Etiket: God+is+in+beheer

  • Opwindende reis

    Opwindende reis

    Vrede-sag
    Vou my toe in sy liefdevolle arms
    Ek’s so dankbaar Pappa
    Ek’s so dankbaar ek kan altyd na U toe hardloop

    Daddy U is die vrede
    Wat altyd rustigheid
    In my swaar
    En dikwels chaotiese gemoed bring

    U is die een Pappa
    Wat vrede ontwerp het
    En ek is so dankbaar
    So dankbaar dat ek dit altyd by U kan vind

    U is die een Abba
    By wie ek wil bly wegkruip
    U is die een Abba-God
    Na wie ek altyd wil bly hardloop

    Oe U liefde
    Oe U
    Is so sag
    Altyd

    Dis asof dit net altyd Pappa
    Die swaar in my hart rustig maak
    En kom sê
    Kind hou moed

    Oe jou Pappa
    Is in beheer
    Kind van God
    Ek Vrede wil dit graag vir jou vertel

    Oe ja
    Partykeer is daar swaar
    Goeters wat nie altyd maklik is
    Om op hierdie aarde deur te gaan

    Ja liefstes
    Pappa weet als daarvan
    Ek wil net sê
    Ek’s altyd gereed om hand by te sit

    Ja liefstes
    Van die kleinste probleempies
    Tot die grotes
    Pappa hou hulle almal se oplossings in My hand

    Hierdie wêreld sê Daddy
    En haar probleme
    Moet nog leer
    Nie een van hulle sal ooit vir My ore kan aansit

    Oe nee liefstes
    Oe nee
    Daddy sê nee dit moet nog gebeur
    Dit sal nooit gebeur

    Ek het ‘n wonderlike hart
    Sê Pappa
    ‘n Wonderlike hart
    Altyd wil Ek graag help

    Oe dis vir My so lekker
    Kinders sê Pappa
    Altyd
    Om uit te help waar Ek kan

    Dit beteken vir My baie
    Sê Daddy-God
    Regtig-egtig baie
    Wanneer daar mense is wat aanhou om My raad te kom probeer

    Ek lief dit so gereeld
    Sê Pappa-God
    Om mense te kry
    Op hulle knieë, vraend vir raad

    Die nederigheid waarmee julle vra
    Seun, dogter
    Dis so mooi
    Daai ootmoed wat in julle harte lê

    Dis nogals ‘n groot woord
    Sê Abba-God
    Maar Ek dink van julle verstaan
    Dis om met sagtheid van hart geklee te wees

    Dis daai hart wat sê
    En besef
    Ek kan verkeerd wees
    Kom ek vra eerder vir raad

    Dis daai hart wat sê en besef
    Ek hoef nie alles reg te hê
    My waarde as kind hang nie af daarvan
    Ek is kind van God

    Dis mense sê Pappa
    Dis harte wat hulle feilbaarheid besef
    En in plekke van swakhede
    Bereid is om My hulp te aanvaar

    Oe kinders sê Pappa
    Liefstes
    Dit beteken vir My waarlik baie
    Dat julle bereid is om My raad te vra

    Oe die wonder
    Sê Pappa-God
    Oe die wonder
    Van My vra as jy nie weet

    Oe kinders sê Pappa-God
    Dit gebeur net te gereeld
    Te gereeld
    Dat julle nie My raad vra

    Kinders sê Pappa-God
    Liefstes julle hoef nooit skaam te voel daaroor
    Julle vra die beste een
    Wat daar is om te vra

    Dis vir My ‘n groot voorreg
    Sê Pappa-God
    Om julle harte aan te hoor
    Om te sien waar kan Ek help

    Dis so broodnodig
    Liefstes
    Dat julle sal besef
    Julle het ‘n Pappa in die hemel wat graag wil

    Oe ja My kinders
    Ja
    Pappa wil
    So graag

    Julle hoef nooit terug te hou liefstes
    Nooit skaam te wees
    As Ek naby is
    Vra vir hulp, enige tyd

    Dis vir My hartseer
    Sê Pappa
    Baie hartseer
    Dat mense My partykeer net wil ken as hulle probleme het

    Ja sê Daddy-God
    Ek wil so graag hê
    Hulle moet besef
    Daar is soveel meer wat ons saam kan hê

    Ja sê Pappa
    Ja
    Dit is so
    Vele mense wat My net in noodgevalle ken

    Soos julle weet kinders
    Wanneer mens in intensiewe hoë-sorg lê
    Het julle al gesien
    Daar is veral dan mense wat baie goed weet hoe om te bid

    Dis nie sê Pappa-God
    Dat Ek nie julle gebede geniet
    Dis net Ek wonder dan veral
    Is dit omdat hulle My rerig liefhet?

    Ja-nee sê Abba
    Ek dink daaraan
    Baie gereeld
    Hoekom sê mense dat hulle God ken?

    Vir baie is dit net
    Sê Pappa
    Om ‘n lysie af te merk
    ‘n Regmerkie agter kind van God

    Kind sê Pappa
    Liefste liefste kind
    Ek wil so graag
    Soveel meer tussen ons hê

    Ja liefstes
    Seun
    Dogter van My hart
    Dit kan so wees

    Dit is moontlik
    Kind van God
    Ek en jy
    Kan heelwat nader aan mekaar wees

    My liefde is groot
    Sê Abba-God
    Vir julle
    So groot

    Genoeg kere
    Wat Ek vra
    Sê Daddy-God
    Julle sê net so min kere ja

    Oe kinders kan Ek julle vra
    Vra Pappa-God
    Kan dit van nou af anders wees
    Asseblief

    Sal julle My ken
    Asseblief
    In die goeie
    En in die slegte tye van julle lewens

    Kinders altyd-deur
    Vra Pappa
    Dit is so My vra
    Kan dit van nou af asseblief anders wees

    My hart is vir julle kinders
    Altyd-deur
    Sê Daddy-God
    Ek wil so graag dieper verhouding met jou hart bou

    Oe Ek vra dit so gereeld
    Sê Daddy-God
    So gereeld
    Kinders sien julle My vra?

    Oor en oor
    Oor en oor
    Oor en oor
    Nooi Ek hierdie wêreld nader aan My

    Het julle al gesien kinders
    Het julle al gesien
    My hart is vir julle
    Altyd

    Daar’s min mense wat dit altyd glo
    So min
    Sê Pappa
    Veral as moeilike tye kom klop

    Vir van die mense op planeet aarde sê Pappa
    Is dit nooit ‘n goeie tyd
    Om My beter te leer ken
    Ek hoop dat dit vir jou anders sal wees

    Ja liefste kind
    Dit is Pappa se vra
    My konstante vra
    Sê Daddy-God

    Dis net omdat Ek weet
    Liefste kinders
    Hoe groot en ondeurgrondelik diep My hart se skatte is
    Dat Ek vra

    Kinders sê Pappa
    Julle kan nooit ooit ophou soek
    Dit kan net nie gebeur
    Nie as julle sien wat nog op julle wag

    Horisonne breed kind
    Horisonne breed
    Dit is My hart
    Vir elkeen

    Julle kan gerus
    Sê Abba-God
    Ook begin vra
    Na die dieper skatte wat My hart verberg

    Dit hoef nie altyd
    Sê Pappa-God
    By noodgevalle en skietgebedjies te bly
    Kind daar’s soveel meer

    Soveel meer sê Pappa
    Soveel meer
    Wat wag om deur jou liewe kind
    Ontdek te word

    Vra My vir wysheid kinders, liefstes
    Vra My vir meer
    Vra My om julle te leer
    Oor die diep skatte wat in My hart weggesteek lê

    Oe kinders
    Sê Pappa-God
    Hulle wag
    Die lessies van wysheid wat My hart vollê

    Kom vra My gereeld
    Liefstes
    Kom vra My altyd
    Pappa, meer

    Oe die mooi wandelpadjies
    Wat wag om geloop te word
    Oe die opwindende road-trips
    Wat op ons wag

    Kinders
    Sê Pappa-God
    Die lewe saam met My
    Is nie vervelig nie

    Oe kinders
    Sê Pappa-God
    Dis net die wat My nie rerig ken
    Wat so iets kan sê

    Oe dieper
    Sê Pappa-God
    Kind kom klim dieper in hierdie hart van My
    Wat vol goud lê

    Oe kinders
    Sê Pappa-God
    Net soos wat delwers ondergrond vir goud delf
    So moet julle dieselfde doen

    Kinders sê Pappa
    Kinders asseblief
    Vra Pappa vir meer
    Dis al hoe Ek julle kan wys waar hulle lê

    Begin soek liefstes
    Begin soek na meer
    Vra My sê Pappa-God
    Daddy maak my honger vir meer

    Ja kinders sê Pappa-God
    Partykeer is dit so
    Partykeer bly die lus ontbreek
    Maar daar is iets wat ons daaraan kan doen

    Oe liefste kinders
    Sê Pappa-God
    Vra My vir meer
    Sien wat Ek kan doen

    Daddy se kinders
    Myne
    Liefstes
    Met opregte vra kan Ek soveeeel doen

    Ja My liefste kinders
    Ja dit is so
    Julle kan dit gerus glo
    Die eerste tree gee

    Oe My hart is diep
    Onverklaarbaar diep
    Ongeewenaar liefstes
    Die skatte wat in hom lê

    As julle net altyd sal bly vra
    Daddy dieper
    Daddy meer
    Selfs al is jy geseën met mooi alreeds van My hê

    Kinders sê Pappa-God
    Asseblief julle moet altyd-altyd
    Onvergenoegd bly
    Met die skatte wat Ek gee

    Ja sê Pappa-God
    Opreg opgewonde en bly
    Maar tog met die duidelike weet
    O my word daar is meer!

    Ek wil hê julle moet aanhou
    Liefste kinders
    Asseblief
    Om opgewonde oor My te wees

    Daar is min mense
    Sê Abba
    Min mense wat opgewonde raak oor My
    Oe dit maak so seer

    Ek wil hê julle moet begin besef kinders
    Mense soos daai
    Het seker nog nie eens 1% oor My ontdek
    Al dink hulle gereeld so

    Vra My maar nou
    Sê Abba
    Vra My maar nou
    Ek sê jou Ek dink dis die probleem

    Mense glo My nie sê Abba
    Mense glo My nie
    Hulle laat My nie toe
    Om hulle lewens met reënboog-kleure te versier

    Oe kinders sê Pappa-God
    Asseblief luister vir My
    Julle wat nie met diep hemelse vrede in julle harte sit
    Julle wat dit met groot moeite skaars regkry om te glo

    Oe sê Pappa
    Oe
    Asseblief luister vir My
    Luister na wat Ek vir jou sê

    Kind sê Daddy-God
    Daar is ‘n vreugdevolle fontein van lewende water
    Wat Ek wil hê
    Moet in jou hart ontspring

    Ja-kind sê Daddy-God
    Hy is daar
    Hy moet net op-borrel
    En begin spuit

    Oe kind sê Pappa-God
    Nou is hy dalk verstop
    Nou weet jy nie lekker wat Ek sê
    Maar kind glo My jy sal weet wanneer hy oopbreek

    Kind sê Daddy-God
    Glo vir My
    Glo vir My
    Dit is so

    Daar is soveel mense
    Sê Daddy-God
    Wat sal kan getuig
    Van die waarheid wat Ek nou sê

    Baie mense sê Pappa-God
    Baie mense
    Voel baie kere
    200% splinternuut na ‘n ontmoeting met My

    Kind sê Daddy-God
    Kind
    Dit is die wonder
    Dit is die mooi van My waarlik ontmoet

    Die wêreld se hart vir jou My kind
    Is nie eers halfpad so mooi soos Myne vir jou
    Kind sê Daddy
    Asseblief jy kan My glo

    Sy vertel vir jou baie leuens
    Sê Daddy-God
    Baie gereeld
    Oor wie Ek eintlik is

    Ja-nee net soos Satan in die tuin van Eden
    Hy is altyd besig sê Pappa-God
    Om jou te probeer kry
    Om My woorde in vertwyfeling te trek

    Het God rerig gesê
    Is dit rerig so
    Oe kinders sê Pappa-God
    Julle moet versigtig wees

    Sy gaan aanhou sê Daddy-God
    Sy gaan aanhou
    Die hoer van hierdie wêreld
    Om skeiding tussen ons twee te probeer bewerkstellig

    Oe kinders sê Pappa-God
    Julle moet bewus wees
    Altyd bewus
    Van die aanvalle wat sy loods

    Kind sê Daddy
    Geliefde van My hart
    Pappa s’n
    Asseblief luister na My

    Luister gereeld
    Luister mooi
    Dis wat Ek vra
    Dis hoe julle veilig bly

    Sy probeer verlei
    Mislei
    Dis gereeld haar missie
    Dis iets wat sy dikwels regkry

    Mense sê Pappa-God
    Oor die algemeen
    Is nie eintlik geroot
    In wie Ek rerig is

    Oe nee sê Pappa-God
    Daar is groot getalle
    Groot getalle mense
    Wat nie reg oor My glo

    Die kat het hulle beslis aan die verkeerde stert beet
    Oe nee sê Pappa, beslis
    Dis nie Ek van wie hulle praat
    Ek weet hulle dink baie maal so, maar oe hulle is so verkeerd

    Word wys kinders
    Asseblief
    Met julle aantuigings
    Julle is besig om My goeie naam deur die modder te sleep

    Dis hoekom sê Abba
    Ek niks van skinderstories hou nie
    Dit staan My net nie aan nie
    Ek het glad nie ooghare daarvoor nie

    Oe kinders
    Ek vra weer
    Glo reg
    Praat reg

    Dis gevaarlik
    Baie baie gevaarlik sê Pappa
    En ook geniepsig
    Om stertjies aan stories te las

    Oe sê Daddy, oe
    Daar is soveel waarheid in hierdie wêreld
    Wat geminag word
    As gevolg van stories

    Vat nou maar My Woord as voorbeeld sê Pappa
    Dis die mooiste egste waarheid
    Wat ooit kan bestaan
    Ja kom ons vat My Woord

    My Woord
    Kan nie belieg, besteel of beseer
    Dis gereeld dat Ek tussen die mooiste bladsye wag
    Gereed om jul te leer

    Kinders sê Pappa
    Asseblief kan Ek vra
    Julle moet begin om die stories oor My kort te vat
    Met die waarheid wat My Woord bevat

    Kinders asseblief
    Vra Pappa
    Dis al hoe julle bestand gaan wees
    Teen die leuens oor My wat die wêreld vollê

    Kinders vra Pappa
    Gereeld
    Asseblief
    Begin om jouself die waarheid oor My te voer

    As mense die waarheid oor My
    Maar net so vinnig verorber het
    Soos die leuenstories oor My
    Hoe wonderlik sou die verhouding tussen My en aardse mense nie wees

    Oe ja
    Dit is so
    Hierdie wêreld en ons liefde vir mekaar
    Sou so wonderlik wees

    Die probleem is net
    Sê Pappa-God
    Daar is soveel van julle
    Wat nog aan Satan se leuens oor My wil vashou

    Hoekom vra Pappa
    Hoekom blyk dit so maklik vir jou te bly
    Liefste wêreld
    Om die verkeerd oor My aan te hoor en te glo

    Ek wil so graag hê
    Sê Pappa-God
    Dat julle met die grootste bewondering in julle oë na My sal begin kyk
    Hoekom kan dit nie so wees?

    Kinders van die wêreld
    Vra Pappa-God
    Kom nader aan My
    Asseblief begin om reg van My te glo

    Julle is verkeerd
    Verkeerd
    Verkeerd
    En Ek wil so graag hê julle moet reg begin sien

    Reg kinders
    Sonder die alewige bedrieg van Satan
    Wat sy sin kry
    Met die stories oor My wat hy saai

    Oe kinders
    Sê Pappa
    Kom vind My
    Kom vind die waarheid wat Ek nou praat

    Als is waar kind, so so waar
    Jy sal dit sien kind
    So duidelik
    As jy net wou begin glo

    Begin glo in God kinders van die wêreld
    Begin glo in Sy Seun Jesus Christus
    En julle sal sien
    Oe julle sal sien en vind wat Ek sê is sooo waar

    Amen.

  • Getrouheid word beloon

    Die Ewige Ek Is
    Dit is ons Pappa se Naam
    Die Een wat was
    Is en altyd sal wees

    (meer…)

  • Skuilplek

    Al word ons harte partykeer bang
    As ons sien
    Al die lelike goed
    Wat om ons bly gebeur

    (meer…)

  • Tyd saam met My

    Hou julle oë asseblief op My
    Liewe wêreld
    En nie die storms
    Wat julle omring

    (meer…)

  • Abba se kind

    Weet U dat ek U liefhet
    Weet U, U is die Een aan wie my hart behoort
    Ek bemin U Naam Abba-God
    Ek bemin U hart

    (meer…)