Etiket: groot+doop

  • Bad van Wedergeboorte

    Bad van Wedergeboorte

    Pappa … dis modder né
    Modder wat ons nooi om in hulle te bly rondrol
    Dis wat hulle wil hê ons moet bly doen
    Soos ‘n vark dat hulle die heeltyd vir ons kan bly sê …

    Ons is varke
    Die waarde van ‘n vark aan ons kan bly heg
    Abba sê Hy het die price tag van sonde van ons kom afhaal
    Dis nie meer wie ons is nie

    Hy het die waarde van Sy Seun se kruisdood aan ons kom heg
    Dis wie ons nou is
    Vrygekoop, losgekoop
    Skuld niks

    God het ons voete kom vry maak
    Sodat ons saam met Hom
    Na hemelse plekke kan sweef
    Hemelse Plekke

    Al hoekom ons in sonde bly vassit
    Daaraan bly kleef
    Is omdat ons nog nie ons waarde sonder dit ontdek het en ken nie
    Dis soos ‘n oewer waarvan ons moet wegvaar

    See you later
    See you never
    I’m not coming back

    Ek gaan ontdek wat agter die horisonne lê

    Ons word uitgenooi na ‘n nuwe lewe
    ‘n Beter lewe saam met Hom
    Ja dit gaan vreemd wees en voel aan die begin
    Maar dink daaraan … dis ‘n beter lewe, ‘n voller een

    Dis soos Egipte en die Beloofde Land
    Ja baie van God se kinders wou net teruggaan
    Konstant, na die vleispotte van Egipte
    Al was hulle in slawerny

    Sonde laat mens swaarkry
    Dowwe oë, slegte woorde, lewens sonder ‘n lied
    Nie die een wat jy voorgee wanneer jy by vriende is
    Maar die een wanneer jy alleen in jou bed lê en wonder … Is dit nou dit?!

    Ons word geroep na ‘n lewe van meer
    ‘n Lewe saam met die Een wat Sy Seun gegee het vir ons
    Die Een wat ons liefhet meer as al die oseane se druppels water
    Ontelbaar, onmeetbaar

    Is God se liefde vir jou nie groot genoeg om te sê:
    Ja liefste Jesus, ja ek het U ook lief
    Ek wil dankie sê vir die liefdesoffer gegee aan my
    Ek wil U ontdek, ek wil U ook beter ken

    Ja dis ‘n oewer waarby baie van God se kinders nog nie aangedoen het nie
    Hulle sit en wonder …
    Sal ek, sal ek nie trek?
    Abba seblief help ons dit regkry

    Die doop is die Rooi See
    Dis die vir-goed-baai-sê
    Dis daai besluit, ek gaan oor
    Ek gaan oor na die anderkant, saam met Hom

    Jesus het Sy hand gelig, soos Moses, daai dag toe Hy sê
    Ek het vir sonde betaal!
    Ja baie van God se kinders trek deur sonder die doop
    Hulle trek deur want hulle glo nie dat dit nodig is

    Jesus se dood het mos klaar betaal vir my sonde
    Hoekom moet ek nou nog deur die doopwaters gaan?
    Dis ‘n aksie My kind
    ‘n Aksie wat sê … ek trek nou nuwe klere aan

    Ja party van My kinders gaan hulle klere eers in die Hemel kry
    Dis nou maar hulle keuse né
    Ek wens hulle wou luister wanneer Ek sê
    Gaan bad nou, gaan bad!

    Maar nee hulle bly glo, ‘n waslap doen die werk
    Dis soos ‘n hand-bad
    Ja hulle het al van die stof en modder ontslae geraak
    Maar hulle bly glo, dis genoeg … hoekom sal ek nou ‘n ordentlike bad wil hê?

    Dis soos ‘n groot spoil My kind wat Ek vir julle voorberei het
    ‘n Bad met borrels, lekker warm en vol seep
    Dis maar al wat Ek vir julle voorberei het
    ‘n Bad wat sê … welkom terug by die huis!

    So lank het Ek jou gemis
    So lank het Ek jou terug verwag!
    Vriend, vriendin
    Dis al wat dit is, ‘n bad waarin jy kan baljaar!

    Hoekom dink julle is dit so
    Dat sovele na die doop met water silwerskoon voel?
    Dis omdat hulle gewas is met die Water van My Woord
    Wees gehoorsaam My kind, wees gehoorsaam!

    Dis maar al wat Ek vra
    Moenie jou eie kop wil bly volg
    Maar ja as dit vir jou verskriklik bly voel
    Los dit dan maar

    Eendag gaan jy in die Hemel jou bad kry
    En dan gaan jy dink …
    Ai tog, het ek maar lankal terug
    Gedoen wat ek nou doen!

    ‘n Verheerlikte liggaam
    Dis maar al wat reeds hier op aarde kan begin
    Met die liggaam wat Ek julle gee
    Na die aardse doop

    Ek hoop julle het hierdie prentjie geniet
    Ek hoop julle het hom verstaan
    Doop van Wedergeboorte, bewys van die nuwe mens
    ‘n Nuwe lewe het begin, een wat in Jesus se voetspore volg

    Amen.

    Abba het dit ook op my hart gesit om ‘n video met hierdie boodskap op te neem en vry te stel, julle wil hom kyk! Kliek Hier Vir Die Video