U woorde is soveel goud
Dit bly net
So ongelooflik mooi vir my
Mens sal nêrens beter kan vind
Etiket: krag+van+glo
-

Vasbyt-blommetjies
-

Oudag drome
Hou op terugkyk
Liefste kinders
Asseblief moet dit nie meer doen
Begin kyk na dit wat voorlêJa liefste kinders
Sê Pappa-God
Dit gebeur te gereeld
Dat julle vassit in wat in die verlede lêJulle moet ophou terug verlang
Kinders
Julle moet ophou dink
Dit was die beste van my lewe geweesDaddy se kinders
Ek wil graag vir julle sê
Dit maak My hart bly as julle dankbaarheid in julle harte het
Tog moet jy weet dat ook die toekoms mooi dinge inhouJa liefste kinders
Sê Daddy-God
Dit gebeur gereeld dat julle opgee met drome
As julle ‘n sekere ouderdom bereikEk wil maar net vandag vir julle kom sê
Dit maak My hart bly as jy bly glo
Saam met God
Kan ek nog groot dinge bereikJulle moet nooit die verwagting
Van groot-dinge-saam-met-My verloor
Kinders daar’s soveel hoop in daardie verwagting
Daar’s soveel wat Ek daarmee kan doenKinders sê Daddy
Hou asseblief aan glo
Daar’s ‘n rede vir jou lewe
En Ek kan jou selfs in jou oudag gebruikJa-nee My liefste kinders
Dis nie ooit nodig
Om boedel oor te gee en te dink
Die beste van my lewe het al gebeurNee liefste kinders
Sê Daddy
Dit werk eintlik andersom
Die beste van jou lewe kan nog voorlêJa liefste kinders
Sê Abba
Ek wil julle vra om met daai verwagting te leef
Die een waar jy nog hoop het vir môreOe kinders
Sê Abba
As julle net kon sien
Hoeveel mense vassit in het-ek-maarJa daar is verlore drome
Wat My kinders partymaal inhaal
Drome wat hulle laat dink
Dit is nou te laatKinders Pappa wil maar net vandag
‘n Bietjie vir julle kom bemoedig
Dis nooit te laat
Selfs vandag nog kan jy iets wonderliks-mooi vir iemand betekenKinders sê Daddy
Asseblief glo
Glo dat jou lewe nog waarde dra
En dat jy selfs nou nog saam met My kan droomJa liefste kinders
Pappa sien
Julle het lank gelede opgegee op julle drome
Gedink dit kan nie meer weesEk wil vandag vir julle kom sê
Daar is nog hoop
Solank as wat daar nog asem is in jou longe
Solank nog is daar ‘n plan vir jou leweEk sien julle kinders
Ek weet van julle
Partymaal twyfel julle
Maar dis nie ooit nodig nieSaam kan ons nog heelwat verrig kinders
Saam kan ons nog oor die onmoontlike droom
Moet asseblief nie aanhou terugkyk na die verlede
Jou jonger dae en dink jy het al die beste beleefSoos wat Ek sê
Liefste kind
Die beste kan nog vir jou voorlê
Als as jy sou gloJulle moenie bang wees sê Daddy
Om te glo
Die krag van glo liefste kinders
Dit is mooiEk sal julle sterk maak
As julle naby My sal bly
As julle net altyd sal erken
God is grootBely julle afhanklikheid
Liefste kinders
Bely altyd dat Ek jou krag en psalm bly
Vir sulkes is die onmoontlike waarlik moontlikEk wou maar net sê kinders
Bly naby My
En julle sal nie ooit nodig hê om te dink
Dat die beste vir jou in jou verlede lêMy hart vir julle is altyd
Om ‘n toekoms en ‘n verwagting vir julle te gee
Dis hoekom Ek altyd bly sê liefste kinders
Hou aan vorentoe kykHou aan sien
Dat Ek die God van die onmoontlike by julle is
En dat saam met My
Alle dinge waarlik moontlik isKinders sê Daddy
Dis hoop
Dis verwagting
Wat Ek nou vir julle geeDit maak My maar net altyd ‘n bietjie hartseer
Sê Daddy-God
Wanneer Ek na hierdie wêreld kyk
En soveel sien wat sonder hoop leefKinders dit was nooit My hart
Dis nie My bedoeling
Dis daarom dat Ek vra
Bly kyk na MyBly kyk na My
Bly kyk na My
En nie jou verlede nie
So sal hoop in jou hart lewend blyKinders die beste was nog nie gewees
Hy kom nog! 🙂
Dis maar al wat Ek graag wil hê
Mense in hierdie wêreld moet gloBy My is dit altyd so
By My is dit altyd meer as moontlik
Veral vir die hart
Wat bereid is om dit te gloAmen.
-
Hopie se hoop
Kinders keer terug na My
Sê Daddy-God
Gebroke en stukkend
Is julle nou al vir vele jare -
Glo en sien!
Die krag van glo
Sê Pappa-God
Dit kom van My af
En dit is baie groot -
Groter & Meer
Glorie Halleluja
Aan U die Ewige Koning
Ons is so bly ons het vir U ja gesê
Dat U nou in ons harte woon