Maar ons wil saam met U hierdeur

    Want Abba-Vader
    Dis U wat ons sterk maak
    Dis U wat ons weer geloof gee
    Om die nuwe dag in die oë te kyk

    Daddy U wil so graag hê
    Ons moet vir U vertel wanneer ons seer het
    U wil so graag hê
    Ons moet U toelaat om dit beter te maak

    Kinders van Abba-God sê Daddy
    Dit is so My kinders
    Maar dit gebeur te gereeld
    Dat julle terugtrek

    Asseblief My kinders
    Julle moet dit nie meer doen
    Julle kan waarlik
    Als vir My vertel

    Van julle vreugdes-bly
    Tot dit wat julle moedeloos maak
    Julle kan My vertel van die drome in julle hart
    En My toelaat om saam te droom

    Kinders daar’s niks
    Rerig niks
    Wat julle ooit nodig het
    Om vir My weg te steek

    Kinders sê Daddy
    Dis so lekker as julle
    Julle harte met My deel
    Dit wys vir My dat julle graag intimiteit met Myne wil bou

    Kinders dit is vir My mooi
    So baie mooi
    En Ek geniet dit so
    Baie dankie daarvoor

    Dis gereeld sê Daddy-God
    Dat Satan dit regkry
    Om julle te verhinder
    Om juis dit te doen

    Kinders sê Daddy
    Ek wil julle net vertel
    Dis hy wat nie wil hê
    Ons harte moet eenheid bou

    Dis omdat hy weet
    Liefste kinders
    Watter gevaar dit vir hom
    En jou verhouding met hom inhou

    Ja sê ons liefste Pappa-God
    Kinders dit is so
    Vir baie mense vertel hy daagliks hoe om te leef
    En hulle doen dit baie goed

    Kinders sê Daddy
    Dit is so
    Hy is met baie van julle een
    Een van sin, een van verstand

    Ek bedoel nou maar kinders
    In die manier hoe julle dink oor dinge
    Dis presies dieselfde
    Dis in baie dinge een

    Oe kinders sê Abba-Vader
    Ek wil so graag hê dinge moet anders wees
    Ek wil so graag hê
    Jy moet soos Ek begin dink

    My manier is lewe
    Liewe kind
    Sy manier is dood
    Ek wil dit net graag weer vir julle sê

    Oe My liefste kinders
    Sê Abba-God
    Kom vertel eerder ook vir My
    Jy wil graag leef soos Ek doen

    Kinders sien julle
    Sê Abba
    My manier is lewe
    My manier is hoop

    Daar’s te veel van julle
    My liefste kinders
    Wat met Satan se muisneste in julle koppe sit
    Ek wil hê julle moet dit uitskop

    Ja My liefste kinders
    Sê Pappa-God
    Net soos wat ‘n mamma-voël maak
    Met ‘n baba-voëltjie wat sy weet gaan dit nie maak

    Kinders sê Daddy-God
    Asseblief
    Julle moet begin weet wanneer dinge nutteloos is om aan te dink
    Wanneer dit glad nie waarde inhou

    Daar’s te veel van julle sê Abba-God
    My kinders
    Wat vashou aan die wêreld se manier van dink
    Wanneer julle dink

    Kinders weet julle nog nie
    Sê Abba-God
    Besef julle nog nie
    Ek en die wêreld se manier is nie eenderse dink

    Ek wil julle vra
    Liefste kinders
    Begin toelaat dat My manier
    Julle gedagtes vorm

    Oe kinders
    Sê Abba-God
    Dit gebeur te gereeld
    Dat julle met die wêreld se manier saamstem

    Kinders Pappa wil julle vra
    Kom hoor eerder by My
    Kom hoor hoe Ek oor ‘n ding voel
    Kom hoor hoe My hart klop

    Kinders sê Daddy-God
    Dit gebeur te gereeld
    Dat julle in gedagtes
    Afdwaal na hoe die wêreld dink

    Julle moenie toelaat kinders
    Sê Daddy
    Asseblief
    Dat die wêreld se opinie julle opinies bepaal

    Dis wat in baie opsigte gebeur
    Liefste kinders
    Het julle nog nie gesien?
    Ek weet, Ek’s seker julle het al

    Oe kinders sê Abba
    Oe kinders
    Dis hoekom Ek so gereeld vra
    Kom leer My hart ken

    Daddy se kinders
    Sê Pappa
    Julle moet My hart ken
    Anders gaan julle aanhou om in die wêreld se verkeerde opinies te verdwaal

    Julle moet geanker wees
    In waarheid
    Liefste kinders
    My waarheid

    Daar’s soveel mense op aarde
    Sê Daddy
    Soveel
    Wat totaal en al verlore voel met wat die wêreld bied

    Ja sê Abba
    Want vandag sê een sus
    En ander dag sê een so
    G’n wonder sê Abba dat julle aanhou om so te verdwaal

    Oe kinders
    Sê Abba-God
    Die wêreld wil hê jy moet een ding weet
    En dit is dat jy My nie nodig het

    Al die ‘waarhede’ sê Abba
    My kinders
    Wat vir julle hierdie ‘waarheid’ vertel
    Moet julle weet is ‘n leuen

    Ja sê Daddy-God
    Uit die put van die hel
    Ons kan dit so saamvat
    Hulle elkeen

    Oe kinders
    Sê Abba-God
    Dis vir My so belangrik dat julle in hierdie wêreld met sy leuens
    Veilig sal voel

    Dis hoekom dit My hartsbegeerte is kinders
    Om julle daagliks
    Dieper te grondves en te wortel
    In wie Ek waarlik is

    Ja liefste kinders
    Sê Abba-God
    Ek wil hê julle moet daagliks
    Dieper groei in My waarheid

    Dis vir My aller-belangrik kinders
    Dis vir My aller-belangrik
    Ek wil hê julle moet dit besef
    Anders gaan Satan en die wêreld julle maklik verlei

    Kinders sê Abba-God
    Dis dus g’n verrassing
    As My kinders
    So deur die wêreld se opinies gevorm word

    Dis omdat hulle nie gegrondves is
    In My waarheid
    En hoe Ek oor dinge voel
    Dat hulle so vinnig en lekker met die wêreld saam-praat

    Oe kinders sê Abba
    Oe kinders
    Dis so belangrik vir julle om te weet
    Dis gevaarlik om saam met die wêreld te stem

    Kinders sê Daddy, asseblief
    Moet dit nie meer sommer net doen
    Kom vra My veel eerder
    Daddy wat dink U hieromtrent?

    Kinders dis so belangrik
    So belangrik
    Vir julle om te weet, om te ken
    Die goue waarheid in julle Koning se hart

    Met daardie waarheid
    Sê Abba-God
    Kan niks anders vergelyk
    Kinders daar is geen ander waarheid buite Myne nie

    En kinders
    Dis daar
    Dis juis daar waar Satan sy voet in die deur kry
    Want hoeveel van julle My kinders glo nog onomwonde Ek is absolute waarheid?

    Kinders sê Daddy-God
    Hierdie wêreld
    Het julle al soveel verdraagsaamheid kom leer
    Met ander waarhede

    Kinders sê Daddy
    Dit hoort nie so
    Julle kan nie verskoning maak vir die Waarheid
    Omdat julle nie valses wil affronteer

    Oe kinders sê Abba-God
    Dis soos die koning
    Wat voor sy slawe moet buig
    Dis absoluut belaglik

    Kinders
    Sê Daddy-God
    Maar dis al hoe dit geraak het
    Die wêreld se manier het al goed in julle gedagtes begin rondkrap

    Kinders sê Daddy
    Kinders julle moet besef en weet
    Wat die waarheid is
    En dan vas daarop bly staan

    Oe kinders sê Abba
    Oe kinders
    Dit is My hart
    Dit is wat Ek wil hê julle moet weet

    Ek vra nie baklei met elkeen wat jy ontmoet
    Oor wat die waarheid is
    Nee kind Ek vra jou
    Om die waarheid met jou lewe te leef

    Oe kind sê Abba
    Oe kind
    Dis die waarheid
    Wat mense op die mooiste manier na My bly trek

    Laat jou lewe toe
    Sê Daddy-God
    Om ‘n getuienis vir My te wees
    Kan Ek jou dit vra

    Kind sê Daddy-God
    Liefste liefste kind
    Besef julle hoe vêr strek die voorbeeld
    Van ‘n kind wat waarlik vir My leef?

    Oe dit bly mooi
    Sê Daddy-God
    Dit bly so so mooi
    Kinders wat saam met My omgee oor ‘n wêreld wat verlore gaan

    Kind van God is wat Ek so graag
    Elke mens op aarde wil noem
    Kind van God sê Abba
    Kind van God daarbo

    Die Een wat in jou hart woon
    Die Een wat die heelal in Sy hand hou
    Hoe mooi is dit sê Abba
    Dit is, wie Ek is

    Begin jou hart deel kind
    Asseblief meer en meer
    Sê Abba
    Begin ontdek die wonderlike vryheid wat daarin lê

    Altyd sê Abba
    Altyd wil Ek meer aan julle gee
    Wil Ek julle meer van My leer
    Wie sal ja sê daarvoor?

    Kinders die waarheid in My hart
    Die waarheid in My Woord
    Is so baie mooi
    Asseblief, asseblief kom vind dit

    Geen ander, geen niks is soos Ek
    Die onverganklike Een
    Vir ewig en altyd
    Vir nou ook, amen

    Dis wie Ek is liefste kinders
    Dis wat My Woord is
    Waarheid
    Waarmee geen ander kan stry

    Amen.