Etiket: geestelike+bederf

  • Die heelbeste vakansie

    Die heelbeste vakansie

    Vakansie
    Die heerlikste vakansie waarop jy al ooit was
    Dink so daaraan
    Dis wat tyd met God is

    Die beste wegbreek, ooit
    Ja baie-baie mense dink nog nie so daaraan nie
    Baie mense het dit nog nie ondervind
    Maar ja, dis so, dis waar

    Die beste brosjures word mos altyd so uitgestal
    Op die vertoonrakke van reisagentskappe
    Waarnatoe gaan julle volgende?
    Julle hou mos van reis…

    Die beste, die mees eksotiese plekke
    Hulle wag om ontdek te word
    Hulle wag vir julle om te vind
    Ja sê Abba 

    Dit is so
    Dit is presies-presies so
    Presies so 
    Dat My teenwoordigheid ook wag om deur julle besoek te word

    Julle weet mos
    Die beste, die meeste eksklusiewe hotelle
    Wat wag om mense van oral-oor te verwelkom in hulle midde
    Ja hulle wag, die kelners in die restuarante

    Die hotel-portiere wat gaste verwelkom wanneer hulle die eerste keer arriveer
    Oorlaai met vriendelikheid, oorlaai met gasvryheid
    Vir julle gaan ons verseker die beste vakansie van julle leeftyd gee
    Ja hulle word opgelei om dit te sê, hulle word so opgelei om dit te bied

    Valse beloftes
    Ware beloftes
    Nie almal is so mooi en so goed soos wat hulle voorblaaie beloof
    Gelukkig is dit nie dieselfde met Myne nie

    My hotel beloof die beste
    My hotel gee die beste 
    Ja die beste kamerdiens
    Wanneer daai klokkie gelui word of is dit wanneer die oproep gemaak word?

    Room service please
    Reception thank you

    Will you do this?
    Will you please arrange that?

    Ja Ek weet, Ek weet…
    Dis presies hoe baie mense My hanteer…
    Hoekom nie dit nie
    Hoekom nie dat nie

    Ek dink dis omdat te veel mense na hulle pype dans
    Dan dink hulle, hulle kan ook vir My vertel wat hulle wil
    My kinders
    Julle moet steeds onthou


    Daai respek wat julle het en bewys aan die rykste sakemanne ooit
    Daai met geld
    Die eerbied…
    Dit is wat julle steeds vir My ook moet bewys

    Ja julle kan gaaf bly
    Sonder om ooit oor en weer te hiet en te gebied
    Sien dis die ding
    Wanneer mense te gemaklik begin raak

    Wanneer hulle nie meer besef maar hulle besoek
    Die koning van alle konings se paleis
    Beter as Trump se White House sê Abba
    Dit is wat Ek julle bied

    Met My teenwoordigheid
    Sal julle daarvoor begin ja sê?
    Sal julle begin sê…
    Ek wil dit graag ondervind

    Hoekom, hoekom vra Abba
    Kom besoek julle nie My WIT HUIS nie?
    My kind, dis nou nie dat Ek wil onvriendelik wees en Trump op sy neus wil laat kyk nie 
    Maar regtig, selfs sy Trump Hotelle kom nie naby wat Ek My kinders bied

    Wanneer hulle by My hotel inboek nie
    Ja Ek het die beste
    Die beste pamper-klinieks
    Die beste self-sorg eenhede

    Die beste, die beste sê Ek vir julle
    Dit wat nog nie by mense opgekom of hulle aan gedink het nie
    Dit is wat Ek voorberei het vir hulle wat My ken
    Dalk het julle vergeet…

    Strate van goud
    Dit is wat Ek bied
    Strate van goud
    Het julle dit al gesien of ooit ervaar op planeet aarde?

    Nee Ek bedoel nie die goud om julle ringe te laat blink nie
    Ek bedoel die strate waarop julle gaan loop
    Ek sou sê dit is nogals iets wat My kop en skouers vêr bo die ander contenders laat uitstaan
    Julle weet dis mos wat julle vir die reisagente vra

    Wat maak hierdie plek anders as al die ander plekke wat ons kan gaan besoek?
    Ja julle soek altyd die uitsonderlikste van uitsonderlikste plekke
    Steeds het julle nog nooit by My kom aandoen?
    Hoekom, hoekom nie vra Abba

    Hoekom nie?
    Ja julle mis uit
    Hierdie meeste eksotiese plek ooit
    Hierdie gem of a place

    Hy wag vir julle om hom te kom besoek
    En dit, dit lê als in My teenwoordigheid
    Julle weet soos wanneer julle onder masseuses se hande lê né
    En hulle begin julle koppe en lywe so masseer

    Dan maak julle julle oë toe
    En julle word getransporteer na ander plekke
    Ja die beste plekke
    Die heel-heel beste plek

    Dit voel so lekker, dit voel so verfrissed
    Julle wil net meer hê
    Julle wil net nie daai oë van julle weer oopmaak nie
    Nee, nog ‘n bietjie

    Net nog ‘n bietjie van hierdie amazing wonder
    Kan dit nie net nog ‘n rukkie langer aanhou nie?
    Oe dit is die beste, dit is net een van die heerlikste gevoelens ooit
    Een van die wat julle rerig wil hê moet net nooit ophou of vervaag

    Dis mos hoekom julle terugkeer na die masseer-plekke nie?
    Dis hoekom julle aanhou teruggaan
    Dis hoe dit is met My kinders ook
    Die wat nou al ontdek het en genoeg aangedoen het by My Hemelse Hotel

    Hulle sê oor en oor We Are Returning Customers
    Ons wil rerig weer ervaar
    Die wonderlike diens wat julle ons laas keer gebied het
    Sjoe dit was ‘n ondervinding en ‘n half

    Regtig, dit was net iets besonders
    En ons wil dit weer beleef
    My kinders, dis presies
    Die presies hoe dit met My ook is

    Ek bied julle ‘n belewenis uit hierdie wêreld
    ‘n Belewenis uit hierdie wêreld
    En al wat julle sê is
    Nee, volgende keer

    Dalk, dalk volgende keer
    Ek wil julle ‘n belewenis bied, elke keer, wat julle sal onthou
    Ja julle weet
    Julle wat gereeld kom kuier

    Julle weet hoe word My gaste trakteer
    Die beste
    Die beste salon-aanbiedings
    Die beste bederf-pakette

    Julle kan kies
    Waarvoor is julle vandag lus?
    ‘n Pedi in die gees of is dit dalk ‘n massering?
    Waar is die seer?

    Waar is die styf?
    Waar is die swaar?
    Ja ons wil dit ook uitdruk en uitvryf met ons behendige en ervare hande
    Ons wil vir daai stywe knots in jou skouers laat verdwyn en ligter maak

    Dis wat gebeur
    Dis wat gebeur wanneer julle deel
    Wanneer julle oopmaak, wanneer julle sê…
    Dit is waar die probleem lê, asseblief druk en werk daar

    Ja ons hoor die “instruksies” van ons “kliënte” baie mooi
    Oe okay, okay
    Ons sien, ons hoor
    Laat ons daaraan werk

    En dit terwyl die spyseniers en kelnerinne inkom om te kom hoor
    Is daar enige spesifieke happies of drankies wat ons vir julle kan voorberei?
    Ja julle vertel hulle mos
    Die mense met wie julle gesels by die rykste hotelle

    Dis hoe ek daarvan hou, dis hoe ek dit nie verkies
    Soos ‘n steak wat mens gaar maak … ek hou van dit sus, ek hou nie van dit so
    Julle laat hulle mos weet
    Sodat hulle die beste diens vir julle kan bied

    Maar weet julle wat is die beste vir My
    Dis vir My en ons so belangrik
    Om regtig die voorkeure en beswil van ons kliënte bo alles te hou
    Wat is vir hulle belangrik?

    Waarvan sal hulle hou?
    Ja Ek vra My kliënte waarvan hou hulle en waarvan hou hulle nie
    Soos wanneer iemand ‘n bord op sy deur hang wat sê
    Do not disturb gaan ons wragtie nie aan jou deur kom klop

    As iemand sê van dié musiek hou ek nie dan kyk ons, kan ons vir jou iets anders bied
    Ja dis nie te sê
    Julle gaan altyd-altyd julle voorkeure kan geniet nie
    Daar is mos ook ander kliënte vir wie ons ook ‘n graag ‘n wonderlike belewenis wil gee

    Maar met elke versoek wat ons kan waar maak
    Kan julle verseker weet
    Ons sal 
    Ons sal vir ons kliënte die heelbeste gee!

    Dis mos ook waarna julle soek, wanneer julle die reis brosjures deurgaan nie?
    Aanlyn of op die rak?
    Die beloftes van puik diens
    Die Google Reviews wat julle kan gaan naslaan

    Ja dit help nogals né, wanneer julle julle besluite maak…
    Wat sê ander mense wat daar was?
    Beveel hulle dat ‘n mens gaan of moet ‘n mens eerder net wegbly?
    Sien dis die ding

    Dis rerig-rerig die ding
    Julle wil weet, boek ek ‘n kat in die sak of is dit die moeite werd?
    Mense gee mos om daaroor
    Hulle wil nie hulle geld waarvoor hulle hard gewerk het net mors op dit wat nie eintlik waarde dra

    Ja, dit bring My by My kind op die Kruis
    ‘n Duur-duur prys wat Ek daai dag moes betaal
    Maar Ek glo
    Ek glo steeds dit was die moeite werd

    As dit nie was dat Hy gekom het
    En julle ‘n kans kom gee het om My Hotel te besoek nie
    Was daar nooit ‘n kans vir julle nie
    Ja dis soos ‘n boemelaar wat by ‘n hotel wil ingaan…

    Verslons en verslete
    Die sekuriteitwagte gee hom net een kyk dan weet hy sommer hier is nie plek vir hom
    Gaan bedel maar op ‘n ander plek
    Of is dit soos ‘n bespreking wat ‘n persoon nie gemaak het nie

    Maar dan wil hy vra, kan jy plek gee asb?
    Ja dis hoekom hulle vra, die mense by die ingangstoonbank
    Waar is jou bespreking
    Meneer/Mevrou waar is jou bespreking?

    En dan die verligting en flinke diens wanneer hulle sien jy het betaal, jy is geboek
    Daar is plek vir jou
    Meneer/Mevrou jy kan maar deurgaan
    Geniet jou verblyf!

    Ja My kinders, ja 
    Dis maar hoe dit in die Gees ook werk
    Kom boek in by My hotel
    Kom sien wat het Ek vir julle beskikbaar gemaak deur die bloed en prys van My Seun

    Soos Ek sê, dit was ‘n duur prys
    Maar ja
    Elke keer as ‘n kliënt of gas kies om by ons Hotel te kom aandoen
    Dan word My hart warm en Ek voel trots

    Dat ons die beste is
    Ja dis mos lekker, vir enige hotel of diensleweraar wanneer mense vir jou sê…
    Sjoe ja-nee, julle diens is puik
    Ons kan nie kla nie

    Regtig-regtig dis uit die boonste rakke
    Wat sou julle verbeter, as julle kon?
    Waar sou julle iets anders doen?
    En dan te hoor…

    Nee regtig, dis puik
    Dis puik, dis puik
    Daar’s hier en daar dalk ‘n klein-klein dingetjie maar dis nie eers die werd om genoem te word
    Want die totale ervaring was net ongelooflik

    Ongelooflik dis hoe Ek ook voel
    Wanneer julle kom en dit vir My vertel
    Ja Ek hoor dit vele male, sonder tal
    Deur die eeue, steeds nou

    Dankie dankie Jesus
    Dankie dat U gekom het
    Dankie dat U my sonde se prys kom betaal het
    Dankie Jesus

    Dankie dankie
    U is die grote Een
    Die Een waardig om deur al die eeue geprys en aanbid te word
    Ek sou sê ons is ‘n 7-ster hotel

    Die beste
    Die heel-heelbeste wat mense kan kry
    Ons 7-ster hotel het nogals baie komplimente
    Julle moet net gaan kyk

    Die beste in die Mark! Verseker!
    Boek by hulle in nou!
    Jy sal nie spyt wees!
    Jy mis uit as jy nie gaan!

    Dis mos wat julle laat glimlag
    Dis mos wat vir julle vrede in die hart bring wanneer julle boek
    Ek het die beste keuse gemaak
    I did my due diligence

    Vertrou die mense wat vir julle sê dit is die plek
    Dit is die plek wat julle moet gaan besoek!
    Jesus se teenwoordigheid
    Daar is NIKS soos dit

    Daar is soveel Reviews daarbuite
    Julle kan net gaan luister en gaan kyk
    Jesus and His goodness Testimonies please … #InternetSoekIdee
    En ta-da!

    Daar is ‘n hele biblioteek van My 
    Op die Internet
    Julle kan net gaan kyk
    My travel brosjures kan mens orals kry

    Oral-oral oor sal julle sien
    Ons bly julle nooi!
    Hou aan met julle goeie werk
    Sê vele vir ons

    Hou aan, julle doen regtig goed
    Selfs al is die Mark anders op party plekke
    Selfs al stel nie almal belang
    Selfs al is julle nie bestemming nommer 1 vir vele

    Jong, julle doen reg
    Julle moet aanhou
    Julle is ‘n aanwins vir hierdie wêreld, beslis!

    Ons sal ons kliënte die beste bly bied

    Hulle op die hande dra
    Tot hulle eendag hierdie aardse “huis” vir hulle hemelse een verlaat
    Dan sal hulle aandoen by die Hemelse Hotel
    Die een wat Ek hulle nou bied is ‘n vae afbeelding, ‘n proesel van wat kom 

    Die beste, die heel-heel-beste kom nog
    Vir die wat sal sê ja, vir die wat op aarde gesê het ja
    Sien dis jou besprekingskaartjie
    As jy eendag daar kom gaan hulle vir jou vra…

    Meneer/Mevrou waar is jou besprekingskaartjie?
    En dan gaan jy moet antwoord
    Dan gaan jy moet weet
    Ek is gered deur Jesus se bloed

    Hy het vir my betaal
    Oe ja dis reg Meneer/Mevrou ons sien jou rekening is vereffen
    Kom asseblief in
    Jy is welkom om te bly, solank as wat jy wil!

    En dan die vreugde, die vreugde wat jy gaan ervaar
    Omdat jy gaan weet, ek het reg gekies!
    Watter wonderlike vakansie wag op my
    Hier wil ek vir altyd bly!

    “Maar daar staan geskrywe: ‘Wat die mens nog nooit gesien of gehoor het nie, en wat in geen mens se hart
    ooit opgekom het nie – dit het God gereed gemaak vir dié wat vir Hom lief is.’” (1 Korintieërs 2:9 NLV)